Zuma is 2009 se nuusmaker

President Jacob Zuma is as nuusmaker van 2009 aangewys. Hy is dus nou voor in die wedren teen Julius Malema, ANC-Jeugliga president, die atleet Caster Semenya asook Joost van der Westhuizen, voormalige Springbok rugbykaptein, het die Nasionale Persklub Donderdag aangekondig. “President Zuma was gedurende 2009 vir verskeie redes in die nuus. Hy het koerantspasie sowel

Lees verder: Zuma is 2009 se nuusmaker

Louis Trichardt se naam weer in gedrang

Die omstrede naamsveranderingsproses van Louis Trichardt na Makhado sal weer van vooraf begin, het die Geografiesenaamraad Donderdag gesê. “Ons het vandag aansoeke ontvang waarna ons sal kyk. Ons sal dit ook aan die minister van kuns en kultuur voorlê,” het Tommy Ntsewa, voorsitter van die raad, gesê. Louis Trichardt se naam is in 2002 na

Lees verder: Louis Trichardt se naam weer in gedrang

ANC verwerp kwytskeldingsvoorstel

Die kantoor van die ANC-hoofsweep het Donderdag gesê hulle sal die voorgestelde wetgewing op presidensiële kwytskelding, wat deur die Demokratiese Alliansie voorgestel is, “verwerp” Die DA het die wetsontwerp Woensdag ingedien nadat die presidensie bevestig het dat ‘n versoek om kwytskelding van Schabir Shaik ontvang is. Shaik is president Jacob Zuma se voormalige finansiële raadgewer,

Lees verder: ANC verwerp kwytskeldingsvoorstel

Mag ons leiers mekaar vind

Te danke aan Beeld se volkstaatmeningspeiling het hierdie gesprek weer momentum gekry. Die volkstaat is en moet ons belangrikste oogmerk bly en daarom is hierdie nuwe lewe wat die debat ontvang het van kardinale belang. Hoewel Beeld se meningspeiling nie wetenskaplik is nie, dui dit tog dat daar geweldige steun onder Afrikaners (en miskien veral

Lees verder: Mag ons leiers mekaar vind

Afrikaners van oraloor steun ‘n volkstaat

Ek sien myself as ‘n moderne Christen-Afrikaner wat woon in Gauteng, dien op besture van moderne en suksesvolle instellings en aktief deelneem aan die openbare lewe. Ek is deel van Suid-Afrika en wil graag deel van die oplossing wees. Die werklikheid skets egter ‘n prentjie waar ek en my mense vervreem word deur regstellende aksie,

Lees verder: Afrikaners van oraloor steun ‘n volkstaat

Neem tugstappe teen Tshwane-sportraad

Die VF Plus-stadsraadslid, mnr. Cornelius Jansen van Rensburg, het vandag in ʼn verklaring gesê dat geen voorstel vir die verandering van die Blou Bulle se kleure nog ooit voor die Tshwane metroraad gedien nie. “Geen aankondiging oor ʼn proses of voorstelle vir enige wysiging is ooit deur die stadsraad ontvang of bespreek nie.” Uit die

Lees verder: Neem tugstappe teen Tshwane-sportraad

Volkstaat moet Weste van die land uitmaak

Die huidige debat rondom ‘n volkstaat wat op beide Praag en Die Beeld se webwerwe losgebars het, het my genoop om na beide die kaarte van Praag en die VF+ se voorgestelde gebiede te kyk. Die gebied wat deur Praag voorgestel word sal ideaal wees, maar ek kan eenvoudige nie insien hoe die ANC ooit

Lees verder: Volkstaat moet Weste van die land uitmaak

Haïti is geen verrassing nie, sê kenners

Vir ingenieurs en ander kundiges wat die streng boureëls in Kalifornië, Japan en ander aardbewinggebiede begryp, is die natuurramp se dodelike gevolge wat Haïti getref het, kwalik ‘n verrassing. Die buitensporige aantal sterftes is die uitsluitlike gevolg van swak beplanning en gebrekkige boukonstruksie, asook ongebreidelde stedelike groei. Vóór 1950 sou dieselfde aardbewing dieselfde skade aangerig

Lees verder: Haïti is geen verrassing nie, sê kenners

Beeld-peiling en die volkstaat

Soos verwag sou kon word ontlok die uitslag van ‘n Beeld-peiling dat die meerderheid respondente aandui dat hulle gunstig voel daaroor om in ‘n volkstaat te gaan woon, baie reaksie – van beide voorstanders en teenstanders. Al was dit geen wetenskaplike peiling nie, is daar enkele faktore wat nie uit die oog verloor kan word

Lees verder: Beeld-peiling en die volkstaat

Zim sny Namibië se krag af

Zimbabwe se kragvoorsiener is beveel om die uitvoer van elektrisiteit na Namibië te staak en eers in sy eie behoeftes te voorsien, is Woensdag in die land se staatskoerant berig. Volgens die Herald het Elia Mudzuri, Zimbabwe se minister van energie, gesê dié land se kragstasies kan nie voortgaan om elektrisiteit na Namibië uit te

Lees verder: Zim sny Namibië se krag af