‘SA het die Titanic omgedraai in onderwys’

Angie MotshekgaDie uitslae van die vorige nasionale matriekeksamen toon dat die land se onderwysstelsel verbeter het nadat die kurrikulum hersien is, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gesê.

“Ons het die storm oorleef en die Titanic omgedraai,” het die minister op ’n konferensie by Unisa in Pretoria gesê.

Motshekga het gesê daar is merkbare tekens van vordering.

“Baie werk is gedoen om die stelsel te stabiliseer. Baie skole is redelik funksioneel en dié wat sukkel, ontvang meer ondersteuning.”

Verlede jaar se matriekslaagsyfer was 73,9% en ’n studie het ’n verbetering in wiskunde- en wetenskapuitslae getoon. Toegang tot volwasse onderwys het ook verbeter.

Motshekga het gesê die departement sal aanhou om vroeë kinderontwikkelingsprogramme te verbeter. Sy het gesê dit is ook ’n prioriteit om seker te maak daar is genoeg onderwysers en dat leerkragte behoorlik opgelei word. – Sapa

Minister vra insette oor matriekslaagsyfer

Minister Angie
Minister Angie

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, wil die matriekslaagsyfer van 30% verbeter.

Motshekga se departement het sedertdien ’n beroep op die publiek gedoen om kommentaar te lewer en hul menings oor die toedrag van sake te gee.

Die minister vra onder meer of die huidige mininum slaagsyfer van 30% voldoende is.

Leerlinge moet tans minstens 40% in tale en wiskunde kry en 30% in ander vakke om Graad 12 te slaag.

Die sluitingsdatum vir openbare konsultasie is volgende Sondag, 6 Oktober.

Insette kan per faks aan Me. K. Sechoaro by 012 323 0069 of per epos by publiccommentsnsc@dbe.gov.za gelewer word.

Matriekslaagsyfer daal met 2%

Angie Motshekga... 'teleurgestel en bekommerd'

Ongeveer 60,7 persent van matrieks het die 2009-eksamens geslaag, wat ‘n daling van effens minder as twee persent teenoor 2008 se syfer verteenwoordig, het die ANC-minister vir basiese onderwys, Angie Motshekga, vanmôre gesê.

Motshekga meen dat, hoewel die daling redelik klein is, dit “baie teleurstellend” is.

In 2008 het 62,5 persent van matrieks geslaag.

“Om te sê dat ons ongelukkig is, is om dit sagkens te stel. Ons het slapelose nagte gehad en ons daaroor bekommer.”

Sy het gesê die departement sal maatreëls in werkings stel om te sorg dat die stelsel verbeter.

Volgens haar het vakke soos wiskunde, natuurwetenskap en rekeningkunde meer aandag nodig.

Alle uitslae vir al die provinsies, Mpumalanga inkluis waar vraestelle uitgelek het, is bekendgemaak en beskikbaar aan studente.

Maandag het Umalusi gesê dat die goedkeuring van die Mpumalanga-uitslae vertraag sou word, na aanleiding van ‘n ondersoek. Dié uitslae is egter ook vandag vrygestel.

укладка ламинатлобановский александр отзывы