Toeriste in Kosibaai beroof

ImageDie polisie het 'n groot soektog aan die gang gesit na rowers wat toeriste by Kosibaai in KwaZulu-Natal Maandagoggend van voertuie en ander waardevolle items beroof het.

Verskeie mans het Maandagoggend vroeg drie gewapende sekuriteitswagte aangehou met wapens en hulle na 'n chalet geneem by Ezemvelo, KZN Parke (EKZNP) se kamp by Kosibaai, volgens 'n verklaring van die Manguzi-polisie.

Volgens 'n verklaring van EKZNP wat Maandagmiddag uitgereik is, is die toeriste wakker gemaak deur gewapende rowers en gedwing om selfone, kontant en die sleutels van twee Isuzu-dubbelkajuitbakkies te oorhandig.

Die toeriste en wagte is daarna in verskeie vertrekke toegesluit terwyl die rowers gevlug het met die twee voertuie.

Tot verlede jaar is Kosibaai deur sindikate gebruik om gesteelde voertuie na Mosambiek toe te smokkel. Die situasie is daarna onder beheer gebring toe Mosambiek Suid-Afrikaanse polisie in die land toegelaat het om die smokkelaars se roetes toe te maak.

для банилобановский александр жена