Herrie oor vet Barbiepop

vetbarbie‘n Herrie broei oor ‘n versoek om Barbie om te tower op ‘n manier wat strydig is met die ikoniese beeld van ‘n baie gewilde pop.

Versoeke is aan Mattel gerig om ‘n plus-grootte Barbie te maak. Terwyl sommige sê die meer realistiese vet pop sal ‘n beter rolmodel vir meisies wees, het ander gesê ‘n té groot Barbie sal ‘n ongesonde voorbeeld stel.

Plus Size Modeling het op 18 Desember ‘n peiling op sy Facebookbladsy gehou en gevra hoe gewild dit sal wees indien speelgoedmaatskappye begin om Plus Sized Barbie poppe te maak.

In net onder twee weke, het ‘n foto van die vet pop oor die 40.000 opduime, 5.000 kommentare en 2.700 gedeel-klikke ontvang .

“Ja, maar Barbie het nie ‘n dubbele ken nodig nie,” het een opgemerk. “Jy kan ‘plus grootte’ hê sonder die dubbele ken. Hulle kan ‘n ‘dik’ Barbie maak”.

“Uitbeelding van Barbie as ‘n realistiese vrou met werklike kurwes is ‘n baie goeie idee en sal die regte boodskap aan jong meisies oor selfbeeld uitstuur,” het ‘n ander opmerking gelui. “‘n Morbied vetsugtige Barbie is SLEG! “

Dan is daar ook die mening dat Barbie nie ‘n kind se selfbeeld raak nie: “Toe ek klein was wou ek nie lyk soos Barbie nie. […] Ek het nie gedink oor hoe ek lyk nie, ek wou net speel …”

Swart Barbie se prys maak moles

Walmart is in die spervuur nadat hulle die prys van ‘n swart Barbiepop gesny het sodat dit byna die helfte van ‘n wit pop kos.

Die afslagprys van die swart pop is $3.00, terwyl die wit pop steeds teen die volle prys verhandel van $5.93.

Benewens hul velkleur wat ooglopend verskil, lyk die poppe verder identies.

‘n Woordvoerder van Walmart, Melissa O’Brien, sê die prysverlaging is om van oortollige ou voorraad ontslae te raak om plek te maak vir die lentevoorraad wat op die rakke moet kom.

O’Brien sê hopelik verkoop die pop fluks teen die afslagprys. Verskillende prysaanbiedinge is deel van inventarisbestuur in die kleinhandel, het sy gesê.

Swart kritici sê egter Walmart moet meer sensitief wees oor hulle verlagings omdat sulke verlagings die swart pop devalueer.

Sosioloë wat oor die aangeleentheid genader is, dra kennis van talle sulke voorbeelde. Die verminderde koste van swart poppe is glo te wyte daaraan dat swart kinders wit poppe verkies.

Wit ouers sal nooit ‘n swart pop oorweeg nie, terwyl swart ouers dit maklikers sal doen, het een gesê.

“Good Morning America” het na Obama se inhuldiging ‘n opname gedoen en bevind dat die helfte van swart kinders wat voor ‘n keuse gestel word, ‘n wit pop verkies.

Al die kinders, wit en swart, was dit egter eens dat die wit poppe “mooier” is toe hulle daarna gevra is.

yfcnjkmyst buhsАлександр Фильчаков прокурор