Olieprys daal tot $36 per vat

ImageOliepryse het Maandag tot amper $36 per vat gedaal in Asië terwyl beleggers die Amerikaanse maastskappyverdienstes dopgehou het vir tekens van verswakkende verbruikersvraag te midde van die ergste resessie in dekades.

Ligte soet ru-olie vir Februarie was 44 sent laer op $36,07 per vat teen laat middag in Singapoer in elektroniese handel op die New York Merchantile Exchange. Die kontrakprys wat Dinsdag verval, is Vrydag met $1,11 op en het op $36,51 gestabiliseer. Die Maartkontrak het verhandel teen $42,40 per vaatjie.

Beleggers hoop om meer insig in die huidige afwaartse neiging te kan kry wanneer honderde maatskappye hulle vierdekwartaaluitslae vandeesweek bekendmaak, insluitend die swaargewigte Google Inc., US Bancorp, General Electric Co., Microsoft Corp. en Johnson & Johnson.

Beleggers maak gereed vir swak syfers nadat die reusebankgroep Citicorp Vrydag bekend gemaak het dat hulle $8,29 miljard verloor het en dat hulle in twee gaan verdeel om te help om winste te herstel. 

купить воронеж моечно-уборочное оборудованиеФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae