Werkloosheid onder swart jeugdiges neem toe

‘n Verslag deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het bevind dat werkskeppingsprogramme nie veel uitgerig het nie, het RSG berig. Dié programme was nie doeltreffend genoeg om groot getalle werklose jeugdiges op te neem nie. Die verslag oor die Aanbod en Aanvraag van Vaardighede is deur die departement van hoër onderwys en opleiding aangevra. Dit

Lees verder: Werkloosheid onder swart jeugdiges neem toe

Renosters ook deur TB bedreig

Wetenskaplikes het bevestig dat tuberkulose (TB) wat van mense na wilde diere in aanhouding oorgedra is, onder renosters maai. In aanhouding het olifante en renosters dit by mense aangesteek. Enige soogdier kan die siekte dus deur aanraking met TB-lyers opdoen, maar omdat die siekte jare kan neem om te manifesteer, is dit baie moeilik om

Lees verder: Renosters ook deur TB bedreig

Seinstoring was ‘onwettig en ongrondwetlik’ sê Appèlhof

Die Appèlhof in Bloemfontein het bevind dat die beleid van die Parlement rakende uitsaai ongrondwetlik en onwettig is omdat dit die reg op ‘n “oop” Parlement oortree. Die Appèlhof het voorts bevind dat die wyse waarop die Staatsrede se verrigtinge in Februarie 2015 geblokkeer is, ongrondwetlik en onwettig is. Die hof het ook verklaar dat

Lees verder: Seinstoring was ‘onwettig en ongrondwetlik’ sê Appèlhof

Lesotho al byna ingelyf by SA

Buurland Lesotho is byna al ingelyf by Suid-Afrika, want die twee “deel ‘n spesiale verhouding”. Dit is die mening van die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba. Hy het by die Maseru-grenspos gepraat en gesê dit moet makliker vir hul burgers gemaak word om te beweeg tussen die twee lande. Lesotho is in wese ‘n

Lees verder: Lesotho al byna ingelyf by SA

Chevron-helikopter-ongeluk eis ses

‘n Bell 430 helikopter van die Amerikaanse oliemaatskappy Chevron het Maandag met ses mense aan boord het neergestort. Vier Angolese is dood en die twee wat vermis word, is glo buitelanders. Maar die nasionaliteit van die vlieënier is nog steeds nie bekend gemaak nie. Die helikopter was onderweg na die Tombua-Landana-olieboor toe dit volgens Angolese

Lees verder: Chevron-helikopter-ongeluk eis ses

Rhodes: Amokmakers kla en kerm omdat polisie optree

Polisielede wat ‘n amokmaker uit ‘n privaattuin gesleep het tydens betogings by Rhodes Universiteit op 28 September, is op sosiale media laat beskuldig dat die swart student “geskiet” is. Maar dit kon nie op die videoopname van die insident bevestig word nie, maar die oproeriges maak nogtans dié valse bewerings dat hy geskiet is: “Die

Lees verder: Rhodes: Amokmakers kla en kerm omdat polisie optree

Bedank ‘n onnie!

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) vra mense om erkenning aan leerkragte te gee. Dit vorm deel van Wêreldonderwysersdag wat eerskomende Woensdag gevier word. Fedsas se Jaco Deacon sê dié organisasie vier jaarliks die geleentheid op die eerste Vrydag van die vierde skoolkwartaal, omdat dié wêreldviering in die Suid-Afrikaanse skoolvakansie plaasvind. Hy sê

Lees verder: Bedank ‘n onnie!

UJ tree hardhandig teen amokmakers op na dood van skoonmaker by Wits

Die Universiteit van Johannesburg het waarskynlik nog ongevalle probeer verhoed, nadat ‘n skoonmaker enkele dae gelede vermoor is deur oproerige studente by die Universiteit van die Witwatersrand. Selfs joernaliste is gisteraand deur privaat veiligheidswagte buite UJ se Doornfontein-kampus verwilder. Die joernaliste was besig om studentebetogings glo te volg. Hulle het in die spervuur beland tussen

Lees verder: UJ tree hardhandig teen amokmakers op na dood van skoonmaker by Wits

Kettingbotsing op N1 eis twee

‘n Gedeelte van die N1 tussen Kroonstad en Koppies by Heuningspruit in die Vrystaat, wat gister bykans die hele dag gesluit was vir verkeer ná ‘n kettingbotsing waarin twee mans dood is, is gisteraand, omstreeks 20:00 weer oopgestel. Dit kom nadat ‘n kleinerige vragmotor, Dinsdagaand omstreeks 23:00, vermoedelik weens sterk wind omgeslaan het. Die vragmotor

Lees verder: Kettingbotsing op N1 eis twee

SAMRK staan amokmakers van SUT by

Die 23 belhamels van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein wat in hegtenis geneem is tydens ‘n klasgeldprotes, is met ‘n waarskuwing vrygelaat, danksy ingryping van die SAMRK. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het ingegryp op ‘n dringende grondslag om die amokmakers van die SUT Woensdagoggend by te staan. Die Vrystaat se provinsiale bestuurder van die

Lees verder: SAMRK staan amokmakers van SUT by