Vlug MH370 het glo in see gestort, geen oorlewendes

Die eerste minister van Maleisië, Najib Razak, het Maandag verklaar dat al die passasiers op vlug MH370 omgekom het. Razak het gesê dat die vermiste vliegtuig in die Indiese Oseaan neergestort en almal aan boord het omgekom. Hy het gesê verdere besonderhede sal Dinsdag tydens ‘n media-inligtingsessie bekend gemaak word. “Verteenwoordigers van die vliegrampondersoekspan in die Verenigde

Lees verder: Vlug MH370 het glo in see gestort, geen oorlewendes

Onsekerheid oor stemmery

Deur Johann Theron. Dit is duidelik uit algemene kommentaar dat heelwat mense onseker is oor wie om voor te stem. Aangesien ons almal nou in die tradisionele tyd is van blootstelling aan die mooi gesiggies van elke politieke party is dit nog moeiliker om ’n besluit te neem. Daarom wend mense hulle in hierdie tye

Lees verder: Onsekerheid oor stemmery

Bodem boek II, 13: Die boerpot

‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers Bodem boek II, 12. Die wagte, Reginald en Tabitha, en drie van die motorfietsers het binne minute teruggekeer, kwetterend soos vinke, grootoog en opgewonde, met ʼn 12,5-kilogramsak mieliemeel en ʼn inkopiesak met ses blikkies boeliebief en ses blikkies tamatie-en-uiebredie. Ylbaard het beheer van die

Lees verder: Bodem boek II, 13: Die boerpot

Seta se verkwisting ondersoek

‘n Interne konsepouditverslag oor die Seta vir kuns en kultuur, het wenkbroue laat lig oor verkwisting, het City Press berig. Mike Tsotetsi, uitvoerende hoof van Theta, het via ʼn e-pos aan die koerant gesê dat die verslag nog nie aan die Seta se raad oorhandig is nie. “So ver dit die raad betref is Grant Thornton

Lees verder: Seta se verkwisting ondersoek

NVG gaan appèl aanteken teen uitspraak oor Valke-hoof

Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan appèl aanteken nadat die Durbanse hooggeregshof alle aanklagte teen die geskorste hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, ter syde gestel het. Die waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging het destyds gesê die eenheid word soos ‘n georganiseerdemisdaad-eenheid bedryf. Booysen het toe aangevoer dat die NGV gelieg het oor sekere verklarings. Genl.maj.

Lees verder: NVG gaan appèl aanteken teen uitspraak oor Valke-hoof

Tuberkulose maai onder mynwerkers

Maandag word gewy aan die stryd teen tuberkulose wêreldwyd om bewustheid aan te help. Soos met misdaad, is Suid-Afrika ook hoog op die lys lande waar hierdie siekte voorkom. Die tema vanjaar is: “Bereik die drie-miljoen”. Dit is die aantal mense, uit die sowat 9-miljoen mense met TB, wat na raming jaarliks wêreldwyd oor die

Lees verder: Tuberkulose maai onder mynwerkers

De Hoopdam vandag amptelik geopen

Die De Hoopdam, wat die dertiende grootste dam in die land sal wees, sal na verwagting ‘n 347 miljoen kubieke meter reservoirkapasiteit hê. President Jacob Zuma sal vandag die multi-miljoen-randse dam in Limpopo open. Dit het vyf jaar geduur om die dam te bou. Die minister van Waterwese, Edna Molewa en die premier van Limpopo, Stanley

Lees verder: De Hoopdam vandag amptelik geopen

DA nou ‘party van benadeling’: Niekie van den Berg

Niekie van den Berg, die eertydse radio-omroeper wat tot onlangs as DA-parlementslid gedien het, het vanoggend tydens ‘n TV-onderhoud op KykNET die DA as “die party van benadeling” bestempel. Van den Berg het intussen na die Vryheidsfront Plus oorgeloop. Op die vraag, “Sou jy by die DA gebly het as jy nie so laag op

Lees verder: DA nou ‘party van benadeling’: Niekie van den Berg

NFP hoop om KZN in te palm

Die leier van die Nasionale Vryheidsparty, Zanele Magwaza-Msibi het haar hoop uitgespreek dat die party ná die verkiesing op 7 Mei in beheer van KwaZulu-Natal sal wees. Sy het in Tembisa gepraat by ‘n geleentheid ter viering van die party se derde bestaansjaar, het RSG berig. Die NVP se verkiesingsmanifes is ook bekend gemaak. Sowat

Lees verder: NFP hoop om KZN in te palm

Boer doogeskiet, vrou met panga gekap

‘n Boer is Sondagoggend in Groot Marico in Noordwes  in die jongste plaasaanval vermoor. Die eienaars van die Sumsaren-wildreservaat, Koos Erasmus (59) en sy vrou, Martie (54), is deur drie swartes in hul huis aangeval. Die swartes het die huis deur ‘n badkamervenster binnegeding en Erasmus in sy slaapkamer doodgeskiet. Hulle het daarna sy vrou met

Lees verder: Boer doogeskiet, vrou met panga gekap