Asiese aandele daal weens Skotse banknuus

Asiese aandele het Dinsdag skerp gedaal in vroeë handel ná nuwe onstuimigheid in die Europese banksektor die vooruitsig vir die globale ekonomie verdonker het.

Beleggers het geskrik toe die Royal Bank of Scotland bekend gemaak het dat hulle in 2008 tot 40 miljard dollar verloor het, die grootste verlies in die Britse geskiedenis.

Dié nuus het Europese aandele laat daal en die Britse pond laat daal tot sy laagste punt in 6 jaar teenoor die dollar.

Asiese aandelemarkte het die voorbeeld gevolg, met Hong Kong wat 3,8% gedaal het in vroeë handel, Tokyo het 3,12% gedaal en Sydney 3,5%.

"Verhoogde kommer oor die globale gesondheid van banke het 'n verlaging teweeggebring in die beleggers se risiko-aptyt," het NAB Capital-strateeg John Kyriakopoulos in Sydney gesê.

Hernude kommer oor die finansiële krisis dreig om Dinsdag se inhuldiging van verkose president Barack Obama te oorskadu. Obama is die erfgenaam van 'n ekonomie wat sy grootse krisis in die gesig staar sedert die groot depressie, het handelaars gesê.

"Wanneer Obama se inhuldigseremonie verby is, gaan markrolspelers wakker word in die werklikheid," het Sumitomo Mitsui Banking Corp-strareeg Daisuke Uno gesê.

курорты хорватии описаниеданильченко юрий брониславович прокурор