
Maandag word gewy aan die stryd teen tuberkulose wêreldwyd om bewustheid aan te help.
Soos met misdaad, is Suid-Afrika ook hoog op die lys lande waar hierdie siekte voorkom.
Die tema vanjaar is: “Bereik die drie-miljoen”. Dit is die aantal mense, uit die sowat 9-miljoen mense met TB, wat na raming jaarliks wêreldwyd oor die hoof gesien word deur openbare gesondheidsorginstellings.
Die land kry na raming 500.000 nuwe TB-gevalle elke jaar, en spog met die tweede hoogste aantal TB-gevalle ter wêreld.
Daarbenewens het Suid-Afrika ook die vierde hoogste voorkoms van TB wat weerstandig is teen verskeie soorte behandelings.
Een uit elke 25 mense in die land wat met TB gediagnoseer word, ontwikkel weerstandige tuberkulose.
Die fokus plaaslik sal wees om TB in die afgesonderde gemeenskappe te teiken.
Daar sal aan mynwerkers besondere aandag geskenk word, aangesien die goudmynbedryf die grootste aantal siekes oplewer.
Goudmyne het die hoogste koers van tuberkulose (TB) in die bedryf.
Duisende mynwerkers het ‘n longsiekte wat veroorsaak word deur mynstof, genaamd silikose, wat hul kanse om TB op te doen, verhoog.
Die NUM se nasionale voorsitter vir gesondheid en veiligheid Peter Bailey skat dat vir elke “een noodlottige ongeluk, vyf werkers as gevolg van dié beroepsiekte sterf “.
Duisende voormalige mynwerkers sterf stilweg by hul huise op die platteland, sonder dat die mynbedryf enige politieke ongemak daaroor verduur.

Hard lines… – for the Africans…
Die natuur is darem maar wonderlik! Ek staan verstom hoe die natuur homself beskerm.
Die TB het weerstandig geraak teen die middels omdat die mense dit nie reg neem nie. Sodra hulle beter voel hou hulle op om dit te neem en dit moet vir nog ‘n lang tyd geneem word om seker te maak dit werk behoorlik.
Hierdie is ‘n probleem wat wag om ALMAL van ons negatief te raak.
Met algemene mediese dienste wat ook gevou het, sal uitdunning hopelik ‘n negatiewe swart aanwas veroorsaak.
Oooops !!! Ek het vergeet van die oop grense !!