praag.co.za

Eksamens onder polisiebewaking by Maties terwyl brandstigting voortduur

Written by

in

,

Te midde van voorslepende geweldpleging en intimidasie op die kampus van die Universiteit van Stellenbosch, het die universiteit brandstigting soos gister voorgekom het, veroordeel. Onlusmakers het met die polisie gebots toe voorwerpe aan die brand gesteek is, onder andere ‘n universiteitsvoertuig wat op die kampus geparkeer was.

Die universiteit het egter die versekering gegee dat eksamens normaalweg voortgaan, met polisiebewaking by eksamenlokale. ‘n Noodnommer 082 5570 880 is ook aan studente verskaf om te skakel indien hulle bedreig word.

Die ekstreemlinkse organisasie Open Stellenbosch wat die onmiddellike verengelsing van Stellenbosch eis, het verklaar dat hy sal aanhou agiteer totdat die bestuur van die onlangse besluit afsien om steeds Afrikaans as voertaal naas Engels op die kampus tydens 2016 te handhaaf. Die organisasie eis onder andere dat alle naamborde en kennisgewings na Engels verander moet word en dat alle lesings en administrasie in Engels moet geskied.

Die leidster van die beweging, prof. Kylie Thomas, het onlangs bedank omdat sy haar nie langer met die universiteit kon vereenselwig nie en omdat sy meen dat haar revolusionêre taak op die kampus vervul is.

Die Universiteit Wes-Kaapland bly steeds gesluit en niemand word op die kampus toegelaat nie, nie eens die rektor nie. Volgens ‘n dosent aan dié universiteit “is die situasie nou erger as in die tagtigerjare” toe daar onder die regering van PW Botha georganiseerde opstand en onluste vanuit die buiteland befonds en aangehits is. Etlike miljoene rand se skade is reeds aan universiteitsgeboue en ander eiendom aangerig.

In ‘n afsonderlike voorval in Februarie vandeesjaar is ‘n gebou op die kampus van Stellenbosch, die 56-jarige Van der Sterr-gebou, in ligte laaie gelaat. Dit is nog onduidelik of dit weens brandstigting was.

‘n Vorige weergawe van dié berig en veral ‘n foto van die brandende Van der Sterr-gebou het die indruk gewek dat die brandende gebou dalk met die studentebetogings op die kampus verband kon hou, waarteen die Universiteit van Stellenbosch beswaar gemaak het. Ons plaas die reaksie van die universiteit se mediabeampte, Susan van der Merwe:

Op die PRAAG-webblad is daar twee sake rakende die Universiteit Stellenbosch wat 1) nie feitelik korrek is nie, en 2) ‘n wanvoorstelling skep van die protesaksie op die Stellenbosch-kampus.

Die foto van die brandende Van der Sterr-gebou by die berig oor protesaksie op kampus, is ‘n opsetlike wanvoorstelling. Die brand in die gebou was maande gelede en het niks met protesaksies of brandstigting te doen gehad nie. Die berig oor taal aan die US. Daar is nie sprake van ‘terugkrabbel’ nie. Die Bestuur se verklaring oor die gebruik van taal aan die US is ‘n gespreksdokument wat met verskillende belangegroepe op kampus bespreek sal word, en die beginsels verwoord in die verklaring sal as vertrekpunte vir hierdie gesprekke gebruik word. Ek haal twee kolpunte aan uit die jongste kommunikasie met die kampusgemeenskap:

  • Dit is nie akkuraat dat ons Bestuurspan ons verklaring van 12 November teruggetrek het nie. Ons bly daartoe verbind om die akademiese aanbod in Afrikaans en Engels uit te brei, asook tot effektiewe interne kommunikasie wat nie belangegroepe uitsluit nie.
  • Ons bly ook volkome daartoe verbind om die statutêre  prosesse te volg om veranderings aan die Taalbeleid en Taalplan aan te bring.

Susan van der Merwe
Bemarking en Kommunikasie
Universiteit Stellenbosch

Comments

13 responses to “Eksamens onder polisiebewaking by Maties terwyl brandstigting voortduur”

  1. Andy van Vuuren Avatar

    Hierdie is nie studente nie. Dit is teroriste, en hulle het GEEN belang daarby om te swat nie, hulle wil die land onregeerbaar maak.

    1. Kaylee van Yken Avatar
      Kaylee van Yken

      Hallo Andy, ek vertrou dit gaan goed met julle.

      Ek stem 100% saam met jou kommentaar.

      Groetnis, Kaylee.

      NS: Wat het van Dolk en Rifrug geword, ek self was lanklaas op my rekenaar.

      1. Andy van Vuuren Avatar

        Naand Kaylee,
        dankie.
        Ja ek het ook opgemerk dat hulle kommentare skielik weg is.
        Ek vertrou ook maar dat alles nog reg is by hulle en dat hulle seker net n breek gevat het vir nuwe asem, haha.
        Ek self breek ook maar soms bietjie weg want al die kommentaar is soms baie morbied.
        Ek het jou ook gemis en Bad Moon vat ook soms n brekie.
        Ek vertrou alles nog reg daar by jou kant ook.
        Seën.

  2. Kaylee van Yken Avatar
    Kaylee van Yken

    Barbare – as jy nie eers respek vir jouself het nie, dan is daar defnitief nie salf aan te smeer nie. Los die spul laat hulle alles verwoes.

  3. Riempies Avatar
    Riempies

    Die swart probleem waarteenoor die hele wereld magteloos is –
    is hulle onbeheerde aanteel. In hulle natuurlike staat het die natuur die
    balans gehou – nou wat hulle blootgestel is aan die westerse leefwyse teel
    hulle erger as konyne – uit werk, uit voedsel, uit n dak oor hulle kop, uit
    water om te drink, en die prys wat hulle daarvoor gaan betaal – gaan onmenslik genadeloos
    wees.
    Nou hoor ek die ANC begin huise bou dat die biesies bewe – (natuurlik
    vir stemme volgende jaar) – sê n swarte vir my ek soek nie hulle se RDP huise
    nie, die ANC huise hulle is rubbish,ons soek huise soos wat die boere vir ons
    gebou het.
    Terloops alles in Afrikaans vir my gesê.

  4. Guest Avatar
    Guest

    Seems ISIS have hit Maties with the help of Wim.

  5. Corrupt_comrat_nr1 Avatar
    Corrupt_comrat_nr1

    any excuse to burn,loot and destroy will do with the “students”

    1. Andy van Vuuren Avatar

      Jy is reg en enige BOBEJAAN kan dit doen, maar bou en ontwikkel……….
      ag neewat dan kan jy maar los, hulle is nie gebou vir dit nie, net vir party en aanteel.

  6. Lanab Avatar
    Lanab

    Hierdie artikel is belaglik en die slapgat joernalisme nog erger. https://www.enca.com/south-africa/maties-building-fire

  7. G Avatar
    G

    Hierdie berig sê omtrent dieselfde oor die rassespanning wat daar aangeblaas word en dis uit ‘n linkse koerant: http://www.iol.co.za/news/south-africa/western-cape/maties-statue-tussle-caught-on-video-1.1947351#.Vky6ndIrLIU

  8. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Interessant dat hulle die Van der Ster gebou afbrand, die Statistiek Departement was daar. Seker vies dat die statistiese wetenskappe hul onvermoë om enigiets te doen so uitwys.

  9. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    Die Van der Sterr-gebou het vroeër vanjaar afgebrand a.g.v. spontane redes.

    Wat egter in hierdie video gebeur, is veel erger as brandstigting.

    https://www.facebook.com/319895538134510/videos/322203674570363/?pnref=story

  10. Riempies Avatar
    Riempies

    Hoekom so heftig? Ek moes seker n liddoring raakgetrap het. 😉

Leave a Reply