Die voorsitter van die kommissie van ondersoek na die multi-miljard randse wapentransaksie, regter Willie Seriti het gesê hy gaan akkoord met die departement van verdediging oor die uitstel van die kommissie se werksaamhede tot 19 Augustus.
Die departement het sy kommer uitgespreek oor die deklassifikasie van dokumente by die kommissie.
Seriti sê die uitstel sal president Jacob Zuma ook die geleentheid gee om ‘n derde kommissaris aan te stel of die regulasies te verander sodat die kommissie met net twee kommissarisse kan voortgaan.
Regter Francis Legodi het verlede week bedank.

Kommissie op kommissie op kommissie en die volle waarheid sal nog onder die mat gevee word want die kaders sal mekaar beskerm. Dit moet net een groot mat wees.
Willy ek glo na die verkiesing gaan die ANC baie minder steun hê. Hulle sal dan onder druk wees om die saak oop te vlek. Dit gaan of kan baie mense se ondergang beteken. Maar soos jy seg is het hulle ‘n groot mat, baie besems en mense wat daardie besems vee. Daar is reeds so baie onder daardie mat ingevee maar is soos ‘n taxi altyd plek vir nog.
Vroeër onder die opskrif: Wapenskandaal-ondersoek open. Het ek geseg hulle gaan hierdie ondersoek uitrek of tot na die verkiesing uitstel. Presies wat aan die gebeur is. Zuma weet voor sy siel hy het die leeue aandeel daaraan en kan nie bekostig om voor die verkiesing van bedrog aangekla te word nie. Die saak kan hom sink.
Wapenskandaal-ondersoek open