Eskom het laat Donderdagaand sy fase drie beurtkrag beëindig, maar het gewaarsku dat dit kan tyd neem om die kragtoevoer na alle gebiede te herstel, het RSG berig. Die kragverskaffer gaan gebuk onder geweldige druk om die ligte aan te hou, met 27 van sy 87 kragopwekkers wat Donderdag nie behoorlik gefunksioneer het nie. Dit
Klagtes van mishandeling by Infanterieskool ondersoek
Die departement van verdediging gaan glo bewerings van fisieke asook verbale mishandeling by die weermag se infanterieskool op Oudtshoorn ondersoek, het Sapa berig. “Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula wil dit graag duidelik stel dat geen vorm van mishandeling op militêre basisse geduld sal word nie,” het Joy Nonzukiso Peter, woordvoerder van die departement, in ‘n verklaring gesê.
Lees verder: Klagtes van mishandeling by Infanterieskool ondersoek
Noord-Koreane ontken bande met wapenbedryf in Namibië
Die Namibiese tak van die Noord-Koreaanse staatsmaatskappy Mansudae Overseas Project Group of Companies (M.O.P.) sê hy het géén bande met die omstrede Korea Mining Development Trade Corporation (KOMID) teen wie streng internasionale sanksies ingestel is nie. KOMID is Noord-Korea se grootste wapenhandelaar en is by die verspreiding van ballistiese missiele en ander wapentuig aan lande
Lees verder: Noord-Koreane ontken bande met wapenbedryf in Namibië
Persklub betreur die sluiting van Sapa
Die Nasionale Persklub sê die sluiting van die nuusagentskap Sapa is ‘n hartseer dag vir die mediabedryf. Jos Charle sê Sapa was vir baie dekades ‘n betroubare vennoot in die mediabedryf wat nuusinhoud gegenereer en verskaf het wat deur die meeste mediahuise gebruik is. Sapa se raad het Donderdag aangekondig dat die nuusagentskap se laaste
Indonesië stel veiligheid vir lugrederye uit
Indonesië se ministerie van vervoer het Donderdag gesê planne om volgende maand die veiligheidgradering aan te kondig van lugrederye wat in die land werksaam is, is tot Junie uitgestel, het Xinhua berig. Die veiligheidsgraderings is daarop gemik om veiligheid binne die plaaslike lugvaarbedryf te verbeter, het ’n beampte gister gesê. Die land se minister van
Vryheid vir Steve Hofmeyr en alle kunstenaars by kunstefeeste!
[emailpetition id=”3″] [signaturelist id=”3″]
Lees verder: Vryheid vir Steve Hofmeyr en alle kunstenaars by kunstefeeste!
China bekyk GMO-beheer
’n Chinese amptenaar het gister gesê dié land gaan te midde van toenemende kommer oor veiligheid sy navorsing, beheer en bewusmaking oor die genetiese modifikasie van organismes (GMO) verbeter. “GM-tegnologie is baie belowend en daarom moet ons die voortou met navorsing neem aangesien China oor beperkte landbouhulpbronne beskik,” het die adjunkhoof van die mees gevorderde
Krisis in die Oekraïne nader breekpunt
Minstens 7 mense is Maandag doodgeskiet en sowat 19 beseer in grofgeskut-aanvalle toe regeringsmagte en selfverdedigingsgroepe in Donetsk in die ooste van die Oekraïne op mekaar losgebrand het, het owerhede in dié land Woensdag gesê. Die krisis in die Oekraïne nader breekpunt soos ontleders voorheen gewaarsku het dit sou, nadat die VSA ‘n kleurrewolusie vanaf
Oproer saai oral chaos
‘n Vierde skool is by Khakhanwa in Malamulele in Limpopo aan die brand gesteek omdat hulle klasse voortgesit het. Ouers het die skool probeer bewaak te midde van die laaste vier weke se oproer in die gebied. Drie skole in die gebied is vroeër dié week ook aan die brand gesteek. Dienste en toegang tot
DA betoog teen Eskom-monopolie
Die DA het Woensdag gesê die regering se monopolie op kragvoorsiening moet gebreek word en privaatelektrisiteitsprodusente moet in die mark toegelaat word om mee te ding, het Sapa berig. “Kom ons breek die monopolie voor Eskom ons breek,” het Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, aan ondersteuners in Johannesburg gesê. Die DA het buite
