praag.co.za

Swart tiener steek meisie aan die brand

Written by

in

'n Swart tiener wat daarvan beskuldig word dat hy sy 16-jarige meisie doodgebrband het in Mmametlhake, Mpumalanga, het Maandag vlugtig in die Themba-landdroshof verskyn.

Andries Mngomezulu (19) is nie gevra om te pleit op aanklagte van moord nie, het 'n polisiewoordvoerder, konstabel Hastings Chaane, gesê.

Die saak is uitgestel tot Vrydag vir 'n formele borgaansoek.

Mngomezulu is Vrydag gearresteer vir die beweerde moord op sy meisie, nadat hy haar vol petrol gegooi en aan die brand gesteek het.

'n Argument het ontstaan tussen die twee toe hy haar besoek het. Sy het 'n oproep ontvang op haar selfoon van 'n private nommer en hy het haar klaarblyklik daarvan beskuldig dat sy hom verneuk.

Hy het haar geslaan tot sy bly lê het waarna hy haar vol petrol gegooi het en aan die brand gesteek het voor hy homself aan die polisie oorhandig het.

детские палаткилобановский супермаркет класс

Comments

Leave a Reply