Die verkeersvloei op die R55 in Pretoria-Wes het na normaal teruggekeer nadat betogers vroeër die pad versper het. Inwoners van die Mooiplaas-lokasie het die pad met brandende bande en klippe versper, het lt.kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, gesê. “Die polisie monitor nou die situasie in die gebied. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.” Inwoners het
Kommer heers oor Wits se toekoms
Kommer heers oor die toekoms van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) nadat nóg senior personeellede te midde van herstrukturering bedank het. Die oudste universiteit in Johannesburg was onlangse in die nuus weens voorvalle van seksuele teistering wat gelei het tot die afdanking van twee swart en een wit akademiese personeellid. Verskeie top-akademici het intussen
Maponya kritiseer SEB
Sakeman Richard Maponya het kritiek teen die regering uitgespreek oor sy beleid van swart ekonomiese bemagtiging in ‘n onderhoud met die Sowetan. “Dit (SEB) is nie ‘n ware ding nie, want dit neem die self-inisiatief weg wat nodig is vir jong en opkomende entrepreneurs wat moet wakker word en die dinge self wil doen,” het
Regering gaan plase terugvat wat onderbenut word
Die regering gaan plase wat in die herkapitalisering- en ontwikkelingsprogram toegeken is, maar nie benut word nie, terugvat, het Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gesê. Nkwinti het verskeie herkapitalisering-grondhervormingsprojekte in die Vrystaat besoek. Die besoek is deel van ’n bestekopname oor vordering wat gemaak is sedert die instelling van die program vir
Lees verder: Regering gaan plase terugvat wat onderbenut word
Petroljoggiestaking verby
Die vakbond Numsa het ‘n beroep op petroljoggies gedoen om onmiddelik terug te keer werk toe. Petroljoggies het drie weke gelede begin staak terwyl hulle ‘n salarsiverhoging van 30 rand per uur geëis het. Vrydag het Numsa ‘n verhoging van twee rand per uur aanvaar wat beteken die werkers kry ‘n verhoging van 11,6 persent.
Polisie skiet meisie in oproer
Die polisie het na bewering ‘n 17-jarige meisie wat onder ‘n groep oproermakers was, doodgeskiet. Hulle het teen die sloping van hul plakkershutte in Cato Crest, Durban betoog. Vroeër vanjaar is sewe polisiebeamptes vrygespreek vir die 2011 moord op die Ficksburgse aktivis Andries Tatane. Bandile Mdlalose, sekretaris-generaal vir NGO Abahlali baseMjondolo, het gesê: “Die gemeenskap
Kenia: Die raaisel bly verdiep
‘n Week is al amper verby sedert terroriste die Westgate-winkelsentrum in Nairobi aangeval het, maar die tergendste vrae bly steeds onbeantwoord. Daar is nog geen amptelike dodetal nie. Die regering sê minstens 67 mense is dood, insluitende 61 burgerlikes en ses lede van die veiligheidsmagte. Die Keniaanse Rooikruis sê 61 mense word nog vermis. Wat
Australië beskuldig dat hulle nie asielsoekers help nie
Die dodetal het Maandagoggend gestyg tot 36 nadat ‘n skip vol asielsoekers naby die kus van Indonesië gesink het. Australië het onder kritiek deurgeloop dat hulle die tragedie toegelaat het. Die boot, wat sowat 120 asielsoekers vervoer het, het in onstuimige seetoestande gesink. Agt-en-twintig passasiers is gered maar tientalle word nog vermis. Die Australiese eerste
Lees verder: Australië beskuldig dat hulle nie asielsoekers help nie
Minister vra insette oor matriekslaagsyfer
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, wil die matriekslaagsyfer van 30% verbeter. Motshekga se departement het sedertdien ’n beroep op die publiek gedoen om kommentaar te lewer en hul menings oor die toedrag van sake te gee. Die minister vra onder meer of die huidige mininum slaagsyfer van 30% voldoende is. Leerlinge moet tans minstens
Twee sterf in Klerksdorp-vliegongeluk
Twee jong mans is dood toe hul ligte vliegtuig in ’n veld langs ’n aanloopbaan in Klerksdorp in Noordwes neergestort het, het paramedici gesê. Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, sê paramedici wat besig was om toerusting in ’n helikopter te laai, het gesien hoe die vlieënier van die vliegtuig Sondagoggend glo toertjies gedoen het. Die
