Tuks kapituleer voor EFF en radikale groepe oor Afrikaans

Die Universiteit van Pretoria het gisteraand voor radikale drukgroepe soos die “EFF-studenteweermag” gekapituleer en slegs Engels as onderrig- en voertaal aanvaar. In ‘n verklaring wat die universiteit uitgereik het, aanvaar die instelling Engels as “primêre taal van onderrig en assessering” en veklaar dat “die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal geleidelik uitgefaseer word”: Die Raad van

Lees verder: Tuks kapituleer voor EFF en radikale groepe oor Afrikaans

Dan Roodt: Tyd om op te staan vir Afrikaans!

Die nuus wat elders berig word, dat sowel Maties as Tukkies van Afrikaans ontslae raak op ‘n swart dag vir Afrikaans, stel Afrikaners voor ‘n onverbiddelike keuse: óf ons moet voortgesette politieke, kulturele en talige oorheersing aanvaar, óf ons moet daarteen in opstand kom. Soos die filosoof Carl Schmitt gesê het: “Sê my wie jou

Lees verder: Dan Roodt: Tyd om op te staan vir Afrikaans!

Ergste opstand sedert einde van Apartheid duur voort

Die Verkiesingskommissie het die politieke geweld in dele van die land in die aanloop tot die munisipale verkiesing op 3 Augustus, veroordeel. Die voorsitter van die kommissie, Glen Mashinini sê die verkiesing kan nie as vry en regverdig verklaar word indien huidige toestande so voortduur nie, maar die ANC weier steeds om die ongewilde burgemeesterskandidaat

Lees verder: Ergste opstand sedert einde van Apartheid duur voort

Ryk Hillary kry Donald nie afgeskud nie

Luidens ‘n nuwe verslag wat deur die Amerikaanse Federale Verkiesingskommissie bekendgemaak is, het Hillary byna 10 meer hulpbronne om die presidentsverkiesing aan te pak. Die kommissie toon aan dat die Demokratiese party se waarskynlike presidentskandidaat Clinton, bykans nege keer meer geld en tien keer meer personeel beskikbaar het vir haar verkiesingsveldtog as haar Republikeinse teenstander,

Lees verder: Ryk Hillary kry Donald nie afgeskud nie

Duisternis oor dele van Pretoria nadat oproeriges Eskom verjaag

Eskom het Dinsdagaand gesê dat ‘n hoogspanningstransformator by Mapopane-Oos se elektrisiteit-substasie omstreeks 18:00 onklaar geraak het, wat dele van Pretoria in duisternis gelaat het. Pretoria gaan tans gebuk onder die grootste enkele vlaag van geweld sedert die ANC aan bewind gekom het. Die kragvoorsiener het gesê ‘n aantal substasies regoor die Tshwane-gebied word daardeur geraak,

Lees verder: Duisternis oor dele van Pretoria nadat oproeriges Eskom verjaag

Polisie ontken skerppuntaksie teen oproeriges

‘n Groep oproeriges het van lewendige ammunisie gebruik gemaak terwyl hulle probeer het om in te breek in ‘n winkelsentrum in Mamelodi Dinsdag, het die polisie gesê. Iemand het die slot van die geslote ingang na die sentrum afgeskiet, het ‘n polisiewoordvoerder gesê. “Ons het dadelik gereageer en die skare uitmekaar gejaag,” het die beampte

Lees verder: Polisie ontken skerppuntaksie teen oproeriges

Topdiplomaat in Namibië aangeval, sakeman vermoor

‘n Topdiplomaat is Woensdagaand in Swakopmund, Namibië aangeval en vir dood agtergelaat. In ‘n ander voorval is ‘n bekende sakeman doodgeskiet. Merete Dyrud sou waarskynlik nie die aanval oorleef het as ‘n vryskutjoernalis, Linette Smit Russell, haar nie oor die beseerde vrou se welstand bekommer het nie. Dyrud is tweede in bevel in die Norweegse

Lees verder: Topdiplomaat in Namibië aangeval, sakeman vermoor

Dieretuin moet ingryp om baba-seekoei van ouers te red

Ná ‘n onderdonsie tussen mamma- en pappa-seekoei by die Bloemfonteinse Dieretuin, moes die personeel noodgedwonge ingryp en baba-seekoei self met die hand groot te maak. Darryl Barnes, bestuurder van die dieretuin, sê die klein Tsebo, wat op 29 Mei gebore is, ontvang tans intensiewe behandeling nadat sy beserings tydens die geveg tussen haar ouers opgedoen

Lees verder: Dieretuin moet ingryp om baba-seekoei van ouers te red

Weermag nie in Pretoria ontplooi nie

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê die regering sal nie die weermag in Pretoria ontplooi teen oproermakers nie. Sy het die oproeriges anargiste en boewe genoem wat die hoofstad van Suid-Afrika, Pretoria verwoes. Die Gautreinverkeer is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas om die veiligheid van pendelaars te verseker. Eiendomme in onder meer Atteridgeville, Mamelodi

Lees verder: Weermag nie in Pretoria ontplooi nie

EU-ambassadeur oefen sy papegaaitaal op Suid-Afrika

Die pro-EU Britse Moslem, baronnes Warsi, se klagtes oor “xenofobie en rassisme” in Brittanje het skaars opgeklink of die ambassadeur van die Europese Unie (EU) in Suid-Afrika, Marcus Cornaro, sê Europa gaan gebuk onder ‘n “kommerwekkende styging van rassisme en xenofobie”. Cornaro het sy eenwêreldpapegaaitaal by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Bellville-kampus Maandag

Lees verder: EU-ambassadeur oefen sy papegaaitaal op Suid-Afrika