Beeld berig dat die swartman wat ’n klip van ’n brug oor die N1-snelweg in Pretoria na ’n motor geslinger het, dit vir “sy eie sadistiese plesier gedoen het, om mense seer te maak”.
Só het die aanklaer in die saak, Ashwin Ramnarain, In die Pretoriase Streekhof gesê.
Landdros Solomon Mkhabela het die beskuldigde, Alpheus Qwabe, agterna op ‘n klag van poging tot moord skuldig bevind en tot ‘n totaal van ses jaar gevanisstraf gevonnis. Die feit dat Qwabe reeds drie jaar lank as verhoorafwagtende aangehou is, by die vonnisoplegging in berekening gebring.
Op 9 Mie 2010 het Qwabe ‘n enorme klip vanaf die Kerkstraatbrug oor die N1 op die motor van mnr. Paulo Franzao laat val. Franzao het die aanval oorleef, maar sy motor is dermate beskadig dat hy nie verder kon ry nie. Nie die polisie nie, maar lede van ‘n buurtwag het Qwabe in hegtenis geneem.
Twee weke voor dié voorval is ‘n motoris tydens ‘n soortgelyke insident gedood toe ‘n klip vanaf dieselfde brug sy motor verpletter het.
Volgens die landdros moes Qwabe voorsien het dat sy optrede die dood van Frantzao kon veroorsaak het en het hom daarom tien jaar gevangenisstraf opgelê, waarvan vier jaar opgeskort is.
