98% van onafhanklike skole se matrikulante slaag

Die slaagsyfer vir privaatskole wat die onafhanklike eksamenraad se matriekeksamen skryf is so pas bekendgemaak. Vanjaar se slaagsyfer is 98,38% met 85,54% van kandidate wat toegang tot graadstudie verkry en 11,56% van kandidate wat vir ʼn diploma kan studeer. 10 451 kandidate, van wie 9 976 heeltyds en 475 deeltyds, het die eksamen vanjaar afgelê. Verlede jaar se slaagsyfer was 98,56%.

Wat wiskunde en fisiese wetenskappe betref, het die IEB-kandidate insgelyks goed presteer, met 89% wat in albei vakke slaag. “Die persentasie leerlinge wat 40% of meer behaal het in wiskunde is 88,6% en die persentasie leerlinge wat 40% of meer in fisiese wetenskappe behaal het, is 88,5%,” het die organisasie verklaar.

“Onderwys is soveel meer as die verwesenliking van goeie resultate in die nasionale senior-sertifikaat-eksamen,” meen Anne Oberholzer, uitvoerende hoof van die onafhanklike eksamenraad, gesê.

Die uitslae vir openbare skole sal eers op 6 Januarie aangekondig word.

8 thoughts on “98% van onafhanklike skole se matrikulante slaag”

  1. Hierdie 10.000 studente is bevoorreg deur apartheid. Ons moet die onafhankelike skole onmiddelik toemaak en dit tot nie-rassige staatskole transformeer, want dit sluit voorheen benadeeldes uit. Uiteraard moet ons ontslae raak van die Verwoerdistaanse vorm van wiskunde sodat voorheen benadeeldes ook wiskunde kan leer.

    Dat ons almal eendag middelmatig kan wees, ongeag velkleur of geloof!

      1. Vraag uit hul standaard graad vraestel: Hoeveel stokkies is nodig om ‘n vuur mee te maak?

        Vraag uit hul hoër graad vraestel: Gestel jy en jou vier maats het 273 Kg koper iewers opgetel, hoeveel geld sal elkeen kry as julle dit gelykop onder mekaar verdeel? As ‘n kilogram koper R37.50 per kg kos.

        Noem twee gevalle waar die binnehoeke van ‘n driehoek meer as 180 grade is.

        ens…

        1. Vraestel hoër graad Afrikaans in 2018:

          1. ‘n masekind praat nou so called ‘Standaardafrikaans’ met djou. Wat sê djy?

          a. Djy’s racisss man!
          b. Se vir hom hys actually nie cool nie
          c. Praat in Engels met ‘n moerse Afrikaanse ujitspraak dat djy nie boeretaal praatie

Maak 'n opvolg-bydrae