Herrie oor vet Barbiepop

vetbarbie‘n Herrie broei oor ‘n versoek om Barbie om te tower op ‘n manier wat strydig is met die ikoniese beeld van ‘n baie gewilde pop.

Versoeke is aan Mattel gerig om ‘n plus-grootte Barbie te maak. Terwyl sommige sê die meer realistiese vet pop sal ‘n beter rolmodel vir meisies wees, het ander gesê ‘n té groot Barbie sal ‘n ongesonde voorbeeld stel.

Plus Size Modeling het op 18 Desember ‘n peiling op sy Facebookbladsy gehou en gevra hoe gewild dit sal wees indien speelgoedmaatskappye begin om Plus Sized Barbie poppe te maak.

In net onder twee weke, het ‘n foto van die vet pop oor die 40.000 opduime, 5.000 kommentare en 2.700 gedeel-klikke ontvang .

“Ja, maar Barbie het nie ‘n dubbele ken nodig nie,” het een opgemerk. “Jy kan ‘plus grootte’ hê sonder die dubbele ken. Hulle kan ‘n ‘dik’ Barbie maak”.

“Uitbeelding van Barbie as ‘n realistiese vrou met werklike kurwes is ‘n baie goeie idee en sal die regte boodskap aan jong meisies oor selfbeeld uitstuur,” het ‘n ander opmerking gelui. “‘n Morbied vetsugtige Barbie is SLEG! “

Dan is daar ook die mening dat Barbie nie ‘n kind se selfbeeld raak nie: “Toe ek klein was wou ek nie lyk soos Barbie nie. […] Ek het nie gedink oor hoe ek lyk nie, ek wou net speel …”

26 thoughts on “Herrie oor vet Barbiepop”

  1. Ek het nou sowaar ALLES gehoor ! Voel vry om van my te verskil.

    Waarom ‘n pop gebruik om kinders se aandag te vestig op ‘n gesonde liggaam en leefstyl ? Dis tog deel van ‘n ouer se opvoedingstaak ?

    Wat gebeur : Beide ouers is verplig om te werk, daar word nie meer ‘n gesonde ontbyt voorsien weens ‘n tekort aan tyd, sommige moeders pak nie meer ‘n kosblik nie – die gevolg, geld word in die hand gestop en watter kind sal nie by die eerste geleentheid, die snoepie besoek ? Vanaand is almal moeg en uitgeput, en deesdae is dit makliker om enige wegneem-ete selfs per telefoon te bereik en die kos word afgelewer.

    Tog, ek wil nie mense wat oorgewig is kritiseer nie, maar moet erken, die paar jare gelede wat ek ‘n plek soos Valley of Waves besoek het, was daar meer mense, mans, vrouens sowel as kinders wat ooglopend oorgewig was.

    Ek sluit af met – ‘n pop moenie die rolmodel wees nie, maar mamma en pappa !

  2. Kan jy nou meer ! Is dit nou nie maar ‘n manier om ouers met vetsugtige kinders se gewete te stil nie ? Ek stem saam met ‘n effe meer gewig om die lyf Barbie, maar hierdie vetsugtige heeltemal oorgewig skepseltjie op die foto is ‘n besliste no-no !

      1. Lol Trips, my kleinkids se altyd ouma dis so lekker om ouma ‘n drukkie te gee want ouma is so sag. Die vakansie het ook lustig gesorg vir die ekstra klompie kilos. Dang, where did I go wrong. Nuwejaarsvoorneme is Pilatus Oefeninge + Dieet……….Alweer !

        1. Absolute waarheid, sou enigiets gee om my oumie nog ‘n laaste drukkie te gee !

          Sterkte met die dieet en oefeninge, ek gaan sommer NOU nog ‘n stuk sjokolade koek met karamel kondensmelk en versiersuiker verorber. My nuwejaarsvoorneme hou gewoonlik net tot oujaar – LOL.

          1. Eet sommer 2 groot skywe koek Trippie, een vir my part ook met ekstra caramel kondensmelk dankie..

          2. Onthou net om ‘n blikkie dieetkola saam met daai koolhidraatbomme te drink. Blykbaar kanselleer die gebrek aan koolhidrate in die dieetkola die koolhidrate in die lekker kos – ou dieetbygeloof.

          3. O nee, geen koeldrankies vir my nie, net ‘n lekker koppie 5 Rose tee.

            Ag jinne Kalium, sommige mense sukkel om van ‘n ekstra kilo of twee ontslae te raak, ek bid weer vir ‘n vetjie. 10 Kilo’s op sal wonderlik wees.

          4. Hiehie Kalium, ken ek nie daai bygeloof nie. “n Lekker groot chocolade stafie met diet koeldrank.

          5. Ja, die sjokolade laat jou beter voel dan laat die gewiggies jou slegter voel, dan eet jy weer ‘n sjokolade om beter te voel. Dis ‘n sameswering.

          6. Ek vermoed dat daar ‘n probleem met dieetkoeldrank is. Dit lyk my of dit mens vet maak, want net vet mense drink dit.

          7. Hehehe … dis so waar ! En net voor die dieetkoeldrankie is ‘n lekker sappige vleisie met vetjie en al verorber.

          1. Leana, jy het nou eendag voorgestel ek kom bly by jou vir ‘n maand, jy sal my vet voer, daarna kom jy weer na my toe ! Dit klink na ‘n “bargain”. Een hand was die ander hand.

          2. Die voorstel/aanbod staan nogsteeds Trippie. Ek sal jou kos eet en jy myne. Dit gaan beslis en verseker werk 🙂

          3. Kalium, jy praat so … ‘n paar jaar gelede het my kleinsus, wie ook sukkel met haar gewig, wragtig ‘n tandarts versoek om haar tande met draadjies te bind sodat sy kan ophou eet ! Hy het dit gedoen en ek was byna van my kop af ! Sy kon slegs vloeistof inneem met ‘n strooitjie. Ek sidder as ek dink wat alles kon verkeerd gaan ! Sy het wel 7 kilo’s in die twee maande verloor, maar nog vinniger weer opgetel ook.

          4. Ek glo dit het nie gewerk nie, die koek en tee word dan net 2 liter gaskoeldrank. Ek stem aartappelslaai wat al 2 maande agter in die yskas staan as dieetkos voor. Jy sal vinnig gewig verloor.

          5. Het my skrywe aangepas, sy woon hier by my – sy het wel 7 kilo’s verloor.

            Ag nee man, ek is juis lief vir aartappelslaai, geen kans dat dit langer as ‘n dag in my yskas sal staan nie.

          6. Oor die aartappelslaai is jy reg, kyk, ‘n aartappel is die lekkerste ding, skyfies, slappies, kapok, gebraai, gekook, ens. Koolhidraathemel.

  3. Maer Barbie maak kinders bulemies, vet Barbie maak kinders simpel, swart jellietots maak kinders rassisties , speelgoedwapens maak kinders gewelddadig, ens Lyk my speelgoedmakers het amper net soveel probleme as Afrikaners met BEE.

Maak 'n opvolg-bydrae