US-studente s? dis Afrikaans se Soweto

Lede van die Adam Tas-studentevereniging van die Universiteit Stellenbosch het gister 'n lys van griewe oor US se taalbeleid by die Kasteel in Kaapstad afgelees.

Nico de Wet, Adam Tas-voorsitter, meen die US het dubbele standaarde toegepas. Die vereniging glo die US-raad sou gistermiddag ’n besluit oor die afdwing van Engels bekragtig. Hulle beskou die stap as soortgelyk aan die apartheidsregering se destydse besluit om Afrikaans as onderrigtaal op swart leerders af te dwing.

Mnr. Mohamed Shaikh, die US se senior direkteur: kommunikasie en skakeling, hetgesê dat hulle “so gou doenlik” verslag sal lewer van die raadsbesluit.

Op ’n spesiale raadsvergadering vroeër vanjaar is besluit dat parallelmedium-onderrig in plaas van van dubbelmedium-onderrig (die T-opsie) van aanstaande jaar af in die eerste studiejaar in vier groot US-fakulteite – ekonomiese en bestuurswetenskappe, natuurwetenskappe, agri-wetenskappe en ingenieurswese – sal geld.

Adam Tas meen dié beleid sal diversiteit en transformasie teenwerk omdat Engels Afrikaans in die praktyk uiteindelik gaan oorskadu. “Navorsing het getoon dat kleiner tale soos Afrikaans in die verlede by ander fakulteite aan die US en ander universiteite uitgedryf is,” het De Wet gesê.

Die US wil net in die eerste jaar aan studente vryheid van hul taalkeuse gee, het De Wet gesê. Van die tweede jaar sal klasse 50% in Afrikaans en 50% in Engels aangebied word, ongeag watter taal studente praat.

"Soos wat studente in Soweto die keuse ontneem is om hul hooftaal van onderrig Engels te hê, word huidige en toekomstige Afrikaanse studente in Stellenbosch dit tans ontneem vir Afrikaans.”

гайковертОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae