Motoriste is deur klipgooiers begroet by die Lenasia-afrit van die N12 Dinsdagaand, het die Johannesburgse metropolisie gesê.
“Dit is tans onveilig vir motoriste om op die N12 te reis,” het senior Superintendent Wayne Minnaar gesê.
Betogers is reeds ‘n uur lank besig om klippe te gooi en die pad af te sper met brandende bande.
Motoriste word aangeraai om die Goue Hoofweg of die R554 te gebruik. Die oorsaak vir die oproer is nog nie bekend nie.
