praag.co.za

ANC-leiers voltooi vergadering oor Zuma

Written by

in

Image

Carl Niehaus (ANK), Blade Nzimande (SAKP) en Mafani Niehaus

Die ANK se nasionale werkskomitee (NWK) het Maandag teen 19:15 'n vergadering afgesluit oor Jacob Zuma se korrupsiesaak.

ANK-woordvoerder Carl Niehaus het aan SAPA gesê 'n verklaring oor die saak sal Dinsdag uitgereik word.

Vroeër het hy gesê die party se topbestuur sal die ANK-president se regopsies bespreek nadat die appèlhof uitspraak gelewer het in die guns van die nasionale direkteur van openbare vervolgings.

"Ons is eintlik baie oop om te sê dat die saak wel op die agenda is," het Niehaus gesê.

Hy het gesê die ANK soek na 'n "regsoplossing" vir die klagte wat teen Zuma hangende is.

Die Appèlhof het verlede week die uitspraak van die Pietermaritzburgse hof omgekeer en so weer die weg gebaan dat Zuma aangekla kan word op klagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en afpersing.

Die klagte teen Zuma skep 'n moeilike situasie vir die ANK, wat aangedring het dat hy dié party se presidentskandidaat bly vir die komende verkiesing vanjaar.

Zuma, wie se regslui met die nasionale vervolgingsgesag ontmoet het sedert die appèlhof se uitslag, het verskeie opsies wat tans vir hom oop is, insluitend 'n appèlversoek aan die konstitusionele hof en ook 'n aansoek dat alle klagte teen hom permanent laat vaar word.

Zuma se regsprobleme is nie al wat op die NWK-vergadering se sakelys was nie.

Niehaus het gesê dat die komitee ook die naweekkoerante se berigte van spanning tussen president Kgalema Motlanthe en sommige ANK-leiers bespreek het.

Die Sunday Times het gesê dat sommige ANK-leiers ongelukkig was met verskeie besluite wat Motlanthe gemaak het sedert hy Mbeki opgevolg het. Mbeki is uitgewerk ná die hof in Pietermaritzburg geïmpliseer het dat hy betrokke was by 'n komplot teen Zuma.

Die City Press het berig dat die SAKP se sekretarisgeneraal Blade Nzimande die posisie van adjunkpresident van SA in die oog het ná die komende verkiesings. Tot nou toe het baie mense geglo dat Motlanthe vir die pos geoormerk was.

Die City Press beweer dat verskeie bronne bevestig het dat daar 'n groep binne die ANK is wat daarteen gekant is dat Motlathe Zuma se adjunkpresident word.

"Dit is alles net gerugte, maar ons wil dit volledig afhandel, en dit beëindig. Ons glo dat ons vanuit die gesaghebbendheid van die NWK moet praat," het Niehaus gesê.

leagues of fortuneФільчаков Олександр Васильович

Comments

Leave a Reply