Die leier van die Vryheidsfront Plus, Sakkie du Plooy, hoop om in ‘n koalisie met die DA in Pretoria te dien. Gisteraand teen tienuur was die DA en ANC min of meer gelykop met 42% elk van die stemme in die sogenaamde Tshwane-metrogebied.
In weerwil van die groot aantal Afrikaners in Pretoria, is die VF Plus egter net in die vierde plek, agter die radikale EFF wat 10,52% van die stemme op hom verenig het. ‘n ANC-EFF-koalisie sou dus ook in Pretoria tot stand kon kom.
Die Vryheidsfront het tot dusver vier setels ontvang en Du Plooy verwag dat daar nog vier sal bykom soos wat verdere stemme getel en uitslae bekendgemaak word.

Is die woord vir veraad ….. koalisie ???
Daar is mos goeie rede hoekom die mense vir die VF gestem het , of is hulle maar net stemvee?
Mag tel meer as beginsels
Tragies genoeg: is die woord vir verraad …….PRAAG?
Niks teen jou nie Ou T….inteendeel…
As julle goed geluister het na die uitsprake van die DA die afgelope jaar sal dit duidelik wees dat hulle eintlik die HANC (Herstigte ANC) behoort te heet, want wat hulle nou se is presies wat die ANC in 1994 gesê het. Dus het die VF+ nou besluit om hom te skaar by die ANC van 1994. Wys jou net wat gebeur as jy jou met party politiek besig hou jy gaan die toilet af. Dus is die VF+ van 2016 presies die selfde as die NP van 1992 en kan ons mnr. Sakkie du Plooy gelykstel aan mnr. FW De Klerk. Ek hoop meneer Du Plooy lees die, want sy oordeel sal anders wees as die van mnr. De Klerk.
My volk onttrek julle tog van partypolitiek en word weer een volk.
As enigiemand hiermee wil stry, gaan kyk maar die DA wil nou saam met Bantu Holomisa span. Holomisa was deel van die ANC se nasionale bestuurspan in 1994 en het in 1996 saam met Roelf Meier die UDM gestig so die somme is maklik. Sakkie du Plooy = Mmusi Maimane’s = Bantu Holomisa = Roelf Meier of VF+ = DA = ANC = NP almal vyande van ons volk en direk verantwoordelik vir bv. die plaasmoorde. Drek van die aarde.
Hulle wil ook saam die EFF span. Dis eintlik al reeds so. As jy kyk na Ewn, sal jy sien hoe die kommentaar gemanipuleer word om hul samespanning met Julius te probeer motiveer. Malema moes ook gaan buig in Engeland ‘n ruk terug. Dit verduidelik ook die anti-afrikaans mode.
Verskoon my, maar ek sit nou so stil hier en dink aan Riempies.
Dit sou nogal interressant gewees het om haar kommentaar vandag hier te kon lees. Mis haar.
Terloops, ek is ‘n uiters teleurgestelde ou kêrel vandag. Ons as Afrikanervolk sal weleswaar moet bymekaar staan en uit een mond praat. (:-()
Waar is Front Nasionaal, het hulle deel gevorm van hierdie verkiesing? Kon niks sien nie.
Nou wil Sakkie saam met die ander rubber rug boertjies met Mmusi sakkie-sakkie.
Dis duidelik uit die verkiesingsuitslae dat daar vir ons geen plek in die partypolitiek is nie. Die FV het 2% gekry!! En van FN is daar nie eers sprake nie. Die beste waarop ons kan hoop is dat die munisipaliteite waar die DA in beheer is, hulle beter sal vaar wat betref paaie, bankrotskap, wanbesteding, korrupsie, riool in die water of water in die riool, vullisverwydering en nog ‘n paar ander. Dit sal al klaar ‘n bietjie help. Verder stem ek saam met Thys Du Plessis hier onder: Partypolities is ons dood Daarvoor het FW De Klerk gesorg.
Toe ek jou lees Karel, het ek gaan soek na Thys du Plessis se skrywe en dit maak geen sin nie (tensy ek sò uit politiek vervreemd geraak het dat ek nie weet dat ‘Roelf Meier’ by die VF+ betrokke geraak het (nie). Weet nie of my leesvermoeë verstadig nie en ek hoop beslis nie so nie (!) maar Thys du Plessis se skrywe is myns insien sinneloos
Dave, ek het verwys na: “My volk onttrek julle tog van partypolitiek en word weer een volk;” Jammer as dit onduidelik was.
Ja en registreer as Uitwoner by Orania – dis waar ons gestem het
Per e-pos maklik
Geen partypolitiek
Ons kies slegs vaardighede van 12 persone. Almal uiters bekwaam in streeksontwikkeling Die uitwoners soos ek het een gekies om ons gespesialiseerde belange te versorg.
Skitterende sukses..
Ons het ge-drexit.!!!
Dankie dat jy dit verduidelik Karel. En nou stem ek met jou saam. Ek het Thys du Plessis weer gelees en daar is meer punte waarmee ek saamstem as wat ek oorspronklik raakgesien het, soos die VF wat bereid is om met die DA te koaliseer. Jammer Karel en Thys, vir ‘n oorhaastige antwoord.
Het nie gaan stem nie. Sal nie gaan stem nie. Willie die merk van demokrasie vat nie- nie nou nie ooit. Wel, totdat swape en skape geskei word. Nou volgens die ANC gaan hulle regeer totdat Jesus kom. So, sal dus nooit weer gaan stem nie.
Die klugspel en indoktrinasie van ons blankes is al so ver dat hulle waaragtig glo aan: elke stem tel. Ja raait. Of erger: dan mag jy nie kla nie. My stem is nie dit wat my die reg gee om te kla nie, maar my geld. As ek belasting betaal het ek die volste reg om te kla..
Soos Thys se: eers volk dan politiek.
Oulik.
Daar was mos reeds berig oor “ex-DA” mense wat na VF+ geskuif het.
DA-kandidate wat na die VF geskuif het is (mi) mense vir wie die pad toegemaak is by die DA en toe hoop hulle op ‘n setel by die VF…. finansiële oortuigings dus.
Al is ek nie ‘n lid of ondersteuner van die VF+ nie, het die party se swak vertoning in Tshwane (vroeer bekend as Pretoria) my geskok aangesien dit ‘n liederlike klad op die naam van die Afrikaner is.
Maar toe kry ek hierdie verklaring deur Pieter Mulder in my e-pos bus. Hulle beweer hulle het gegroei – en haal syfers aan om dit te wys. Nou toe nou. Was Tshwane weer van die spoor af?
Verklaring uitgereik deur Pieter Swart van die VF+ namens Pieter Mulder:
Die VF Plus het landwyd stewig gegroei in 2016 se munisipale verkiesing en het veral beïndruk deur groot deurbrake te maak in provinsies waar daar histories feitlik geen VF Plus-voetspoor was nie, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.
Waar verskeie kleiner partye in die pas afgelope verkiesing amper uitgewis is, is die VF Plus tans die vyfde sterkste uit die meer as 200 partye wat aan die plaaslike verkiesing deelgeneem het. Die party het ook met byna 30% gegroei sedert die onlangse 2014-verkiesing.
In al nege provinsies het die VF Plus se stemtotaal vermeerder. In sommige provinsies het dit verdubbel, in die Wes-Kaap vervierdubbel en in Noord-Kaap selfs vyfvuldig gegroei. Die gevolg is dat die VF Plus vir die eerste keer raadslede verkies gekry het op plekke waar die party in die vorige termyn geen teenwoordigheid gehad het nie.
Die VF Plus het nou byvoorbeeld vir die eerste keer raadslede in Kimberley, Upington; Koster, Ottosdal, Wolmaransstad, Schweizer-Reneke, Zeerust, Nelspruit, Worcester, Paarl, Mosselbaai, Hessequa, Fronkfort, Newcastle ens. terwyl uitslae nog inkom.
In talle ander munisipaliteite soos Krugersdorp, Middelburg, Kroonstad ens. het die VF plus sy raadslede verdubbel. Verskeie van die nuwe VF Plus-raadslede is oud DA-raadslede wat nou by die VF Plus aangesluit het of oud DA-parlementslede soos Lourie Bosman wat in New Castle in KZN verkies is.
Waar die VF plus sy verkiesingsveldtog grootliks rondom koalisies en regstellende aksie geloods het, is die party reg bewys deurdat daar talle koalisies na die verkiesing gevorm sal moet word waar geen party 51% steun het nie. In verskeie van hierdie rade sal die VF Plus die koningmaker wees deurdat die party se keuse sal bepaal watter koalisie die munisipaliteit regeer.
Bereken in stemme, het sowat 120 000 mense in 2011 hul kruisies langs die Vryheidsfront Plus getrek. Teen Vrydagmiddag het die getal reeds na aan 215 000 gestaan, byna ʼn verdubbeling.
Dr. Mulder sê die groei is ʼn sterk aanduiding dat die party enersyds in tradisionele sterkpunte steun van ander partye weggerokkel het, en andersyds dat ander minderheidsgroepe vir die eerste keer hulle skaar agter die VF Plus. (einde van verklaring)
Ek dink hoewel ons miskien nie persoonlik ondersteuners van die VF is nie, wil ons graag glo wat Dr Mulder sê. Wat myself betref, gun ek hulle die vordering waarvan Dr Mulder praat.
Thysh ondersteun net homself en aanbid sy spoor van verwoesting.
Jan, ek het gewoonlik ‘n probleem met ‘one liners’ waarvan jy opsigtelik deel is maar miskien wil jy meer verduidelik. Ek ken Thys (wat homself reeds uitgespreek het met my reaksie daarop) nie en sal graag meer wil weet van jou ‘een-lyn’ tipe kommentaar.
Ek skryf selde een lyners .
Thysh, wie dit ook al mag wees, is ‘n ongelooflik uitgesproke anti-Christen anti- Afrikaner Vrydenker. 7-8 jaar gelede het ek al op Litnet die ou ontmasker as deel van die NP se span NI psy-ops operateurs / kontrakteurs /handlangers.
Intussen het hy homself volkome bemark as prototipe volks-vreemde. en uiters vyandig gesind sedert sy werk by Perskor wat gesluit is agv bedryfs – bedrog… ‘Albert Brenner’ oa ken ook sy hele modus operandi.
Hy en Hans Pieterse van OGOT is mede stigters van die sg Vrydenkers Satanistiese kultus. en Thysh kwoteer graag lang stukke uit die Satanistiese bybel. Hy verwys graag na ‘GODDOM’ Christene. Hy was glo ‘n teologiese student op Potch saam met FW en broer Willem maar het glo alles gedop.
Hyt was glo redakteur van die Suidwester na Perskor maar het later gevlug uit SWA.
Maar Disqus sy goeters en lees self of alles waar is soos wat hy dit alles self meegedeel et.
Hy is gevaarlik [sekuriteits risiko] om kriminele op te sweep om sagte Boere Christen teikens aan te val.
So dis goed om te weet waar hy is en waarmee hy besig is op Praag.
Baie dankie dat jy die inligting gedeel het, Thys. Dit beantwoord nogal pertinente vrae wat ek oor die groei van die party gehad het. Dit soort van verbaas my wanneer mense hulself uitgee as konserwatiewes en voortgaan om te sê dat hulle nie eintlik voorstanders of ondersteuners is van die VF nie. Betreffende self sien ek (ook) nie die VF as die party wat ons uit die dorstige land gaan lei nie maar tog die enigste met wie s’n konstitusie ek myself kan vereenselwig. Soos Karel hulle dit gun laat my gewete my nie toe om DA te stem nie maar ek gun hulle ook die oorwinnings wat hulle gesmaak het.
Dave, ek is nie ‘n ondersteuner of lid van die VF+ nie want hulle wil my nie as lid hê nie omdat ek nie ‘n “Christen” is nie. Maar die VF+ is die enigste party wat die Afrikaner se politieke sieninge behoorliik weerspieel en bevat. En die VF+ is ook lank nie meer “konserwatief” nie. Hulle het in hierdie verkiesing stemme gewerf onder veral bruinmense in die Noord-Kaap – en blykbaar met groot sukses ook soos blyk uit die feit dat hulle setels in daai omgewing gewen het. Ek kan verstaan hoekom die VF+ dit gedoen het, maar ek stel vraagtekens oor hulle vroeere onbevange steun vir ‘n Afrikaner tuisland – al dink ek self dat ‘n tuisland nie meer praktiese politiek is nie. Maar miskien probeer die VF+ die konsep van etniese selfbeskikking vir elke groep bevorder – hulle maak dit net nie mooi duidelik dat ek dit kan verstaan nie! Vir die DA en kie het ek nie ‘n greintjie tyd nie – en ek is bevrees dat diegene wat dink dat die party se “skynbare” seges in hierdie verkiesing die begin van groot politieke wendinge is, maak ‘n yslike fout. Die enigste “wenners” in die verkiesing was die EFF wat daarin geslaag het om heelwat stemme by die ANC af te vat – en om heelwat ANC ondersteuners te oortuig om nie te gaan stem nie.
Vraag is wat gaan die ANC nou doen om sy aansien en steun te herwin? Ek voorspel nou hier dat die ANC gaan radikaal en militant na “links” swaai. Hier kom aksies en optredes teen wittes soos ons nog nie gesien het nie. Met ‘n bietjie geluk gaan die ANC eers kwaai begin optree teen die Engelse sake- en mediabelange want hulle sien hierdie mense as diegene wat verantwoordelik is vir die aanhoudende4 aanvalle op hulle en hul leiers – en met reg ook. Maar daar gaan beslis sterker aksies wees teen wit boere, teen Afrikaans op skole en aan universiteite en dies meer.
Die ANC gaan sy wrewel uithaal op wittes – en uiteindelik veral op Afrikaners.
Thys, dankie vir jou antwoord. Sien my duimop as net in verhouding met jou politiek maar as ‘n duimaf vir jou G(g)odsdiens. Ek lees dikwels hier maar reageer selde. Ek waardeer meer as net nou jou tipe kommunikasie sowel as jou woordgebruik maar daar staak dit want ek is ‘n wedergebore Christen.
Saamstem EN saamstaan in en rondom die politiek is al wat ek vra – want dit het immers te doen met die HIER en die NOU. Saamstem oor die godsdiens durf nie ‘n voorvereiste te wees nie, want daar is te veel uiteenlopende sieninge – en dit gaan in elk geval oor die DAAR en die NA (indien)!
Baie blankes wat vir die DA gestem het verkeer onder die wanindruk dat daar moerse onoorbrugbare verskille is tussen hierdie party en die ANC. Hulle baseer hierdie wanindruk op die idee dat die DA tradisioneel meer “blank” was as die ANC en glo en hoop daarom dat ‘n toekomstige DA-regering minder korrup en meer effektief sal wees wat veral dienslewering betref. Die goeie prestasie van die DA in die afgelope verkiesing moedig hierdie blankes dus aan om meer positief te wees oor die Nuwe Suid-Afrikaanse eenheidstaat en die Grondwet. Hierdie wanpersepsie, wat veral deur die hoofstroommedia gepropageer word, veroorsaak dat al minder blankes bereid sal wees om eendragtig aan te dring op die daarstel van onafhanklike volkstate. Stadig maar seker loop hierdie land maar dieselfde paadjie as die res van Afrika waarbinne korrupte regerings gereeld vervang word deur ander korrupte regerings wat óók leë beloftes het oor die verbetering van die welsyn van die meeste Swartmense. Hierdie nuwe regeringsleiers bevorder ook maar hoofsaaklik hul eie belange en dié van internasionale geldmagte, ten koste van die meeste ander landsburgers.
Goed gestel. Ek het juis vir familielede in die Baai gevra of hulle nou dink dat DA se swartes die plek beter gaan bestuur as die ANC se swartes. Dieselfde geld natuurlik vir “Tshwane”. Ek sien juis Maimane sê dat hulle nie aan die “personeel” in hierdie plekke gaan torring nie – maar dis juis waar die probleem lê! Dis die personeel wat nie in staat is om ‘n tuisland “STAT” te bestuur nie, laat staan nog ‘n groot STAD of ‘n hele STAAT!
Moet met jou saamstem, maar ek vermoed die IEC se webblad behoort teen Maandag of Dinsdag (maar dalk eers volgende maand of anner jaar!) vollediger. finale en duidelike uitslae te hê.
As die waarheid bitsig dan is dit jou / julle probleem nie myne nie.
Ek het laaankal gedrexit
Baie dankie vir die inligting Jan en jammer dat ek nou eers terug is. Nou weet ek meer en ek raai dat hy onder meer name skryf want ten minste die G ene is ook hy. Dit is ‘n aardige lotjie wat jy hier moet verduur nè.
Vreemdeling: en Dave
Thysh het glo 3-5 keer die Bybel deurgelees voordat hy 15 was vertel hy meermal met trots – en nIKS begryp nie.
Voorbeeld
Dit is soos die ware verhaal van ‘n flink dink kompetisie wat die ou Mr T gewen het maar net een vraag korrek moes beantwoord.
Terwyl die orkes opruiende musiek speel is die vraag:
‘Mr T dink mooi en moet nie haastig wees nie; Die borge het vir jou ‘n wenk :
gegee oor die antwoord.
Wat is die naam van die groot Franse Generaal wat Rusland in 1812 binnegeval het.??
Terwyl u dink kan u solank die yskas besigtig wat u ook gewen het waarin daar ‘n bottel NAPOLEON brandewyn staan en dink wat die naam is van daai beroemde Franse generaal. Die NAPOLEION Brandewyn is natuurlik om lekker fees te vier .met die 20000 pond wat u gaan wen.”
“Wat is u antwoord mnr T?”
“Ek dink dit was Generaal Electric”
—————
Ja nou voel ek lekker Dankie
Jou insette is so waardevol soos viagra vir alzheimer’s
Nou voel ek nog beter Boeta dat ek jou kon help met jou probleempie.
Jy is op pille nie ek nie
Henkst daar word berig dat Hilarious -hulle Muslimknaters as Afrodisiak aan die Chinese wil bemark in die plek van renosterhoring.
Dit sal die renosters red en ISIS uitwis.
Dis ook bekend dat ART [VIGS behandeling ]
pasiente baie meer ketools maak as Viagra.
Jy reken my skrywes maak Altzheimers ketools. Daar is geen sulke dubbel blinde studies al gedoen nie so dan getuig dit van subjektiewe waarneming..
Dit help omdat ‘n klein koalisie vernoot meer invloed kan beding as wat sy getalle andersyds toelaat. Die galbrakery teen die VF+ is verstommend as in ag geneem word dat die oorgrote meerderheid Afrikaners vir die DA stem en skynbaar dood tevrede swart verteenwoordginging aanvaar? Ek sou graag van al die slim kerels op dié blad op die blad wil verneem hoekom ‘n swarte van Soweto of Mamelodie sy mense se belange bo die van die Afrikaners sou stel. In my dorp ry die DA ou tannies van die ouetehuis aan om vir hulle Owambo sluikhandelaar kandidaat te gaan stem. Klaarblyklik vind die galbrakende slaprug boertjies dit heel goed so.
Almal het al deur jou en jou skuilname gesien pel. Thys en Dave, die tuinops boois, “manufacturing consent”. Dis ‘n fees van proporsies om te aanskou. So baie moeite, so min dae.