Wetenskaplikes het bevestig dat tuberkulose (TB) wat van mense na wilde diere in aanhouding oorgedra is, onder renosters maai.
In aanhouding het olifante en renosters dit by mense aangesteek.
Enige soogdier kan die siekte dus deur aanraking met TB-lyers opdoen, maar omdat die siekte jare kan neem om te manifesteer, is dit baie moeilik om te diagnoseer.
Teen die tyd dat die diagnose dus gemaak word, is dit al byna te laat en het die dier weer ander diere aangesteek.
In navorsing van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR) en die Universiteit Stellenbosch (US) toon dat TB nog verdere verliese aan renosters kan beteken.
En benewens stropery wat ‘n kopseer geraak het, word ander wild ook bedreig.
‘n Nuwe bloedtoets vir renosters kan opsporing van die siekte in wilde diere vergemaklik. Daar is reeds so ‘n toets vir buffels beskikbaar.
Navorsers aan die US sê omdat renosters se getalle daal, is verdere verliese kommerwekkend. Van die renosters is in gebiede waar TB endemies is.
TB (Mycobacterium bovis) in buffels is aanvanklik veroorsaak deur siek beeste en het toe na leeus, wildsbokke, vlakvarke en ander diere versprei.

