praag.co.za

ANC-alliansie steier onder Numsa se skorsing

Written by

in

,

Cosatu se eenheid en die stabiliteit van die regerende alliansie is ‘n swaar slag toegedien na die uitsetting van Numsa, die vakbondfederasie se grootste vennoot.

Numsa is die naweek by ‘n vergadering van Cosatu se sentrale uitvoerende komitee uit die vakbondfederasie geskors.

Die stap, wat in die vroeë oggendure Saterdag besluit is, plaas die ANC-eenheid ook in gevaar.

Die skorsing volg nadat Numsa besluit het om nie die ANC in vanjaar se verkiesings te steun nie, om werkers van buite die vakbond se tradisionele steunbasis te werf, en ‘n beroep op Cosatu om van die drieparty-alliansie weg te breek.

Cosatu se bondgenote kon egter nie duidelik uitspel wat die implikasies van die federasie se skuif teen Numsa is nie.

Die ANC het intussen ‘n oproep gedoen vir die “beginselvaste eenheid van die werkersklas.”

Sekretaris-generaal Gwede Mantashe het gesê “enige verdeeldheid onderling of tussen van die alliansie-vennote is sleg vir die ANC en die samelewing”.

Een van die gevolge is onder meer dat ander vakbonde wat Numsa ondersteun, ook uit Cosatu sal stap.

Dit sal gebeur as die dominante faksie wat verantwoordelik is vir die besluit, van sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi volgende ontslae raak.

Die hoofsekretaris van die mynwerkersvakbond NUM, Frans Baleni het die leierskap van die metaalwerkersvakbond Numsa gevra om binnegevegte te staak en op eenheid onder werkers te fokus.

Baleni het vroeër openlik sy spyt uitgespreek met Numsa se skorsing uit Cosatu.

Numsa se hoofsekretaris, Irvin Jim het dit egter verwerp. Hy het Baleni van skynheiligheid beskuldig en sê hy was onder diegene wat Numsa se skorsing voorgestaan het.

Baleni sê Numsa is die slagoffer van sy eie omstandighede.

Die ANC sal Maandag ‘n nuuskonferensie in Johannesburg hou oor die jongste verwikkelinge.

Die ANC het Numsa se skorsing vroeër as ‘n tragedie bestempel. Die ANC woordvoerder, Zizi Kodwa sê ‘n verswakte en verdeelde Cosatu maak werkers kwesbaar.

Volgens Kodwa sal die ANC aanhou om in gesprek te tree met alle rolspelers.

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty het ook sy kommer oor die skorsing uitgespreek.

Comments

8 responses to “ANC-alliansie steier onder Numsa se skorsing”

  1. Witbeer Avatar
    Witbeer

    die volkies baklei die volkies, anc teen eff, Xhosa teen Zulu, anc baklei intern, vakbonde vak mekaar op , man dis afrika op sy beste.

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Daar is nie meer iets oor wat nog staan van die Afrikaners wat hulle kan verwoes nie nou draai hulle opmekaar want die genetiese dryfkrag bly maar n pestelensie om gelukkig te hou.

      Is Zuma op vakansie of is hy siek? Ramaphosa hou darrem nou al lank asem op.

      1. Witbeer Avatar
        Witbeer

        Goed dat jy terug is hier Riempies.

    2. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Jy is reg en almal sê dat ons nie ‘n burgeroorlog om mag in die land sal kry nie. Ek is juis so twee weke gelede hier op Praag oor my uitlatings oor die kole gehaal – kan nie onthou deur wie nie. Dit is die laaste ding wat nodig is om ZA te laat oorgaan in die gefaalde afrika staat – net soos die res van afrika.

      1. Witbeer Avatar
        Witbeer

        Rooikop, burgeloorlog is nie “of” nie maar “wanneer”

        1. Rooikop Avatar
          Rooikop

          Jy is reg – dit is wanneer. Ongelukkig gaan die spul ons ook aanvat in hierdie bakleiery van hulle. Ons moet daar uitbly. Dit het niks met ons te doen nie – ongelukkig is dit my en jou eiendom wat ook in die slag gaan bly en glo my daar is vele wat spesifiek vir ons sal kom. Ek hoop ons mense is gereed.

          1. Sjert Avatar
            Sjert

            Ek deel jou kommer Rooikop.
            Nietemin. Geskiedenis het bewys dat elke krisis nuwe geleenthede bied.
            Indien daar so ‘n bakleiery sou plaasvind, kan dit moontlik ook Afrikaners saamsnoer, wat moontlik positiewe gevolge kan inhou…

          2. Rooikop Avatar
            Rooikop

            Ek hoop van harte so.

Leave a Reply