Leon Lemmer: ‘n Nuwe soort diversiteit: Plakkers onder brûe

Sluipslapers onder Johannesburgse brûe veroorsaak strukturele skade vanweë konstante vure wat daar gemaak word. Foto: The Star.

In die Suid-Afrika van weleer het ek in die Hoëveld soms gesien hoe motoriste tydens ‘n haelbui inderhaas hulle motors vir skuiling onder brûe parkeer. Andersins het die brûe uitsluitlik hulle doel as oorweë gedien. Deesdae word brûe op ‘n onooglike en onhigiëniese manier as woonplekke deur (onwettige) plakkers misbruik, selfs wanneer daardie brûe in ‘n stad of deel van hoofweë is. Sulke plakkery is maar net nog ‘n manier waarop Suid-Afrika sedert 1994 beskawingsgewys van ‘n hoë tot ‘n lae vlak neergehaal is.

Onder-die-brug-plakkers is ‘n afsigtelike verskynsel wat soos baie ander nie deur die selftevrede skeppers van die bevryde, demokratiese Suid-Afrika voorsien is nie. Sean Christie is ‘n joernalis wat in 1980 in Zimbabwe gebore is. “My grandfather had been frightened off his farm by a powerful politician” (Kindle 3434). Christie se belangstelling is deur Kaapstad se onder-die-brug-plakkers geprikkel. Hy het maats met hulle gemaak en ‘n boek oor die resultate van sy ondersoekende joernalistiek geskryf, Under Nelson Mandela Boulevard: Life among the stowaways (Johannesburg: Jonathan Ball, 2016, 240p, R240; Amazon Kindle $13,10).

Die verwysing na Mandela in die boektitel het advertensiewaarde. Hierdie pad was voorheen as Kaapstad se Oostelike Snelweg bekend, maar soos in die geval van so baie dinge kon dit nie hoër of laer nie, ook hierdie pad moes na Mandela vernoem word. Die plakkers wat hulle onder hierdie oorweg tuisgemaak het, is hoofsaaklik onwettige (“undocumented” – 57) Tanzaniese immigrante wat sedert die vroeë jare negentig hierheen gekom het (743); veral ná die einde van die burgeroorlog in Mosambiek in 1992 toe hulle makliker onwettige toegang tot Suid-Afrika kon verkry (750). “The xenophobia that happened in Johannesburg pushed a lot of Tanzanian boys down here” (761); sekerlik nie ‘n geval dat Johannesburg se verlies Kaapstad se wins was nie.

“They were cooking, washing their clothes, soaping their bodies, smoking, gambling – an intimate communal diorama in the unlikeliest of settings” (46). Hulle doen daar feitlik enigiets behalwe werk. “They live under the forbidding bridges and in the freeway culverts in small tents constructed from plastic and wood” (581). Hulle is sowel dwelmgebruikers (“junkies” – 63) as dwelmhandelaars. Hulle is meesal werkloos, leef van diefstal en probeer om as verstekelinge (“sea-tramps” – 2348) toegang tot skepe te verkry; vandaar hulle plakkery digby Tafelbaai-hawe. Hulle verkies Westerse skepe wat verstekelinge (oor)menslik behandel; nie Oosterse (bv Chinese) skepe wat verstekelinge sonder om te skroom in die see gooi nie (794).

Hulle word die Beachboys genoem en het ‘n kenmerkende subkultuur (28). “Beachboys are seen as hard cases and accorded a level of respect usually reserved for seasoned soldiers and gangsters” (33). Baie van hulle is veroordeelde misdadigers/tronkvoëls. “If all people were Beachboys, the world would be hell” (2604). Die getal Beachboys is op 150 tot 300 geskat (2082). “There had been several female Beachboys … female stowaways are ‘very rare’ and … they would have to be ‘pure ghetto’ to survive in the Beachboy areas” (2360).

Ons het hier met ‘n tipiese nuwe Suid-Afrika-verskynsel te make. Tanzanië het destyds huisvesting en opleiding aan ANC-terroriste verskaf. Tanzanië is dus een van die lande waaraan die nuwe Suid-Afrika, volgens die redenasie van Desmond Tutu en soortgelykes, ‘n ereskuld moet betaal. Daar word van ons verwag om dankbaar vir die gewelddadige, kommunistiese, ondoeltreffende, korrupte, ens, nuwe Suid-Afrika te wees. Hierdie onder-die-brug-plakkers is een van die sigbare winste van die “bevrydingstryd”; ‘n nuwe soort diversiteit, inklusiwiteit, multikulturaliteit, versoening en verdraagsaamheid. Kortom, ons het hier onmiskenbaar met ‘n verlaging van beskaafde standaarde te make.

Die outeur verwys na K Sello Duiker (1974-2005) se boek, Thirteen cents (Cape Town: David Philip, 2000, 200p; Amazon Kindle $17,92), wat omtrent die enigste leesstof oor “our pavement experiences” in Kaapstad is (69). Duiker se boek handel oor die laagste vlak in die samelewing – daar waar rotte letterlik saakmaak. Blanke Kapenaars word uitgebeeld as “pederasts, hard-hearts, hedonists or impotent do-gooders” (81). Filantropie en welsynsaksies voldoen nooit aan al die eise wat sulke werksku leeglêers stel nie: “Cape Town’s Foreshore has a historical reputation for being inhumane and anti-human” (568).

As jongmens het Christie naby aan hierdie kultuur gekom met sy eie “drink and drug problem.” “I was arrested and put behind bars a few times, and moved from digs to digs, leaving behind broken relationships and unpaid bills” (87). In 2011 het hy met een van die Beachboys, Adam Bashili, bevriend geraak en hulle wedervaringe het aanleiding tot die skryf van hierdie boek gegee. Maar dit het Christie derduisende rande in “bystand” aan die Beachboys gekos. Vir Afrika se blankes is vriendskap oor die kleurgrens dikwels slegs ten duurste verkrygbaar.

Die getatoeëerde Moslem Tanzaniërs wat as “schemers” (318) die tradisionele Kaapstadse kultuur “verryk”, kom uit die krotbuurte van Dar es Salaam (“Bongomen” genoem – 2643) en Tanga (228); “an underworld on the rise, complete with its own laws and codes and comprising mostly foreign-born Africans” (581). Die plekke waar hulle onder die brûe woon, kan uitgeken word aan die swart roet aan die pilare wat deur hulle vure veroorsaak is en die graffiti wat hulle aangebring het (240). Die omgewing het sonder veel weerstand tot ‘n krotbuurt verval: “‘Semi-derelict’ is how city planners describe the land here; the road does crumble away fantastically, overlooked by warehouse windows that are shattered, boarded up, or painted white” (247).

Die Beachboys het hulle selfs op die parkeereilande gevestig en daar geslaap. Later is (groot) koste aangegaan om dit te voorkom: “Large rocks had been cemented into the traffic islands, like gaint teeth in a fossilised jawbone. It’s formally known as defensive architecture” (1799). Water word deur die Beachboys uit die besproeiingstelsel gesteel (333). Hulle hang graag uit op die Kaapse Parade. “After serving as the city’s social heart for centuries, the Parade, like much of the CBD [Central Business District], had started to deteriorate by the late eighties. In the early nineties it was possibly the most dangerous block in the city” (358).

Voorheen was die permanente inwoners van Suid-Afrika by uitstek Suid-Afrikaners, dus wettige inwoners. Sedert 1994 het sake drasties verander. Volgens die Vryheidshandves van 1955, wat deur die ANC onderskryf word, behoort die land aan almal wat hier woon; die wettiges en die onwettiges. Broers en susters uit swart Afrika word om etniese redes as immigrante verwelkom; nie omdat hulle (potensieel) ‘n bate vir die land is nie. “Under apartheid, the Aliens Control Act had made it nearly impossible for foreign-born Africans to enter South Africa in any capacity other than as migrant labourers contracted to the mines. Perhaps the most powerful embodiment of the apartheid government’s attitude to black foreigners … was the three-hundred-odd kilometers of fencing it had erected along parts of South Africa’s border with Zimbabwe and Mozambique” (1485).

“When the voltage was cut in 1990,* holes began to appear. With the country’s leadership preoccupied with the transfer of political power from white to black hands, the holes widened until eventually entire sections of fence were being carted off by metal thieves. Drawn by the relative wealth of South Africa’s cities and pushed by war, repression and poverty, northerly Africans poured into the country in great numbers, some through the border posts on tourist visas, which they overstayed, with many more bypassing the entry points altogether” (1492). “Foreign nationals detained for not being in possession of the correct documentation found that they could bribe their way back onto the streets with ease. Those who were deported had little difficulty re-entering the country within days … Most of the undocumented migrants who have entered the country since the nineties have not qualified for asylum” (1497). [* Een van FW de Klerk se “inisiatiewe”, wat meegebring het dat terroriste en wapens, asook ander misdadigers, Suid-Afrika vryelik binnegekom het.]

Suid-Afrika word tans deur elemente geregeer wat geen begrip het van wat dit van die blanke inwoners geverg het om ‘n ontwikkelde en voorspoedige land in Afrika te vestig nie. Weens bv ondoeltreffendheid en korrupsie verval die land al hoe meer in die hande van misdadigers en vreemdelinge wat afbreek pleks van opbou. In die ou Suid-Afrika is slegs mense wat ‘n bate vir die land kon wees as immigrante toegelaat. Christie vertel hoe die Beachboys gesondheidsdienste, soos die plaaslike hospitaalgeriewe, misbruik terwyl hulle geen wetlike reg daarop het nie. Dit is ‘n tipiese voorbeeld van Afrikanisering. Onwettige immigrante parasiteer op die welsynsdienste, staatstoelaes, onderwys, ens, op so ‘n massiewe wyse dat dit glad nie volhoubaar kan wees nie. Afrika se wins word Suid-Afrika se verlies. Suid-Afrika word stelselmatig verarm. Die “speelveld” met die res van Afrika word op hierdie manier gelyk gemaak. Die ANC-regering het hom al meermale ten gunste van die algehele afskaffing van grensbeheer uitgespreek; dat al die swart broers en susters in Afrika een groot gelukkige familie kan word sonder dat die koloniale grense hulle skei.

Ek gee nog ‘n voorbeeld van Afrikanisering. In die boek word vertel dat tydens ‘n presidentsverkiesing in Zambië kopdoeke, rompe en selfs fietse, waarskynklik op regeringskoste, aan kiesers uitgedeel is om hulle stemme te werf (1358). Dit hinder my dat in die nuwe Suid-Afrika bv kos en T-hemde deur politieke partye aan kiesers geskenk word; ‘n verskynsel wat onbekend in die ou Suid-Afrika was. Myns insiens is dit ‘n vanselfsprekende etiese vereiste dat stemme in geen opsig gekoop mag word nie, maar in Afrika se ontvangkultuur word dit anders beoordeel. Ons moet seker dankbaar wees dat die ANC-regering net grond en huise gratis uitdeel en darem nog nie (openlik) ook (luukse) motors nie.

Christie het saam met die Beachboy, Adam Bashili, Tanzanië besoek. Dit blyk dat daar steeds aparte woongebiede vir blankes, Asiate en swartes is (3133). Puttoilette kom algemeen voor (3523). Anders as in die nuwe Suid-Afrika sal die inwoners tevergeefs spoeltoilette eis. Op die strand van Dar es Salaam word “the free and the paying parts of the shoreline” onderskei (3287). Van die krotbuurte het die status van “mature slums” (4045). Christie het Bashili se ma, ouma en van sy ander familie en vriende besoek. Bashili se pa was ‘n Griekse matroos wat weggekom het. Dit moes heelwat van Christie geverg het om in hierdie armoedige omstandighede te reis, woon, eet, ens. Wat deurgaans opval, is dat enigeen wat na of van Suid-Afrika wil reis of hom hier wil vestig, dit maklik sonder dokumentasie of formaliteite kan doen.

Die belewing van die onder-die-brug-subkultuur op Kaapstad se strandgebied het die outeur met baie swart inkommers uit talle Afrika-lande in aanraking gebring; mense wat hulle sedert die jare negentig na willekeur in die nuwe Suid-Afrika gevestig het. Daarmee saam het dwelmgebruik en misdaad eksponensieel toegeneem. Danksy die toepassing van verskerpte internasionale sekuriteitsmaatreëls is dit deesdae vir voornemende verstekelinge baie moeiliker om ongemerk op skepe te kom. Die eens hoogs sigbare Beachboy-kolonie op die Kaapstadse strandgebied is ook in groot mate suksesvol opgeruim. Byvoorbeeld: “The traffic islands around Hertzog Boulevard have been fenced off, and a large part of the Nelson Mandela Boulevard underpass has been turned into a boomed parking lot. The dock-facing perimeter of the Culemborg industrial park has also been re-fenced” (4549). “The Passenger Rail Agency of South Africa, which owns the rail yards, has come under significant pressure to clear out the tents and keep them from being re-established … the Beachboys are slowly being pushed northwards, out of the old city suburbs and away from the port … Away from the sea all you have is the streets” (4554).

Wat ons deesdae dikwels moet aanhoor, is dat ons spreekwoordelik brûe moet bou en simbolies hande moet vat. Daarenteen blyk brûe letterlik ‘n manier te wees om die woningnood te verlig; ook by onwettige inkommers. Dit is ‘n heeltemal ander benadering as die tradisionele waaraan ons so lank gewoond was. Dit dui op ‘n verskil tussen die ou en die nuwe Suid-Afrika. ‘n Fundamentele vraag is: Is dit vir enige rasionele mens moontlik om trots op die nuwe Suid-Afrika te wees?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.