98% van onafhanklike skole se matrikulante slaag

Die slaagsyfer vir privaatskole wat die onafhanklike eksamenraad se matriekeksamen skryf is so pas bekendgemaak. Vanjaar se slaagsyfer is 98,38% met 85,54% van kandidate wat toegang tot graadstudie verkry en 11,56% van kandidate wat vir ʼn diploma kan studeer. 10 451 kandidate, van wie 9 976 heeltyds en 475 deeltyds, het die eksamen vanjaar afgelê. Verlede jaar se slaagsyfer was 98,56%.

Wat wiskunde en fisiese wetenskappe betref, het die IEB-kandidate insgelyks goed presteer, met 89% wat in albei vakke slaag. “Die persentasie leerlinge wat 40% of meer behaal het in wiskunde is 88,6% en die persentasie leerlinge wat 40% of meer in fisiese wetenskappe behaal het, is 88,5%,” het die organisasie verklaar.

“Onderwys is soveel meer as die verwesenliking van goeie resultate in die nasionale senior-sertifikaat-eksamen,” meen Anne Oberholzer, uitvoerende hoof van die onafhanklike eksamenraad, gesê.

Die uitslae vir openbare skole sal eers op 6 Januarie aangekondig word.

Onafhanklike eksamenraad se uitslae effens beter

annoberholzer
Ann Oberholzer

Van die matrieks wat die onafhanklike eksamenraad (IEB) se eksamen geskryf het, het 98% geslaag.

Dié eksamen is deur meer as 9.500 leerlinge van 185 skole afgelê.

Die raad se bestuurshoof, Ann Oberholzer, sê dit toon ‘n geringe verbetering van 0,3 persent op verlede jaar se uitslae, het RSG berig

Sy sê wat veral verblydend is, is dat twee persent meer leerlinge vir universiteitstoelating gekwalifiseer het.

Dié persentasie het van 83 persent tot 85 persent verbeter.