Zuma gewilder as ooit

‘n Nuwe meningsopname het aangetoon dat president Jacob Zuma nou meer gewild as ooit tevore is.

“Kort na Zuma se eerste 100 dae as president het sy gewildheid op 57% gestaan, in September het dit na 53% gedaal. In November het dit egter ‘n hoogtepunt bereik met 58%,” sê Neil Higgs, woordvoerder vir die navorsingsmaatskappy TNS.

Die toename in Zuma se gewildheid is glo te danke aan die feit dat hy in Augustus ‘n besoek afgelê het aan Zimbabwe en ‘n taakspan saamgestel het in dié land.

“Sy gewildheid kan ook te danke wees aan die aanbevelings vir die nuwe hoofregterspos wat hy gemaak het en die bekendstelling van sy presidensiële inbelsentrum,” het Higgs gesê.

Sowat 75% van swart Suid-Afrikaners was tevrede met Zuma se leierskap. Wit Suid-Afrikaners was “verbasend” positief oor Zuma, met slegs 32% wat steeds onseker is oor sy leierskap.

“Die meerderheid bruinmense en Indiërs was nog onseker oor Zuma,” het Higgs gesê.

Die opname het ook getoon dat Zuma baie meer gewild is as voormalige president Thabo Mbeki, wat slegs 34% positiewe steun kon inpalm.

Die resultate van TNS se opname kom uit sowat drie studies wat onder 2 000 Suid-Afrikaners gedoen is in sewe van die hoof metropolitaanse gebiede in Suid-Afrika.

 

комплектующие дляtopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae