Busongeluk buite Bloemfontein beseer 68 swartes

netcareMinstens 68 swartes is beseer toe twee busse Donderdag net buitekant Bloemfontein in die Vrystaat gebots het.

“Al die beseerdes is op die toneel behandel en na verskeie hospitale geneem,” het Santi Steinman, woordvoerder van Netcare 911 gesê.

Al die beseerdes het ernstige beserings opgedoen.

Die ongeluk het omtrent 7:00 op die N1-hoofweg gebeur.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

Busongeluk eis twee na klipgooiery

putcoTwee mense is dood en verskeie beseer toe ‘n woedende swart skare ‘n PUTCO-bus by Waterval in Mpumalanga met klippe bestook het.

Die busbestuurder het beheer verloor en die bus het van die pad afgeloop en ‘n gebou getref, het RSG berig.

Die groep mense sê hulle het glo te lank gewag vir hul bus na Pretoria en het begin om verbygaande voertuie onder die klippe te steek.

Die bestuur van PUTCO sê hulle het gister aangekondig dat daar vandag ‘n tekort aan busse sal wees omdat die meeste busse gebruik word om mense na Nelson Mandela se gedenkdiens in die Mbombela stadion te vervoer.

Swart skoolbus raak pad byster

witkoppenbusAgt-en-dertig swart skoolkinders is beseer toe die bus waarin hulle gery het, by Douglasdale noord van Johannesburg van die pad af geloop het.

Volgens ER-24 het die bus 100 kinders van Witkoppen Primary School van 10 jaar en jonger vervoer. Die bus het op die hoek van Witkoppen- en Waterfordweg in ‘n sloot beland.

Die kinders het daarin geslaag om uit die wrak te klim. Die bus was glo padwaardig, maar oorlaai aangesien dit heelwat minder kinders mag vervoer.

Die beseerdes is in die hospitaal opgeneem, en al die beseerdes is in ‘n bestendige toestand.

Die bestuurder wat nie sy naam wou bekend maak nie, sê die remme van die bus het onklaar geraak. Bekommerde ouers wou weet waarom die bus in gebruik was met swak remme.

‘n Ondersoek sal gelas word na die oorsaak van die ongeluk.