Twee Valke vas oor beweerde bande met Krejcir

Twee lede van die Valke is vanoggend in hegtenis geneem weens beweerde bande met die Tsjeggiese voortvlugtige, Radovan Krejcir. Die woordvoerder vir die Valke, Paul Ramaloko sê hulle word verbind met dieselfde saak van ontvoering waarin Krejcir na bewering betrokke is. Die polisiewoordvoerder, Solomon Makgale het nog nie die inhegtenisneming van ‘n tweede verdagte bevestig

Lees verder: Twee Valke vas oor beweerde bande met Krejcir

Polisiebeampte in hof oor vrou hom teister

’n Kaapse metropolisiebeampte  het hom tot die gelykheidshof gewend nadat ’n vroulike kollega hom na bewering herhaaldelik seksueel geteister het. Die 39-jarige superintendent het die Stad Kaapstad daarvan beskuldig dat hy versuim het om hom van die beampte te beskerm. Die vrou het glo herhaaldelik seksueel uitlokkende opmerkings gemaak en sy bobeen gestreel, berig The Times.

Lees verder: Polisiebeampte in hof oor vrou hom teister

Droogte gaan tekort aan rooivleis beteken

Veeboere in groot dele van die land reeds gedwing het om “tot ’n derde” van hul veekuddes te slag weens droogte. Dié uitdunning sal lei tot ’n ernstige tekort aan rooivleis, het Die Burger berig. Die kwaai droogte wat veekuddes knou, kan met dié van 1933 vergelyk word, maar dit duur reeds langer en strek

Lees verder: Droogte gaan tekort aan rooivleis beteken

Wankelrige groeisyfer vir SA verwag

Groeisyfers wat vandag deur Statistiek Suid-Afrika bekendgestel word, sal na verwagting aandui dat die stakings in die voertuig- en mynsektore hulle tol op die ekonomiese bedrywighede in die derde kwartaal van die jaar geëis het. Die meeste ekonome verwag dat die ekonomie met slegs een-komma-twee persent gegroei het. Die voorspelling is heelwat onder die vyf

Lees verder: Wankelrige groeisyfer vir SA verwag

Marikana: Brigadier verdedig bevel om te skiet

Die Marikanakommissie van Ondersoek het gehoor dat die meerderheid van die polisielede wat betrokke was by die skietery op 16 Augustus by Marikana, daarna gespanne en getraumatiseerd was. Dit was deel van die getuienis van brigadier Adriaan Calitz wat die bevelvoerder was wat regstreekse bevele aan die polisielede op die dag van die skietery gegee

Lees verder: Marikana: Brigadier verdedig bevel om te skiet

AussieGate: Indonesië kook oor bure se verraad

Indonesiërs het dié week van woede gekook oor die verraad van hul bure ná onthullings dat Australië se Seine-direktoraat die selfone van senior Indonesiese regeringsamptenare , insluitend President Susilo Bambang Yudhoyono afgeluister het, en die ergste van alles, sy vrou, Ani Yudhoyono s’n ook. Aussie-intelligensie het op die einste senior Indonesiese kabinetsamptenare gespioeneer wat, soos die

Lees verder: AussieGate: Indonesië kook oor bure se verraad

DA sal op benadeling van net een rassegroep fokus

Leiers van die Demokratiese Alliansie het Sondag na sy beleidskonferensie die noodsaaklikheid vir rasbeleid beklemtoon ten einde die “nalatenskap van apartheid” reg te stel. By ‘n perskonferensie in Kaapstad, het die DA -leier, Helen Zille gesê die party erken dat daar “beduidende korrelasie tussen ras en benadeling” is, en dat haar party “onomwonde” die behoefte aan

Lees verder: DA sal op benadeling van net een rassegroep fokus

‘Saak teen Krejcir is waterdig’

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa sê intussen hy’s vol selfvertroue dat die saak teen Radovan Krejcir waterdig is. Hy het tydens ‘n New Age sake-toespraak in Midrand noord van Johannesburg gepraat. Mthethwa sê goeie werksverhoudinge tussen speurders het belowende uitslae opgelewer. Die Tsjeggiese voortvlugtige en sy vennoot sal binne minute in die Palm Ridge

Lees verder: ‘Saak teen Krejcir is waterdig’

Nog 32 beseer in busongeluk

Lede van die Zionistekerk is beseer nadat ‘n bus waarin hulle gery het naby die Marikana tolhek in Noordwes teen ‘n vragmotor gebots het. Die 32 beseerdes is na verskillende hospitale geneem. Die passasiers was vanaf Bosbokrand na Gabarone onderweg om ‘n kerksaamtrek by te woon. – RSG

Lees verder: Nog 32 beseer in busongeluk

Israel herhaal oorlogsdreigement teen Iran

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het ‘n ooreenkoms tussen Iran en ses wêreldmagte oor Iran se kernprogram veroordeel. Volgens Netanyahu is dit ‘n “historiese fout” wat Iran in staat sal stel om kernwapens te vervaardig. Israel is fel gekant teen die opheffing van sanksies teen Iran. Netanyahu het aan sy kabinet gesê dat sy

Lees verder: Israel herhaal oorlogsdreigement teen Iran