MDC-ondersteuners weer aangehou

Agtien MDC-ondersteuners is weer in hegtenis geneem, onder wie me. Justina Mukoko, gerespekteerde menseregte-aktivis, asook vakbond- en studenteleiers. Haar ondersteuners het in trane uitgebars. Sy is voorheen in aanhouding gemartel.

Al 18 was vry op borgtog, maar is gister by hul herverskyning voor ’n hof in opdrag van landdros Catherine Chimanda in Harare weer opgesluit. Hulle word aangekla van onder meer boewery en terrorisme.

Amnestie Internasionaal het in New York gesê die stap kaats 'n ernstige skadu oor die Zimbabwiese regering se bereidwilligheid om die vervolging van politieke opponente te staak.

“Die hof besluit is ’n ernstige bedreiging vir die lewe, gesondheid en volhoubaarheid van die eenheidsregering. Dis ’n flagrante miskenning van die beginsels waarop die regering tot stand gekom het,” het Tsvangirai se Beweging vir Demokratiese Verandering in ’n verklaring gesê.

Tsvangirai is onder druk van Zanu-PF om die internasionale gemeenskap te oortuig om Zimbabwe van geldhulp te voorsien.

Die VSA, Brittanje, die Europese Unie en verskeie internasionale instellings weier om Zimbabwe te ondersteun totdat daar sekere hervormings onderneem is. Brittanje en die VSA beskou die voortgesette aanhouding en teistering van Mugabe se politieke opponente as die grootste struikelblok om hulp te ontset.

Zimbabwe het sover R3,4 miljard se kredietfinansiering van SAOG-lande teen gewone bankkoerse te bekom.в ландшафтномДанильченко Юрий Брониславович

Zambi? teken eerste varkgriepgeval aan

Afrikalande spook om varkgriep uit 'n kontinent te hou wat alreeds swaar gebuk gaan onder Vigs en malaria. Hulle vrees dat 'n uitbraak veel erger gevolge sal inhou as wat in Noord-Amerika en Europa die geval is.

Daar is tans net een aangemelde geval van die griepvirus in Afrika, en mediese personeel het toesig by lughawens en grensposte opgeskerp, maar fondse bly 'n tameletjie. Indien die virus posvat, vrees kenners dat dit 'n katastrofe vir die reeds gebrekkige gesondheidsdienste kan inhou en 'n aansienlike aantal menselewens kan eis.

Zambië se openbare uitsaaier het bekend gemaak dat een geval, 'n reisiger uit Suid-Afrika, in Ndola, geïsoleer is.

Daar is 22 miljoen mense in Afrika suid van die Sahara wat net MIV/VIGS besmet is en hulle verswakte immuunstelsels maak hulle besonder vatbaar vir varkgriep, veral in landelike gebiede wat nie sondermeer toegang tot dienste het nie.

Die winterseisoen het ook aangebreek en selfs gewone griep kan 'n ernstige gevaar inhou in omstandighede waar armoede, 'n gebrek aan toepaslike behuising, voedsel en oorbevolking heers.

Varkgriep het reeds die lewens van 26 mense in Meksiko geëis en 2 in die VSA. Alhoewel relatief min ongevalle in dié lande aangemeld is, kan die virus nog in 'n meer gevaarlike mutasie omsit wat 'n tweede meer dodelike golf van die griep kan beteken.

Die wêreld se aandag is op varkgriep gespits, maar daagliks sterf daar duisende Afrikane aan siektes wat verhoed of behandel kon word. David Sanders, professor aan die universiteit van die Wes-Kaap, meen die reaksie op varkgriep is "oordrewe histeries" en is verbaas dat die 2,5 miljoen swart kinders wat sterf aan diarrhiale siektes nie dieselfde aandag geniet nie.

под ключЛобановский Харьков

Zim het dringend voedselhulp nodig

Sewentig persent van Zimbabwe se bevolking het voedselhulp nodig. Dit het die Internationale Monetêre Fonds (IMF)
Maandag bereken.

"Die armoede en werkloosheid in Zimbabwe het tot 'n katastrofale vlak gestyg. Dat is die gevolg van slegte beleid en swak owerheid."
  
Die Fonds het die land tussen 9 en 24 Maart besoek. Die organisasie meen dat Zimbabwe 200 miljoen dollar (151 miljoen euro) begrotingsondersteuning en tussen 200 en 300 dollar (151 en 227 miljoen euro) vir voeding, gesondheid en onderwys benodig.

Zimbabwe word daarnaas nog steeds bedreig deur 'n cholera-epidemie wat nie onder beheer is nie omdat die land nie daarin slaag om water te suiwer nie. Die siekte het al meer as vierduisend lewens geëis.

Die IMF meen voorts dat "politieke meningsverskille kan lei tot nog groter sosiale onrus." Zimbabwe se skuld beloop 5,1 miljard dollar (3,9 miljard euro).

игрушки купить киевОлександр Васильович Фільчаков

Volkstaat sal nie uit die lug neerdaal nie

ImageDie huidige debat oor parlementêre deelname deur Afrikaners is 'n teken dat ons politieke bewussyn besig is om te ontwaak, waarvoor ons PRAAG se webtydskrif moet bedank. Vanweë sy onverbondenheid slaag die PRAAG-werf daarin om eerlike menings van verskeie bydraers te ontvang en om daardeur 'n beter begrip te kry van hoe ons mense werklik voel.

Dalk sal dit nou goed wees as ons bietjie vertoef by die word "selfbeskikking" asook die begrip van "vryheid". 'n Senior lid van die ANC het eendag by 'n konferensie in die Kaap beweer dat Afrikaners ook van apartheid bevry is, dat hulle vry is binne die mees liberale grondwet op aarde en dus geen selfbekikking benodig nie.

Waarop ek hom vra: "Nou waarom kan ons nie ons eie skole beheer nie? Waarom dan nie ons eie skoolkurrikula opstel nie? Waarom mense aanstel wat geen woord Afrikaans kan verstaan en aan ons kinders voorskryf wat hulle mag leer en nie mag leer nie? Wat van ons geskiedenis, ons letterkunde, ons gedigte en ons liedereskatte?"

Vryheid beteken vir my om nie onder beheer van ander persone of instansies te staan nie, om nie deur arbitrêre regulasies ingeperk te word nie, en om my eie denke volgens eie aard mondelings of skriftelik te formuleer en sonder beletsel na ander oor te dra. Dan is jy vry van die bande wat burgers soos marionette beheer.

Selfbeskikking is die som van al die regte wat gesamentlik deur 'n gemeenskap besit word om aan daardie gemeenskap die reg te verleen om sy eie toekoms volgens sy eie aard, sonder die toedoen van enige ander gemeenskap of owerheid, self uit te werk en na te streef.

Beperkings word altyd geplaas op vryheid. Die vryheid van ander persone kan negatief geraak word deur jou vryheid. Enige mens kan sy motor oral heen bestuur, solank hy binne die spoedbeperking en verkeersreëls bly, anders word ander padgebruikers se veiligheid deur jou vryheid van beweging bedreig.

Selfbeskikking van een gemeenskap word egter nooit deur dié van 'n ander bedreig of ingeperk nie. Ek sou sê dat dit die wesenskenmerke van vryheid en selfbeskikking is.

Die gesamentlike regte van gemeenskappe en die vryheid om dit volgens eie aard saam uit te leef, is die reg wat Afrikaners nou moet opeis. Die Suid-Afrikaanse grondwet, soos hy tans geskrywe staan, maak dit moontlik om nou reeds selfbeskikking van 'n gevorderde aard te beoefen, maar dan moet die gemeenskap homself as 'n volwaardie gemeenskap organiseer.

Die semantiek van die Grondwet veroorsaak dat heelwat verwarring by mense oor die begrippe minderheidsregte en gemeenskapsregte bestaan. Nêrens word daar van minderheidsregte in die Grondwet gepraat nie, maar slegs van gemeenskapsregte. Hieronder word godsdienstige, kulturele en taalgemeenskappe bedoel. Terwyl daar in die Afrikaanse politieke semantiek van volke gepraat word, word in die Europese Unie se protokolle van minderhede en minderheidsregte gepraat. Dit skep verwarring by diegene wat hierdie kwessies in Engels wil debatteer.

Die sleutel tot selfbeskking lê daarin dat Afrikaners moet aandring op die skeiding tussen organe van die burgerlike samelewing en van staatsinstellings. Ek het by dr. Christo Landman, voormalige Kommissaris van die Artikel 185-Kommissie, gaan kers opsteek en hier is sy vertolking daarvan:

  • Dit is 'n fout om uit die Grondwet, 1996, af te lei dat dit vir minderheidsgroepe voorsiening maak.
  • Die term minderheidsgroepe het 'n etniese inslag.
  • Etnisiteit herinner aan apartheid, sal die opstellers van die Grondwet redeneer.
  • Die Grondwet maak wel op allerlei wyses voorsiening vir die regte van georganiseerde gemeenskappe.
  • So word 'n duidelike onderskeid gemaak tussen organe van die staat (a.239) teenoor organe van die burgerlike samelewing (a.31(1)(b)).
  • Nie net is daar gesagsverdeling tussen die organe van die staat (wetgewend, uitvoerend en regsprekend) nie, maar ook mag die organe van die staat nie in die interne bevoegdheid van die organe van die burgerlike samelewing inmeng nie.
  • Die georganiseerde organe van die burgerlike samelewing word in a.185 nader bepaal deur 'n Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Taal-, Godsdiens- en Kultuurgemeenskappe.
  • Artikel 185 en die 185-Kommissiewet 19 van 2002 maak voorsiening vir die registrasie van rade. Alhoewel die 185-Kommissie kan help met die daarstelling van Rade, is en bly dit die plig van organe van die burgerlike samelewing om tot Rade oor te gaan.
  • Rade is privaatregtelike instellinge wat by die publiekregtelike 185-Kommissie bloot om registrasie vra.
  • Die reg op godsdiens word in a.15 en die reg op taal en kultuur in artikels 30 en 31 omskryf.
  • Om 'n gemeenskapsreg te kan bevorder en te kan beskerm moet omskryf word wat met taal, godsdiens en kultuurgemeenskapsregte bedoel word.
  • Artikel 234 maak voorsiening vir die grondwetlike aanvaarding van ander regte as individuele regte, soos omskryf in hoofstuk 2 van die Grondwet.
  • Dit behoort die 185 se plig te wees om taal-, godsdiens- en kultuurregte te omskryf en in terme van artikel 234 by die Parlement te laat goedkeur as deel van die Grondwet van SA.
  • Die aangestelde Kommissarisse sedert 2004 was onbevoeg om hierdie taak te verrig en dit is my submissie dat die Voorsitter 'n politieke opdrag gehad het om Rade te laat skipbreuk ly.

Die 185-Kommissie het liederlik gefaal om sodanige regte te formuleer. Insgelyks het die burgerlike organe nagelaat om dan in die afwesigheid van prestasie deur 185 sodanige regte te omskryf.

Ons het dus te make met 'n lam regering wat nie rigting het nie en slap gemeenskapsorganisasies wat hulself nie in verteenwoordigende rade wil organiseer om hul plig teenoor toekomstige geslagte na te kom nie.

Hieruit kan mens aflei dat die ANC-regering willens en wetens die grondwet volgens hul eie agenda vertolk en die land se kultuurgemeenskappe laat Gods water oor Gods akker loop terwyl elkeen van 50 Afrikanerorganisasies die volk op sy eie wil red.

As Afrikaners nie eens in staat is om hul gemeenskapsregte op te eis nie, kan hulle die volkstaatdroom maar op hul mae skryf. 'n Volkstaat sal nie uit die lug op hulle neerdaal nie.

free casino gamblingДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Regses wag op ‘n leier

Uit wat ander briefskrywers vermeld, kan ons aflei dat daar voor 1994 omtrent 800 000 regses was. Hiervan was omtrent 450 000 ondersteuners van 'n volkstaat. Die volkstaters het toe die Vryheidsfront van genl. Viljoen gesteun. Sedertdien het 300 000 van hulle die Vryheidsfront+ verlaat.

Baie van die regses wat nie 'n volkstaat ondersteun het nie, kon moontlik sedertdien van gedagte verander het. Dus kan tussen 450 000 en 800 000 tans hulle steun aan 'n volkstaat toesê.

Waarskynlik wag hulle op 'n leier.

Sal 'n volkstaat bereik kan word binne die huidige stelsel of daarbuite?

Nie een van die rubrieke of briewe maak melding van die Volksraadverkiesingskommissie nie. Is hulle nie van hierdie opsie bewus nie of wil hulle nie daarvan bewus wees nie?набор инструментовФильчаков прокуратура харьков

Afrikane moet maan toe

ImageAfrikane moet maan toe om te gaan vasstel wat ontwikkelde lande in die buitenste ruim aanvang. So meen Oeganda se president Yoweri Museveni.

"Die Amerikaners was al op die maan. En die Russe. Die Chinese en Indiërs gaan binnekort soontoe. Afrikane is die enigste mense wat op aarde moet sit," het hy gesê aan 'n vergadering van die Uganda Law Society in Entebbe.

"Ons moet ook gaan en sê: 'Wat maak julle mense hier bo?'"

Museveni het die vergadering van top regslui dringend versoek om die integrasie van Oos-Afrika te ondersteun, met die doel om 'n ruimteprogram te ontwikkel. Hy het gesê Oeganda kan nie alleen maan toe gaan nie want hulle is te klein.

Indien Oeganda, Kenia, Tanzanië, Boeroendi en Rwanda egter saamwerk, is die doelwit binne bereik, volgens die president. "Dan kan ons aan die Amerikaners sê: 'Wat maak julle so alleen hier?'"

лосины для девочки 5 летлобановский александр отзывы

US-studente s? dis Afrikaans se Soweto

Lede van die Adam Tas-studentevereniging van die Universiteit Stellenbosch het gister 'n lys van griewe oor US se taalbeleid by die Kasteel in Kaapstad afgelees.

Nico de Wet, Adam Tas-voorsitter, meen die US het dubbele standaarde toegepas. Die vereniging glo die US-raad sou gistermiddag ’n besluit oor die afdwing van Engels bekragtig. Hulle beskou die stap as soortgelyk aan die apartheidsregering se destydse besluit om Afrikaans as onderrigtaal op swart leerders af te dwing.

Mnr. Mohamed Shaikh, die US se senior direkteur: kommunikasie en skakeling, hetgesê dat hulle “so gou doenlik” verslag sal lewer van die raadsbesluit.

Op ’n spesiale raadsvergadering vroeër vanjaar is besluit dat parallelmedium-onderrig in plaas van van dubbelmedium-onderrig (die T-opsie) van aanstaande jaar af in die eerste studiejaar in vier groot US-fakulteite – ekonomiese en bestuurswetenskappe, natuurwetenskappe, agri-wetenskappe en ingenieurswese – sal geld.

Adam Tas meen dié beleid sal diversiteit en transformasie teenwerk omdat Engels Afrikaans in die praktyk uiteindelik gaan oorskadu. “Navorsing het getoon dat kleiner tale soos Afrikaans in die verlede by ander fakulteite aan die US en ander universiteite uitgedryf is,” het De Wet gesê.

Die US wil net in die eerste jaar aan studente vryheid van hul taalkeuse gee, het De Wet gesê. Van die tweede jaar sal klasse 50% in Afrikaans en 50% in Engels aangebied word, ongeag watter taal studente praat.

"Soos wat studente in Soweto die keuse ontneem is om hul hooftaal van onderrig Engels te hê, word huidige en toekomstige Afrikaanse studente in Stellenbosch dit tans ontneem vir Afrikaans.”

гайковертОлександр Фільчаков прокурор

Onderwyser vas vir moetiemoord

'n Onderwyser van Mpumalanga (47) word daarvan verdink dat hy 'n sesjarige dogtertjie vir moetie vermoor het. Die polisie in Tonga het gesê hy sal tot Donderdag moet wag voordat hy vir borg sal kan aansoek doen.

Kaptein Amos Mashele sê die onderwyser, John Ndlovu, en sy medeaangeklaagde Thabile Msini, 29, het Maandag vlugtig voor die hof verskyn op aanklag van moord.

Hulle word daarvan verdink dat hulle Dimakatso Mahlalela vir moetie doodgemaak het. 'n Nadoodse ondersoek het bevind dat die kind se ingewande, privaatdele, lippe en vingers verwyder is.

Haar liggaam is op 26 April drywend in die Nkomazirivier gevind. Die aangeklaagde verkeer steeds in aanhouding.

центробежные насосы для воды промышленныепрокурор Фильчаков

VSA stuur Kirk na inhuldiging

ImageDie VSA sal 'n  hoëvlakafvaardiging gelei deur  handelsverteenwoordiger Ron Kirk na die inhuldiging van Jacob Zuma as president van Suid-Afrika stuur, het die Withuis Maandag in 'n verklaring gesê.

Kirk sal op 9 Mei na Pretoria vergesel word deur senior lede van Barack Obama se administrasie. Die name van die lede in die groep is nie in die verklaring bekend gemaak nie.

Zuma sal op Woensdag amptelik in die parlement aangewys word as president nadat sy party, die ANC, met 'n 66% meerderheid in die vierde demokratiese verkiesing gewen het.

"Die VSA wens die mense van Suid-Afrika geluk met nog 'n suksesvolle verkiesing – die vierde ná apartheid – en sien uit daarna om nou saam te werk met die nuwe administrasie in Suid-Afrika," het die Withuis bygevoeg.

casino noпрокурор Фильчаков

IVP ontken dat Buthelezi siek is

ImageDie IVP het Maandag mediaberigte ontken waarin beweer word dat Dr Mangosuthu Buthelezi inderhaas na 'n hospitaal gebring is.

"Die IVP-president is blakend gesond en het verlede week 'n roetine ondersoek ondergaan," het die party se voorsitter Zanele kaMagwaza-Msibi gesê.

"In teenstelling met kwaadwillige mediabeweringe, het die IVP-president die afgelope naweek tuis in Mahlabathini deurgebring."

Die berig van Buthelezi se ongesteldheid het in die Zoeloenuusblad, die Ilanga verskyn. Sy het 'n beroep op die media gedoen om af te sien van sensasiesoekende, onware beriggewing wat tot spanning en druk in IVP-geledere kan lei.

Senior IVP-leier Blessed Gwala het aan Sapa gesê Buthelezi het Maandag saam met hom 'n uitvoerende vergadering in Durban bygewoon. "Hy is op die oomblik hier by my. Hy is gesond. Ons is regtig geskok deur die berigte in die media."

lovetopcargo отзывы