Rooi Rose vir Oos-Duitsland

Brigitte Weidlich, ‘n gebore Namibiër en deesdae ‘n vry­skutjoernalis, het in 1989 in die musiekdepartement van ’n private radiostasie in München gewerk, het sy aan die Republikein vertel. Op die geskiedkundige aand toe die aankondiging in Oos-Duitsland gemaak is dat grensposte na Wes-Berlyn oop is, was sy nie tuis nie en het gevolglik niks van

Lees verder: Rooi Rose vir Oos-Duitsland

Katalane steur hulle min aan weermag, Grondwethof

Met twee Grondwethofbeslissings wat dit verbied, het twee miljoen Katalane Sondag in elk geval gaan stem vir onafhanklikheid van Spanje. Die Spaanse regering het nie aangedui watter regstappe geneem sal word teen Katalaanse leiers nie. Voorlopige uitslae van die nie-bindende referendum toon dat meer as 80 persent van kiesers die onafhanklikheid van die rykste gebied steun.

Lees verder: Katalane steur hulle min aan weermag, Grondwethof

Geweld breek uit by Jeugliga-verkiesingskonferensie

Talle beseerdes is in Oos-Londen na hospitale geneem nadat geweld oornag by die ANC-jeugliga se Oos-Kaapse verkiesingskonferensie uitgebreek het, het RSG berig. Gevegte het begin toe verskillende groepe nie oor die kwalifiserende vereistes kon ooreenkom voor die provinsiale leierskap verkies is nie. Honderde ondersteuners van Sicelo Mdletshe is na die konfrontasie uit die saal verwyder.

Lees verder: Geweld breek uit by Jeugliga-verkiesingskonferensie

Oscar het nie badkamer, Krejcir nie DSTV nie

Die departement van Korrektiewe Dienste het berigte ontken dat die Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius ‘n spesiale badkamer gaan kry. Die departement van korrektiewe dienste het Sondag ontken dat daar ʼn spesiale badkamer vir Pistorius gebou word in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria. “Die beplanning en bou van die badkamer en ander algemene instandhouding deur RC

Lees verder: Oscar het nie badkamer, Krejcir nie DSTV nie

Van Nkandla na spioenasiebande

Die DA het bevestig dat hulle regstappe weens die sogenaamde spioenasiebande sal neem, nadat hul veldtog teen Nkandla nie veel opgelewer het nie. Die party het vroeër gesê dat hy ‘n regshersiening gaan vra rakende die korrupsieaanklagte wat teen President Jacob Zuma laat vaar is. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wou, in navolging van die Presidensie nie kommentaar lewer oor die beweerde

Lees verder: Van Nkandla na spioenasiebande

ANC-alliansie steier onder Numsa se skorsing

Cosatu se eenheid en die stabiliteit van die regerende alliansie is ‘n swaar slag toegedien na die uitsetting van Numsa, die vakbondfederasie se grootste vennoot. Numsa is die naweek by ‘n vergadering van Cosatu se sentrale uitvoerende komitee uit die vakbondfederasie geskors. Die stap, wat in die vroeë oggendure Saterdag besluit is, plaas die ANC-eenheid ook in gevaar. Die skorsing

Lees verder: ANC-alliansie steier onder Numsa se skorsing

Brand eis troetelpapegaai

‘n Inwoner van Meiringspark is hoogs ontsteld na sy huis af gebrand het en sy geliefde papegaai nie gered kom word nie. Terwyl die vlamme om hom in ‘n brandende huis opgeslaan het, het Xander Rehbock tevergeefs probeer om Kerneels, ‘n African Grey-papegaai te red, het Record East berig. Clive Oosthuizen en Marie Rehbock van

Lees verder: Brand eis troetelpapegaai

Video: Indien geen vordering met regeringsgesprek, sal Volksraad litigasie vir selfbeskikking voortsit

Na afloop van die vergadering van die Afrikaner- Strategiese Komitee in Pretoria op 8 November 2014, het ons ‘n onderhoud met mnr. Andries Breytenbach, voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad oor hul onderhandelings met die ANC-bewind insake selfbeskikking gevoer. Tot dusver het daar ‘n enkele gesprek met mnr. Cyril Ramaphosa, adjunkleier van die ANC en voorsitter van

Lees verder: Video: Indien geen vordering met regeringsgesprek, sal Volksraad litigasie vir selfbeskikking voortsit

Uitlatings oor Dookoom se Larney-liedjie herbesoek

Oor Herman Wasserman se artikel oor die Larney-liedjie van Dookoom het ek geskryf: “Dit is myns insiens een van die onbetaamlikste stukkies joernalistiek wat ooit in Die Burger gepubliseer is” (Praag 26 Oktober). Ek vind Wasserman se teks, asook die onverdunde anti-Afrikanergesindheid onderliggend daaraan, dermate onverteerbaar dat ek vandag die aandag op drie reaksies wil

Lees verder: Uitlatings oor Dookoom se Larney-liedjie herbesoek

‘Apartheid-twiet’: Wat wou Steve Hofmeyr eintlik sê?

Die stryd wat tans rondom die sanger Steve Hofmeyr woed, het breë gevolge vir die voortbestaan van Afrikaners en die Suid-Afrikaanse politiek in die algemeen. By tye in die verlede het Afrikaanse sangers en kunstenaars ‘n veel belangriker rol as politici gespeel om die geskiedenis ‘n nuwe rigting te laat inslaan en vandag is dit

Lees verder: ‘Apartheid-twiet’: Wat wou Steve Hofmeyr eintlik sê?