Die eerste matriekvraestel het uitgelek.
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, is vandag in Limpopo waar die Lewenswetenskappe-vraestel Dinsdagoggend uitgelek het. Sy het die misdryf toegeskryf aan ‘n gebrek aan hulpbronne.
“Die eksamenkantore in Pietersburg (Polokwane) het nie telefoonlyne, fakslyne en of internetverbinding nie. Amptenare gebruik van hul private selfone en private 3G konneksie,” het sy gesê. “Die gebrek aan basiese hulpbronne is ‘n volgehoue uitdaging.”
Sy sê slegs leerders wat geraak word, sal die vraestel moet herskryf.
Die departement het gesê die polisie en die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) sal help met die ondersoek om die skuldiges aan die pen te laat ry.
Die departement het gesê ‘n taakspan wat aangestel sal word, sal die omstandighede rondom die lekkasie ondersoek.
Aanvanklike ondersoeke het aan die lig gebring dat twee leerlinge van die Sekondêre Marude naby Thohoyandou onwettig die vraestel in die hande gekry het en gedeel het met vriende voor eksamen.
Die departement het in ‘n verklaring gesê: “Teen ongeveer 06:00 Maandagoggend (16 November 2015) het ons ‘n wenk ontvang by die departement van Basiese Onderwys dat die Lewenswetenskappe Vraestel 2 uitgelek het.”
Die departement het bevestig dat die vraestel wat gelek is, die amptelike 2015-vraestel is slegs ‘n uur voor die eksamen begin het.
Die matriekeksamen eindig op Vrydag 27 November.

Gebrek aan hulpbronne? Miskien moet Angie & Kie ook maar hulself bederf met ‘n gratis (hoes-proes) tablet of twee, dan kan hulle saam met hul leerders leer. Dis jammer dat hulle elektrisiteit daar geniet maar niks met dit kan doen nie!
Lewenswetenskappe-vraestel –
vraag 1: Lys ( d.w.s. sonder om te bespreek), 7 maniere om ‘n vraestel voor die tyd in die hande te kry. (let wel – d.w.s. beteken dit wil sê)
Vraag 2: Lys 5 maniere om die cripnotes weg te steek.
Vraag 3: Wat is die kleur van die son?
Probleemoplossing: Jy besef dat jy jou cribnotas in die taxi vergeet
het. Hoe sal jy Sipho, wat 2 rye van jou af sit, se cribnotas leen
sonder dat die toesighouer jou sien?
toohless angie is totaal uit haar diepte. Elke jaar is daar ‘n ander verskoning
Wat is die oorsaak vir die aanhoudende diefstal?
Dalk is dit deel van hul opvoeding … ?
Hehehe, opvoeding deur wie? Die onderwys stelsel is deur spierwittes ontwerp.
Nie die huidige een nie
O, was Mary Metcalfe toe al die tyd swart?
Opvoetering eerder.
cadre-greed as defined in the anc’s political handbook for dummies
Kon sy nie maar net jammer sê vir haar onbevoeg, onbekwame en oneerlike span nie? “Ek het nie Internet nie, kom ek lek ‘n vraestel”
Ja, ek wonder hoe vraestelle nie gelek het voor internet in SA gekom het nie.
‘n Gebrek aan hulpbronne, so dis nie apartheid of die tokkelossie se skuld nie? Eienaardig.
En die tokkelossie praat ALTYD Afrikaans.