Iran se Ahmadinejad wens Hamas geluk met ‘oorwinning’

Image

Mahmoud Ahmadinejad

Iran se president, Mahmoud Ahmadinejad het Hamas Maandag gelukgewens met sy "oorwinning" in die oorlog met Israel, het die staat se nuusagentskap IRNA gesê.

"Vandag is die begin van die oorwinning, en volharding sal die skakels van oorwinning aanmekaar heg," het Ahmadinejad aan Hamas se uitgeweke leier Khaled Meshaal in 'n telefoonoproep gesê, volgens die berig.

Islamitiese state moet volgens hom "poog om die Sionistiese bewind onder druk te plaas om heeltemal terug te trek, om die grensposte oop te maak, om die Sionistiese kriminele te vervolg, om bande te verbreek met die vals Sionistiese bewind en goedere van die land en sy ondersteuners te boikot."

Israeli-soldate het Maandag begin om te onttrek uit Gasa na hulle bloedige 22 dae lange veldtog teen Hamas in die verpletterde gebied.

Senior Hamas leier, Ismael Haniya het gesê die oorlog met Israel waarin meer as 1 300 Palestyne dood is, was 'n "groot oorwinning".

Iran is 'n stoere ondersteuner van die Islamitiese Hamas-beweging wat die Gasastrook beheer en erken nie Hamas se aartsvyand Israel nie.

пародонтолог москва отзывыtopcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae