Mugabe weer vir vyf jaar verkies

Pres. Robert Mugabe se party het besluit dat hy as leier van dié party sal aanbly vir ten minste die volgende vyf jaar, het amptenare Dinsdag gesê.

Die Politburo van die party, vanjaar 46 jaar oud, het die besluit Maandag, net voor sy vyf-jaarlikse kongres wat later hierdie week sal plaasvind, geneem.

Dié liggaam het Mugabe (85) as enigste kandidaat vir die president van die party benoem.

Volgens kenners is dit hoogs onwaarskynlik dat enige veranderinge aangebring sal word wanneer die kongres se 5 000 afgevaardigdes Donderdag vergader.

Mugabe is die afgelope 35 jaar in beheer van Zanu-PF en is sedert Zimbabwe  in 1980 onafhanklik geword het die staatshoof.

‘n Persoonlikheidskultus het binne die party rondom hom vorm aangeneem en sommige amptenare verwys na Mugabe as “die tweede seun van god” of die “allerhoogste leier”.

Sy alleenbeheer oor Zimbabwe het in Februarie vanjaar tot ‘n einde gekom toe hy gedwing is om ‘n koalisieregering met sy groot vyand, Morgan Tsvangirai, te aanvaar.

“Ons het die benoeming vir die party se top vier posisies oorweeg en ondersteun pres. Mugabe as die party se leier en eerste sekretaris,” het Ephraim Masawi, ‘n woordvoerder, gesê.

Adjunk-president Joice Mujuru (54), wie se man, die oudweermagkommandeur Solomon as die magtigste persoon binne die party naas Mugabe gesien word, het bevestig dat haar pos ook behoue sal bly.

Die voormalige voorsitter van die party, John Nkomo, sal die tweede adjunk-president, Joseph Msika wat in Augustus vanjaar dood is, vervang. Simon Moyo (64), ambassadeur in Suid-Afrika sal intree as voorsitter van die party.

Kenners meen dat die oënskynlike vreedsame verkiesingsproses ‘n plofbare magstryd versluier wat met Mugabese aftrede of uittrede na vore sal kom.

 

насосная станцияАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae