Busongeluk eis twee na klipgooiery

putcoTwee mense is dood en verskeie beseer toe ‘n woedende swart skare ‘n PUTCO-bus by Waterval in Mpumalanga met klippe bestook het.

Die busbestuurder het beheer verloor en die bus het van die pad afgeloop en ‘n gebou getref, het RSG berig.

Die groep mense sê hulle het glo te lank gewag vir hul bus na Pretoria en het begin om verbygaande voertuie onder die klippe te steek.

Die bestuur van PUTCO sê hulle het gister aangekondig dat daar vandag ‘n tekort aan busse sal wees omdat die meeste busse gebruik word om mense na Nelson Mandela se gedenkdiens in die Mbombela stadion te vervoer.

Swartman wat klip van brug afgooi ‘n ‘sadis’: aanklaer

klipBeeld berig dat die swartman wat ’n klip van ’n brug oor die N1-snelweg in Pretoria na ’n motor geslinger het, dit vir “sy eie sadistiese plesier gedoen het, om mense seer te maak”.

Só het die aanklaer in die saak, Ashwin Ramnarain, In die Pretoriase Streekhof gesê.

Landdros Solomon Mkhabela het die beskuldigde, Alpheus Qwabe, agterna op ‘n klag van poging tot moord skuldig bevind en tot ‘n totaal van ses jaar gevanisstraf gevonnis. Die feit dat Qwabe reeds drie jaar lank as verhoorafwagtende aangehou is, by die vonnisoplegging in berekening gebring.

Op 9 Mie 2010 het Qwabe ‘n enorme klip vanaf die Kerkstraatbrug oor die N1 op die motor van mnr. Paulo Franzao laat val. Franzao het die aanval oorleef, maar sy motor is dermate beskadig dat hy nie verder kon ry nie. Nie die polisie nie, maar lede van ‘n buurtwag het Qwabe in hegtenis geneem.

Twee weke voor dié voorval is ‘n motoris tydens ‘n soortgelyke insident gedood toe ‘n klip vanaf dieselfde brug sy motor verpletter het.

Volgens die landdros moes Qwabe voorsien het dat sy optrede die dood van Frantzao kon veroorsaak het en het hom daarom tien jaar gevangenisstraf opgelê, waarvan vier jaar opgeskort is.

Klipgooiers beskadig 18 busse in Pretoria

klipgooieryByna 18 busse wat aan die Pretoriase Busdiens behoort, is gedurende die week onder die klippe gesteek, het die stad gister laat weet.

“Busse van die stadsraad is sedert Maandag onderworpe aan klipgooiery wat sowel bestuurders as passasiers beseer het,” het die woordvoerder Blessing Manale in ‘n verklaring gesê.

Manale het gesê leë en volgelaaide busse is lukraak deur skares met klippe op verskeie plekke en tye geteiken.

Ander busoperateurs, waaronder Putco, Starline en Gautrein, is nie geteiken nie, het Manale gesê.

“Party van die bestuurders en passasiers is erg beseer en moes dringend hospitaal toe geneem word,” het hy gesê.

Die motief vir die klipgooiery is nie bekend nie. Die daders is ook nog nie geïdentifiseer nie.

‘n Saak van kwaadwillige saakbeskadiging is by die polisie aangemeld. – Sapa

Betogers steek N12 onder klippe

Motoriste is deur klipgooiers begroet by die Lenasia-afrit van die N12 Dinsdagaand, het die Johannesburgse metropolisie gesê.

“Dit is tans onveilig vir motoriste om op die N12 te reis,” het senior Superintendent Wayne Minnaar gesê.

Betogers  is reeds ‘n uur lank besig om klippe te gooi en die pad af te sper met brandende bande.

Motoriste word aangeraai om die Goue Hoofweg of die R554 te gebruik. Die oorsaak vir die oproer is nog nie bekend nie.

насос дляФільчаков Олександр Васильович прокурор