praag.co.za

Petrolprysskok op 1 Januarie

Written by

in

,

petrolprysVolgens die departement van energie, styg die petrolprys vanaf 1 Januarie 2014 met 39 sent per liter en die dieselprys met 32 sent per liter.

Die paraffienprys word met tussen 39 en 52 sent per liter verhoog.

Die departement blameer hoë ru-oliepryse en die swak rand vir die groot styging in brandstofpryse.

Die rand het oor die afgelope tyd teen ‘n gemiddelde prys van R10,3581 teen die Amerikaanse dollar verhandel, teenoor R10,2121 tydens die vorige periode.

Comments

6 responses to “Petrolprysskok op 1 Januarie”

  1. Trippie Avatar
    Trippie

    NIKS in hierdie “nuwe verbeterde Suid-Afrika” kan my meer skok nie.

    1. Trippie Avatar
      Trippie

      … inteendeel, sodra die petrolprys styg, is voedselpryse volgende.

      “Oh what a circus”

  2. Leana Avatar
    Leana

    Niks nuuts in die “nuwe” Suid Afrika nie. 🙁
    Dalk is “nuwe” fietse ons voorland.

  3. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Die swak rand is die rede vir die hoër petrolprys, maar ‘n groot deel van die petrolprys is heffings. Die swak rand is ook die gevolg van ‘n onkapabel regering, so die hoër petrolprys is die skuld van die regering. Een ding van die reaksie op e-tol waarvan ek hou is dat dit lyk asof mense vir die eerste keer begin weerstand bied teen hierdie korrupte regering of verbeel ek dit?

    Ek is egter nie geskok nie, want ek het dit verwag.

    1. marula Avatar
      marula

      In Kanada is die Petrol prys in die omgewing van R14/l, en in Europa nog duurder.

  4. Riempies Avatar
    Riempies

    Natuurlik petrolprysverhogings — Erens moet die ANC regering hulle
    Etol verlies aan woekerwins opmaak.

Leave a Reply