Die leier van die United Democratic Movement (UDM), Bantu Holomisa, het aangekondig dat hy deur “groot partye” genader is om ‘n koalisieregering in die Nelson Mandelabaai-metro saam te stel.
Holomisa het gisteraand gesê: “Ek hoor sekere van die groot partye praat met ons om te vra of ons hulle kan help. Afhangend van die finale telling, mag die UDM óf deur die ANC óf deur die DA genader word om hulle te help. Die DA-leier het my genader maar ek het aan hom gesê dat ons moet wag vir die uitslae om bekendgemaak te word.”
Volgens Holomisa gee hy nie om met watter party hy saamwerk nie maar dat “kiesergedrag” in ag geneem moet word.
“In die verlede het ons beide partye gehelp. Onthou toe Zille Kaapstad van die ANC oorgeneem het? Ons het die ANC in Kwazulu-Natal in 2004 bygestaan toe dit aan bewind gekom het. Die beginsel wat ons toepas, is om na die wense van van die kiesers te kyk, dan neem ons die besluit, nie of ons van ‘n sekere leier hou of nie, ek werk nie so nie,” sê Holomisa.
Terwyl die DA-leier in die metro, Athol Trollip (foto hier bo), reeds aangekondig het dat sy party die grootste is en daarom ‘n nuwe plaaslike regering behoort saam te stel, het die ANC by die OVK beswaar gemaak dat die verkiesing nie “vry en regverdig was nie”.
‘n Woordvoerder van die party, Bheza Ntshona, het gesê dat die party ‘n klag gelê het weens die ontdekking van stembriewe in ‘n tent aan die agterkant van die lokaal.
“Ons het ook ander onreëlmatighede waargeneem, in so ‘n mate dat ons nie die verkiesing as vry en regverdig beskou nie. Die uitslag van dié verkiesing, hoewel dit nog nie finaal is nie, weerspieël nie die wil van die mense van Nelson Mandelabaai nie,” meen hy.

Bantu praat mos nou strooi/bollie of stro……….!
Dis ‘n nare klein Bantoe hierdie hoor. Ek sou liewer van hom wegbly. En dan maak dit nie vir hom saak met watter party hy saamwerk nie. Wat op aarde? Aan die ander kant, maak dit vir die DA saak met wie hulle saamwerk? Hulle het dan juis vir Bantu genader.