Vyf swart tieners verkrag baba

Vyf seuns tussen die ouderdomme van 10 en 14 het Maandag in die landdroshof op Wankey verskyn vir die moord op 'n 19-maande oue baba, het die SAUK berig.

Die seuns het na bewering Nikayla Goliath ontvoer terwyl sy geslaap het in haar ouers se huis in die Ooskaap gedurende Augustus verlede jaar.

Mense wat hout gekap het, het 12 dae later haar liggaam in die bosse naby Thornhill gevind. Sy is klaarblyklik verkrag en is met 'n stomp voorwerp geslaan.

Die saak teen die seuns is uitgestel tot in Februarie. Hulle sal tot dan in aanhouding bly in Port Elizabeth. 

instagramФільчаков прокурор