Drie waardevolle skilderye wat aan een van Stellenbosch se topskole, Hoërmeisieskool Bloemhof, behoort, gaan in Londen op 'n veiling verkoop word, deels om onderwysers te help om die dorp se hoë eiendomspryse te bowe te kom.
Die skilderye gaan op 18 Februarie deur die Londense veilingmaatskappy Bonhams verkoop word en behoort na raming sowat R2,9 miljoen tot R4,4 miljoen te haal, volgens Bonhams se skattings.
Die opbrengs van die veiling gaan waarskynlik deur die skool aangewend word om eiendom in Stellenbosch aan te koop wat deur die skool se personeel gebruik kan word.
Met die stygende eiendomspryse in die laaste paar jaar kan min van die onderwysers dit bekostig om in Stellenbosch te woon, wat dit moeilik maak om personeel te werf en te behou.
Die skilderye behoort aan 'n trust wat ondersteun word deur voormalige leerlinge tot die voordeel van die skool. Die trustfonds se kunsversameling bevat meer as 45 werke wat geskenk is deur voormalige leerlinge oor die vorige 3 of 4 dekades.
Van die werke wat verkoop gaan word, is "'n Indiese meisie met pointsetias" deur Maggie Laubser, wat deur Bonhams geskat word om tussen 100 000 en 150 000 pond te behaal.
Die ander werke is "Golden Gate, Clarens" 'n landskapskildery deur J H Pierneef wat geraam word op 60 000 tot 90 000 pond en 'n werk van Alexis Preller, getiteld "Stillewe met krokodil", wat na verwagting behoort te verkoop vir tussen 40 000 en 60 000 pond.

Die polisie het 'n groot soektog aan die gang gesit na rowers wat toeriste by Kosibaai in KwaZulu-Natal Maandagoggend van voertuie en ander waardevolle items
Oliepryse het Maandag tot amper $36 per vat gedaal in Asië terwyl beleggers die Amerikaanse maastskappyverdienstes dopgehou het vir tekens van verswakkende verbruikersvraag te midde van die ergste resessie in dekades.