‘SA het die Titanic omgedraai in onderwys’

Angie Motshekga

Angie MotshekgaDie uitslae van die vorige nasionale matriekeksamen toon dat die land se onderwysstelsel verbeter het nadat die kurrikulum hersien is, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gesê.

“Ons het die storm oorleef en die Titanic omgedraai,” het die minister op ’n konferensie by Unisa in Pretoria gesê.

Motshekga het gesê daar is merkbare tekens van vordering.

“Baie werk is gedoen om die stelsel te stabiliseer. Baie skole is redelik funksioneel en dié wat sukkel, ontvang meer ondersteuning.”

Verlede jaar se matriekslaagsyfer was 73,9% en ’n studie het ’n verbetering in wiskunde- en wetenskapuitslae getoon. Toegang tot volwasse onderwys het ook verbeter.

Motshekga het gesê die departement sal aanhou om vroeë kinderontwikkelingsprogramme te verbeter. Sy het gesê dit is ook ’n prioriteit om seker te maak daar is genoeg onderwysers en dat leerkragte behoorlik opgelei word. – Sapa

11 thoughts on “‘SA het die Titanic omgedraai in onderwys’”

  1. Wie het die onderwysstelsel in die eerste plek vernietig? Die ANC is nog steeds besig om alles wat die blanke gevestig het – en wat funksioneel was- te transformeer (die liberale woord vir vernietig). Striving for the opposite of excellence is tans die modus operandi. En nou die arrogansie om voor te gee dat hulle die onderwysstelsel “gered” het? Hoeveel kinders het die onderwysstelsel reeds gefaal en gaan dit nog faal? SADTU is ten volle in beheer van die onderwysdepartement met hulle stakings, ongekwalifiseerde onderwysers en weiering om onderwysers aan kwaliteitbeheer te onderwerp. Die mees irriterende aspek is dat die kaders glo dat dit wat hulle kwytraak onmiddelik realiteit word. Hierdie is juis ‘n katastrofe omdat die drogbeelde dikwels as beleid implementeer word. Solank as wat kaders in sleutelposte ontplooi word en nie kundiges nie sal die inploffing in Suid Afrika aanhou. Om kinders se onderrig te kompromiteer om ‘n unie en ‘n spul lojale kaders gelukkig te hou is nie net laakbaar nie, dit is krimineel.

  2. Maak nie saak hoeveel keer jy die Titanic omdraai nie -dit lê steeds en roes op die seebodem.
    Liberation before education – dit is wat die ANC gepreek het. Nou pluk hulle die vrugte daarvan en kan nie verstaan hoekom daar nie presteerders uit die skole kom nie. Leer en leergierigheid is ‘n kultuur. Dit is nie net van skool toe gaan en nou is alles reg nie. Die hele leerkultuur in hierdie land is in sy pekie – ek is nou weer betrokke by tersiêre onderrig van derdejaar ingenieurs – wat ‘n gemors. Die studente verwag om vir alles lepeltjie gevoer te word. Hulle verwag vrae wat vooraf verpak is sodat hulle dit net kan antwoord en punte daarvoor kry sonder om enige bydrae met die grysstof te maak.
    Buiten die swak skoolstelsel sit ons met ‘n klomp geleerde onnoseles wat nie kan dink nie. Wat nie ‘n probleem kan insien en aanpak nie. Alles moet vooraf beantwoord wees. Hoe gaan die mense oorleef as niemand buite die mooil verpakte woolies toebroodjie kan dink nie? Die tyd wat ek op skool was, is enige kritiese denke sterk afgeraai en het tot baie konflik met onderwysers gelei. My generasie se kinders is nou groot en daarom maak dit sin dat die volgende generasie ook nie kan verder dingk as wat hulle kan googleloer nie.

  3. Regtig? Sjoe ne!!
    Die Titanic het gesink, ousie, die standaard is laer as die Titanic se onderstel op die see bodem.
    Dat leerkragte behoorlik opgelei word….jaaaaaaaa,wanneer gaan jy vir jou opleiding?
    “Baie skole is redelik funksioneel” wha ha ha ha dis hond snaaks, voordat julle oorgeneem het was ALMAL funksioneel, ok, ek gee toe, die 1700 wat julle nie afgebrand het nie…..
    As ek so na ons politici kyk kan ek sien hoe “goed” die standaard is. Pragtig!! hou so aan.
    Angie, glo jy wat jyself kwyt raak?

Maak 'n opvolg-bydrae