IVP ontken dat Buthelezi siek is

ImageDie IVP het Maandag mediaberigte ontken waarin beweer word dat Dr Mangosuthu Buthelezi inderhaas na 'n hospitaal gebring is.

"Die IVP-president is blakend gesond en het verlede week 'n roetine ondersoek ondergaan," het die party se voorsitter Zanele kaMagwaza-Msibi gesê.

"In teenstelling met kwaadwillige mediabeweringe, het die IVP-president die afgelope naweek tuis in Mahlabathini deurgebring."

Die berig van Buthelezi se ongesteldheid het in die Zoeloenuusblad, die Ilanga verskyn. Sy het 'n beroep op die media gedoen om af te sien van sensasiesoekende, onware beriggewing wat tot spanning en druk in IVP-geledere kan lei.

Senior IVP-leier Blessed Gwala het aan Sapa gesê Buthelezi het Maandag saam met hom 'n uitvoerende vergadering in Durban bygewoon. "Hy is op die oomblik hier by my. Hy is gesond. Ons is regtig geskok deur die berigte in die media."

lovetopcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae