Kleinhandelverkope in Suid-Afrika het almal verras, het RSG berig. Dit het in Februarie met vier persent teenoor die ooreenstemmende tyd verlede jaar toegeneem. Die syfer is beter as wat verwag is. Kleinhandelverkope het die afgelope twee maande teleurgestel. Dit het in Desember gedaal en in Januarie effens herstel. Statistieke Suid-Afrika sê die grootste stygings was
Dalai Lama beskuldig dat hy volgelinge aanhits tot immolasie
Die Chinese regering beskuldig die Dalai Lama daarvan dat hy sy volgelinge in Tibet opsweep om hulself te verbrand. Die regering het gister ’n verklaring uitgereik waarin die 79-jarige leier daarvan beskuldig word dat hy sy volgelinge manipuleer. Volgens die International Campaign for Tibet het 113 mans en 24 vroue hulself al sedert Maart 2011
Lees verder: Dalai Lama beskuldig dat hy volgelinge aanhits tot immolasie
Buitelandse winkels in Johannesburg sluit na dreigemente
Winkels in buitelandse besit in Johannesburg se middestad het begin om hul deure te sluit ná gerugte dat ‘n skare dreig om op ‘n plunderveldtog te gaan. Nuus24 berig dat die meeste winkels op Breëstraat reeds gesluit is. Eyewitness News het getwiet dat daar dreigemente van geweld in die sentrum Johannesburg is en sommige winkels
Lees verder: Buitelandse winkels in Johannesburg sluit na dreigemente
MK dreig Vavi met dood
‘n Lid van Umkhonto we Sizwe Militêre veterane in Limpopo dreig om die geskorste Cosatu-sekretaris generaal Zwelinzima Vavi te vermoor, het Nuus24 berig. Ondervoorsitter van die veterane-organisasie, Jack Lulamile, het aan vakbondverteenwoordigers gesê hulle moet vir Vavi sê Lulamile Jack, Chris Hani se voormalige lyfwag, gaan hom vermoor omdat hy Cosatu verraai het. Lulamile en
Eskom kondig Fase 1-beurtkrag aan
Eskom het aangekondig dat hulle Fase 1-beurtkrag en kragvermindering van 06:00 vanoggend tot 22:00 vanaand sal toepas. Dit volg nadat Eskom gister Fase 2-beurtkrag rondom 16:00 gistermiddag tot Fase 3-beurtkrag verhoog het. Fase 3-beurtkrag is Dinsdag omstreeks 16:00 in werking gestel. Die energieverskaffer sê in ‘n verklaring dat die inwerkingstelling van Fase 3-beurtkrag duidelik wys
VN spreek kommer uit oor xenofobiese geweld
Die Verenigde Nasies se Vlugtelingagentskap het sy kommer uitgespreek oor voortslepende xenofobiese geweld in die land. Nog twaalf mense is intussen in hegtenis geneem in Durban vir openbare geweld waarin vyf mense reeds omgekom het. Die plundery het Dinsdag na die Indiërbuurt Verulam uitgebrei. Die Vlugtelingagentskap het berigte van buitelanders landwyd ontvang wat sê dat
Geweld breek weer by Medupi uit
Geweld het uitgebreek tussen die polisie en stakende konstruksiewerkers van die Medupi-kragaanleg op Ellisras (Lephalale) in Limpopo, het RSG berig. Pantservoertuie en waterkanonne is ook ingebring. Dit volg nadat polisie en werkers slaags geraak het by hostelle in die Marapong-township waar strate opnuut versper is en busse verhoed word om werkers op te laai. Motors
ISIS neem olieraffinadery in Irak oor
Militante van die Islamitiese Staat (ISIS) het ‘n deel van ‘n raffinadery in Irak oorgeneem, het Xinhua berig. Die bevelvoerder van ’n federale polisiemag wat getaak is om Irak se grootste olieraffinadery te beskerm, is Woensdag in hewige gevegte gedood. Die ISIS-militante het teen dagbreek ’n aanval op die raffinadery naby die stad Baiji in
Internasionale organisasies monitor Soedan-verkiesing
Met 15 onbekende kandidate wat teen hom staan, is daar geen werklike kompetisie vir die 71-jarige pres. Omar al-Bashir in die verkiesings wat gister in Soedan begin het nie. Soedan verskyn op die VSA se lys van “terreurstate”. Stemmery word tans deur 15 internasionale organisasies, waaronder die Arabiese Liga, gemonitor. Kiesers sal ook vir nasionale
Lees verder: Internasionale organisasies monitor Soedan-verkiesing
Herrie oor Libiese gesante in Namibië
Die Republikein berig dat die DTA se president, mnr. McHenry Venaani, sê die Namibiese regering moet ’n beduidende standpunt inneem oor watter faksie in Libië amptelik erken word. Libië is sedert die omverwerping en moord van die voormalige diktator, kolonel Muammar Gaddafi, in 2011 in politieke onrus gehul. Venaani het verlede Donderdag in die parlement
