‘Bedrog keer dat Boko Haram verslaan word’

Wapens is nie aan Nigeriese soldate voorsien om teen Boko Haram te veg nie en duisende mense het gesterf weens wydverspreide bedrog in die proses van militêre aankope, sê president Muhammadu Buhari. Buhari het gelas dat almal ­betrokke by die korrupsie aan die pen moet ry. Dit volg nadat die staatshoof ’n verslag van ’n

Lees verder: ‘Bedrog keer dat Boko Haram verslaan word’

SA stuur nog troepe na DRK na 50 dros

Sowat 500 soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag vertrek eersdaags vir twaalf maande na die ontstuimige Republiek van die Kongo. Die soldate sal na hul bestemming vlieg met VN-huurvlugte. Selepe het gesê die gebruik van VN-huurvlugte is nie as gevolg van ‘n gebrek aan kapasiteit in die SANW nie. “Dit is ‘n verantwoordelikheid van die

Lees verder: SA stuur nog troepe na DRK na 50 dros

Linkse akademici by Stellenbosch steun taalmoord op Afrikaans

‘n Aansienlike groep van “meer as 220” linkse, marxistiese en feministiese akademici aan die Universiteit van Stellenbosch het in ‘n verklaring hul steun vir die afdwing van Engels aan dié universiteit uitgespreek. In ‘n verklaring wat slegs in Engels uitgereik is, sê die groep dat Afrikaans tot ‘n mindere posisie saam met Xhosa afgetakel moet

Lees verder: Linkse akademici by Stellenbosch steun taalmoord op Afrikaans

Grensbeamptes vasgetrek oor sigaret-smokkel

Sestien grensbeamptes en drie amptenare van binnelandse sake sal na verwagting binnekort in die Zeerust-landdroshof verskyn. Hulle het na bewering smokkelaars by die Kopfontein-grenspos tussen Suid-Afrika en Botswana gehelp. Die Valke het die amptenare aan diens Woensdag in hegtenis geneem. ‘n Woordvoerder van die Valke, Hangwani Mulaudzi het gesê die verdagtes staar 54 aanklagte van

Lees verder: Grensbeamptes vasgetrek oor sigaret-smokkel

Het Hongaarse voorbeeld in de praktijk

Ássotthalom is een klein stadje op de grens tussen Hongarije en Servië. 5000 inwoners maar wel 122 km2 groot; tweemaal San Marino. Belangrijk is dat het stadje een grens heeft van 22 km en dat door Ássotthalom de M5 loopt, de snelweg tussen Belgrado en Boedapest. Het begon in 2012, vertelt ons de jonge burgemeester

Lees verder: Het Hongaarse voorbeeld in de praktijk

Ritchie McCaw hang stewels op

Die befaamde All Black rugbykaptein Ritchie McCaw het aangekondig dat hy na 14 jaar sy rugbysteuwels ophang. Daar was baie spekulasie oor die dubbele wêreldbekerwennerkaptein se toekoms na die 2015-wêreldbeker. Ritchie het ‘n ongelooflike loopbaan met net so ‘n ongelooflike klomp statistieke in sy tyd in die swart trui bymekaargemaak. Van die 413 oorwinnings wat

Lees verder: Ritchie McCaw hang stewels op

SA ontken lasbriewe teen Israeliese bevelvoerders

Die Suid-Afrikaanse polisie het ontken dat lasbriewe uitgereik is vir vier Israeliese bevelvoerders wat vyf jaar gelede verantwoordelik was vir die aanvalle op die Mavi Marmara. Die Israeliese weermagbevelvoerders het die skip aangeval. Die vaartuig was deel van ‘n flottielje wat na Gaza op pad was om humanitêre hulp en mediese voorrade af te lewer

Lees verder: SA ontken lasbriewe teen Israeliese bevelvoerders

Eksamens onder polisiebewaking by Maties terwyl brandstigting voortduur

Te midde van voorslepende geweldpleging en intimidasie op die kampus van die Universiteit van Stellenbosch, het die universiteit brandstigting soos gister voorgekom het, veroordeel. Onlusmakers het met die polisie gebots toe voorwerpe aan die brand gesteek is, onder andere ‘n universiteitsvoertuig wat op die kampus geparkeer was. Die universiteit het egter die versekering gegee dat

Lees verder: Eksamens onder polisiebewaking by Maties terwyl brandstigting voortduur

Eerste matriekvraestel uitgelek

Die eerste matriekvraestel het uitgelek. Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, is vandag in Limpopo waar die Lewenswetenskappe-vraestel Dinsdagoggend uitgelek het. Sy het die misdryf toegeskryf aan ‘n gebrek aan hulpbronne. “Die eksamenkantore in Pietersburg (Polokwane) het nie telefoonlyne, fakslyne en of internetverbinding nie. Amptenare gebruik van hul private selfone en private 3G konneksie,”

Lees verder: Eerste matriekvraestel uitgelek

Babelse verwarring oor Vrystaatse beurtwater

Vrystaters moet hulself gereed maak vir beurtwater wat enige tyd dié week ingestel kan word. Die LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer en die voorsitter van die provinsiale gesamentlike bedryfskomitee oor droogte, Butana Komphela, het gister aan OFM-nuus gesê beurtwater kan in die volgende vier dae oor die provinsie heen ‘n werklikheid word. Dié departement

Lees verder: Babelse verwarring oor Vrystaatse beurtwater