Onafhanklike eksamenraad se uitslae effens beter

Van die matrieks wat die onafhanklike eksamenraad (IEB) se eksamen geskryf het, het 98% geslaag. Dié eksamen is deur meer as 9.500 leerlinge van 185 skole afgelê. Die raad se bestuurshoof, Ann Oberholzer, sê dit toon ‘n geringe verbetering van 0,3 persent op verlede jaar se uitslae, het RSG berig Sy sê wat veral verblydend is,

Lees verder: Onafhanklike eksamenraad se uitslae effens beter

Cliff Saunders se seun in fratsongeluk oorlede

Die seun van ‘n voormalige SAUK-veteraan Cliff Saunders is in ‘n fratsongeluk in Soweto oorlede. Die gesoute kameraman, Dudley Saunders is deur ‘n trein getref. Hy was 45 jaar oud. Hy is deur die trein getref terwyl hy in Soweto, suid van Johannesburg verfilm het. Saunders het jare in die media gewerk, onder meer as

Lees verder: Cliff Saunders se seun in fratsongeluk oorlede

Herrie oor vet Barbiepop

‘n Herrie broei oor ‘n versoek om Barbie om te tower op ‘n manier wat strydig is met die ikoniese beeld van ‘n baie gewilde pop. Versoeke is aan Mattel gerig om ‘n plus-grootte Barbie te maak. Terwyl sommige sê die meer realistiese vet pop sal ‘n beter rolmodel vir meisies wees, het ander gesê

Lees verder: Herrie oor vet Barbiepop

Selfmoordbomaanval verskerp vrese oor Winterspele

Tien mense is dood in ‘n ontploffing op ‘n trolliebus in die Russiese stad Wolgograd in die tweede dodelike terreuraanval. Volgens berigte is tien mense dood en tien is beseer in die jongste aanval. ‘n Selfmoordbomaanval het die stad se hooftreinstasie ‘n dag vantevore geruk waarin minstens 17 mense omgekom het. Dit het vrese laat

Lees verder: Selfmoordbomaanval verskerp vrese oor Winterspele

Tembustam maan Mandelas tot kalmte

Die AbaThembu koninklike familie het die Mandela-familie tot kalmte gemaan. ‘n Woordvoerder van die familie, Daludumo Mtirara, het ‘n verklaring uitgereik na ‘n vergadering in Qunu tussen die AbaThembu koninklikes en verteenwoordigers van die Mandela-familie. Nelson Mandela se boedel sal eersdaags ter sprake kom.  Mtirara sê die familielede gevra om kalm te bly en die

Lees verder: Tembustam maan Mandelas tot kalmte

Forensiese ondersoek na polisie-skeidingspakette

‘n Forensiese ondersoek is gelas na die Suid-Afrikaanse polisiediens se afdeling wat gemoeid is met skeidingspakette. Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het gesê ‘n omvattende ondersoek sal geloods word nadat vier polisielede ivm korrupte uitbetalings vasgetrek is. Die afdeling is verantwoordelik vir die verwerking van betalings en voordele aan voormalige SAPD-werknemers. Die vier mense

Lees verder: Forensiese ondersoek na polisie-skeidingspakette

Michael Schumacher ernstig beseer in ski-ongeluk

Michael Schumacher, die voormalige Grand Prix-wêreldkampioen en een van die suksesvolste in die geskiedenis van motorsport, verkeer tans in ‘n koma in die hospitaal ná ‘n ski-ongeluk in die Franse Alpe wat gister plaasgevind het. Die Duitse renjaer, wat 44 jaar oud is en verlede jaar vir die tweede keer uitgetree het, het met sy

Lees verder: Michael Schumacher ernstig beseer in ski-ongeluk

Steve vandag voor vir roekelose bestuur

Die gewildste Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr gaan na verwagting vandag in die landdroshof op Bronkhorstspruit verskyn op aanklagte van roekelose bestuur. Die media het vroeër die datum van sy verskyning verkeerd aangekondig. Hofmeyr is twee weke gelede in hegtenis geneem in verband met ‘n spoedoortreding op dieselfde dag as wat Julius Malema ook vir ‘n

Lees verder: Steve vandag voor vir roekelose bestuur

Petrolprysskok op 1 Januarie

Volgens die departement van energie, styg die petrolprys vanaf 1 Januarie 2014 met 39 sent per liter en die dieselprys met 32 sent per liter. Die paraffienprys word met tussen 39 en 52 sent per liter verhoog. Die departement blameer hoë ru-oliepryse en die swak rand vir die groot styging in brandstofpryse. Die rand het

Lees verder: Petrolprysskok op 1 Januarie

Gesteelde Europese motors in Afrika verkoop

Westerse joernaliste popel deesdae aanmekaar oor die “nuutgevonde welvaart in Afrika”. Maar nie al daardie tekens van voorspoed soos selfone en luuksevoertuie word wettig bekom nie. Volgens Interpol word luuksemotors, veral viertrekvoertuie, wat in Suid-Europa en in Brittanje gesteel word hoofsaaklik in Afrika van die hand gesit. Tesame met Rusland, waarheen Noord-Europese gesteelde motors uitgevoer

Lees verder: Gesteelde Europese motors in Afrika verkoop