Lede van die Zionistekerk is beseer nadat ‘n bus waarin hulle gery het naby die Marikana tolhek in Noordwes teen ‘n vragmotor gebots het.
Die 32 beseerdes is na verskillende hospitale geneem.
Die passasiers was vanaf Bosbokrand na Gabarone onderweg om ‘n kerksaamtrek by te woon. – RSG
