Eskom kondig Fase 1-beurtkrag aan

Eskom het aangekondig dat hulle Fase 1-beurtkrag en kragvermindering van 06:00 vanoggend tot 22:00 vanaand sal toepas.

Dit volg nadat Eskom gister Fase 2-beurtkrag rondom 16:00 gistermiddag tot Fase 3-beurtkrag verhoog het.

Fase 3-beurtkrag is Dinsdag omstreeks 16:00 in werking gestel.

Die energieverskaffer sê in ‘n verklaring dat die inwerkingstelling van Fase 3-beurtkrag duidelik wys hoe weerbaar die stelsel op die oomblik is.

Eskom sê die stelsel is steeds onder geweldige druk en verbruikers moet asseblief elektrisiteit sover as moontlik bespaar.

5 thoughts on “Eskom kondig Fase 1-beurtkrag aan”

  1. Die koue kom en ESKOM is in die moeiliKheid. Ek het elders gelees dat hulle 9500MW verloor het Dinsdag, (Hulle totale opwekkingsvermoë het ek elders gelees is tans in die orde van 30GW – dalk bietjie meer). Dus het hulle amper ‘n derde van hulle opwekkingsvermoë verloor in ‘n kort tydjie – verder is daar stakings so die mense het nie weer die generators aan lyn gebring nie. Verder staak hulle by Medupi vir bonusse vir die “afleweing” van eenheid 6 al loop dit nog nie vol stoom nie!

    Die nag lê voor. Iemand het gespot en gesê dat hierdie beurtkrag die werklike swart gevaar is waarteen ons gewaarsku is. Hierdie kan daartoe lei dat die hele land onstabiel raak – die vonk in die kruitvat.

    1. Die ding is dat krag is die produk van Eskom – dit is soos wat hulle besigheid inkomste genereer en lewer met koper geleiers.

      Koper en krag word grootskaal gesteel en Eskom so gesaboteer

      Nou gaan hulle krag pryse verhoog om hul verlies aan inkomste te probeer verhaal.

      Totdat privaat krag opwekkers baie meer koste effektief is as Eskom Soos in die res van Afrika.

Maak 'n opvolg-bydrae