praag.co.za

Geen vooruitgang by soveelste Zimbabwiese samesprekings

Written by

in

Image

Robert Mugabe

Zimbabwe se president en opposisiefaksies het Maandag geworstel oor die magsdelingsooreenkoms, maar geen vordering gemaak nie, ten spyte van die teenwoordigheid van leiers van Suider-Afrika wat gepoog het om die saak, wat nou al maande lank sloer, op te los.

Ná meer as 12 ure se gesprek waarin daar geen ooreenkoms bereik is nie, is die dooiepunt ná 'n spesiale beraad van die SAOG-groep verwys. Dié beraad sal volgende week gehou word, het Tomaz Salamao, die uitvoerende sekretaris van die streeksblok, aan verslaggewers gesê.

Salamao het gesê die vergadering sal volgende Maandag bygewoon word deur die groep se leiers, wat óf in Botswana óf in Suid-Afrika sal vergader.

Die streek het gehoop dat Maandag se vergadering 'n oplossing sal vind vir die politieke toutrekkery en Zimbabwe se leiers toelaat om daarop te fokus om 'n einde te bring aan die ekonomiese krisis wat die helfte van die land se mense afhanklik van voedselhulp gelaat het.

Suid-Afrika se huidige president, Kgalema Motlanthe en voormalige president Thabo Mbeki, Mosambiek se president Armando Guebuza en ander streeksleiers het heeldag vergader met Mugabe en die hoofopposisieleier Morgan Tsvangirai en Arthur Mutambara, die leier van 'n kleiner opposisiefaksie.

Die laaste rondte gesprekke het teen middernag verdaag en 'n teleurgestelde Tsvangirai was een van die eerste mense om die Rainbow Towers-hotel in Harare te verlaat.

"Ons het na die vergadering gekom om die uitstaande sake te kom oplos en die magsdelingsooreenkoms af te handel. Ongelukkig is daar geen vordering gemaak nie," het hy gesê.  

круизы по средиземному морюФильчаков прокурор харькова

Comments

Leave a Reply