Haïti is geen verrassing nie, sê kenners

Vir ingenieurs en ander kundiges wat die streng boureëls in Kalifornië, Japan en ander aardbewinggebiede begryp, is die natuurramp se dodelike gevolge wat Haïti getref het, kwalik ‘n verrassing.

Die buitensporige aantal sterftes is die uitsluitlike gevolg van swak beplanning en gebrekkige boukonstruksie, asook ongebreidelde stedelike groei.

Vóór 1950 sou dieselfde aardbewing dieselfde skade aangerig het in die ontwikkelende sowel as die ontwikkelde wêreld, sê Ross Stein, ‘n geofisikus van die Amerikaanse Geological Survey in Menlo Park, Kalifornië.

Lewensverlies is tipies tans 10 keer hoër in ontwikkelende lande en die skade soveel as 100 keer meer, sê hy.

Die aarbewing in die Sijuanprovinsie in China in 2008 wat tot die dood van ongeveer 87 000 mense gelei het, het die Chinese regering genoop om strenger boumaatreéls in te stel. Nagenoeg 5 000 kinders het omgekom agv swak boukonstruksie.

Dis dieselfde nagmerrie oor en oor, sê die president van die Earthquake Engineering Research Institute in die VSA.

Boureëls wat tans standaard is in alle nuwe konstruksie in Kalifornië, is danksy groot vordering in aardbewingnavorsing ingebring.

Turkye, wat in 1999 deur ‘n groot aardbewing getref is, het streng boureëls op papier, maar ongelukkig nie streng toepassing daarvan nie.

Brian Tucker van GeoHazards International, in palo Alto, sê mense in ontwikkelende lande steur hulle nie aan waarskuwings dat geboue in aarbewinggebiede aan sekere standaarde moet voldoen nie.

Mense weier om te glo dat die noodlot wat aardbewings betref, in hul eie hande is sê hy, en dat dit nie “die hand van God” is nie.

Sowat 60 miljoen mense is die afgelope 10 jaar direk deur aardbewings bedreig.

Maar in ontwikkelende lande luister regerings nie graag na sulke waarskuwings nie.

 

печи купитьЛобановский

Maak 'n opvolg-bydrae