Swart skoolbus raak pad byster

witkoppenbusAgt-en-dertig swart skoolkinders is beseer toe die bus waarin hulle gery het, by Douglasdale noord van Johannesburg van die pad af geloop het.

Volgens ER-24 het die bus 100 kinders van Witkoppen Primary School van 10 jaar en jonger vervoer. Die bus het op die hoek van Witkoppen- en Waterfordweg in ‘n sloot beland.

Die kinders het daarin geslaag om uit die wrak te klim. Die bus was glo padwaardig, maar oorlaai aangesien dit heelwat minder kinders mag vervoer.

Die beseerdes is in die hospitaal opgeneem, en al die beseerdes is in ‘n bestendige toestand.

Die bestuurder wat nie sy naam wou bekend maak nie, sê die remme van die bus het onklaar geraak. Bekommerde ouers wou weet waarom die bus in gebruik was met swak remme.

‘n Ondersoek sal gelas word na die oorsaak van die ongeluk.

9 thoughts on “Swart skoolbus raak pad byster”

    1. vierkleur, Net soos die opskrif seg, raak Blankes, soos jy ook die pad byster en is ‘n verleentheid vir die Afrikaanse gemeenskap.
      Ek sien jy spel jou naam met ‘n klein letter, maar jou “commintaar” is met hoofletters. Met jou intelligensie vlak is dit seker verstaanbaar.

        1. Marthinus ek het oorgekom van Naspers omrede ek die boikot steun. Indien ons nie hier welkom is nie moet julle net so seg en ons sal julle in vrede laat. Ons is opsoek na ‘n forum waarmee ons onsself kan vereenselwig, maar indien dit die algemene denke van julle ou Praag gebruikers is, kry ons die boodskap. Sal Maroela probeer, en kyk of hulle ook dieselfde voel.

          Onthou net een ding my vriend elke persoon het ‘n eie identiteit, keuse en oortuigings en stem nie noodwendig met joune saam nie al is dit mense met dieselfde doelstelling

          Indien ‘n forum, in hierdie geval Praag, wil uitbrei moet hy bereid wees om enige vorm van kommentaar met sukses kan hanteer. Geen forum kan bestaan sonder genoeg lede nie, ongeag hulle oortuigings, moet hulle vry voel om hulle seg te seg, reg of verkeerd.

          Net ‘n laaste gedagte. Op elke forum sal jy die vrot appels en die liberalistiese gemors kry. Niemand sal hulle wegkry nog minder weg wens nie.

          Geniet jou dag

          1. Seg Net as my simpel grappie bygedra dat jy
            ongelukkig voel vra ek om verskoning dit was regtig net n tong in die kies grappie.

          2. Marthinus / Riempies Dankie en ek is verseker nie hier om iemand onnodig aan te vat of onmin te saai nie. Riempies grappe is altyd welkom en ek kan dit regtig vat enige kant toe, ek is verseker nie kleinserig of fyngevoelig nie. nie. Ook negatiewe kritiek op my is nie vir my ‘n probleem nie. Marhinus ek het ook niks sleg bedoel nie, maar waardeer indien iemand reguit is en tot die punt kom en seg presies hoe hy of sy voel. Jy sal sien ek is reguit en sal nie doekies omdraai nie. Soms verkeerd en moontlik te reguit.
            Dankie vir die verduidelikings en ek het dit ook so gesien, maar wou net seker maak.

          3. Die saak is reg. Moet ek vir jou byse – ek wat
            altyd so n stiptelik mens is – was heeltemaal te laat toe die genade gawe van diplomasie uitgedeel is – daar was nie eens krummeltjie vir my oor nie, en soms sukkel ek ook met my soort van diplomasie wat net strek tussen twee punte met n
            reguitlyn 😉

          4. Ek het nie so reaksie verwag nie, ek het verwys nie die hanswors wat in hoofletters tik en sinnelose dinge kwyt raak as die “sleg” wat oorgekom het. Dit is hoekom ek dit onder hierdie “thread” kom skryf het vir jou.

            Seg Net, hierdie is nie my forum nie en jy is meer as welkom wat my betref. Jy vat tyd om iets sinvol te skryf en so ver ek kan sien het jy tyd vir meningsverskille. Als baie gesond. Ek het glad nie iets negatief bedoel teenoor jou nie.

          5. Seg Net wat ek ook wil byvoeg is hier is geen
            klieks nie, omdat almal indivdualiste is – vandag baklei jannie en sannie dat die hare waai en more gesels hulle weer dat die spoeg spat. al wanneer man en muis saamstaan is wanneer n linkse souskluitjie hier kom nes maak dan word hy saam geignoreer of saam aangeval.
            Praag is n lekker plek om te wees bytvas – jy sal dit nog self agterkom.

Maak 'n opvolg-bydrae