Zille bewus van uitgebreide spioenasienetwerk

Helen Zille het aan Die Burger bevestig dat daar op haar en haar kabinet gespioeneer word. Die netwerk en hoe dit funksioneer is verlede week deur ’n onafhanklike bron aan haar verduidelik. Die doel daarmee is om die DA te probeer diskrediteer.

Sy weet ook wie betrokke is by die spioenasienetwerk wat aan die ANC rapporteer.

Die netwerk het vastrapplek in tien provinsiale departementein die Wes-Kaap. Dit is die enigste provinsie in Suid-Afrika wat nie deur die ANC regeer word nie.

As burgemeester was Zille gewaarsku oor moontlike planne wat teen haar gesmee sou word indien die DA die provinsie in die afgelope verkiesing sou wen. Die spioenasienetwerk bestaan glo al 'n geruime tyd.

“Dit is duidelik beplan. Dit is ’n rapporteringslyn na die ANC. Ek besef wat aangaan. Name is aan my gegee. Ek dra kennis van die struktuur en weet hoe dit lyk. Ek weet wie daarby betrokke is,” het Zille gesê.

“Ek gaan dié ding stap vir stap hanteer. Baie van die goed wat verlede week gebeur het, hou daarmee verband. Ek gaan nie oorreageer nie. Ek is heeltemal kalm.”

Die hele doel is om die nuwe politieke leierskap in die verleentheid te stel, het sy verduidelik.

“Elke dingetjie – al is dit hóé klein – word uitgesoek om ons in die verleentheid te stel.”

Sy wou nie verder uitbrei nie. “Ek is nog besig om die kat uit die boom te kyk. Ek het taamlik baie inligting. Ek weet wie, waar en wat. As jy inligting het, is dit makliker om ’n situasie te hanteer,” het Zille gesê.

Mnr. Garth Strachan, ANC-woordvoerder, het gesê Zille het te veel John le Carré se spioenasieverhale gelees.

эстетическая реставрация зубовДанильченко Харьков

‘Weermag kan help om misdaad te bekamp’

ImageMinister van polisie, Nathi Mthethwa, het in 'n onderhoud Sondag met die Sunday Independent gesê dat die weermag ingeroep kan word om misdaad te bekamp.

"Ons is in 'n oorlog met kriminele gewikkel," het hy gesê. Die weermag kan kontantvervoerwaens begelei en die land se grense patrolleer.

"As 'n mens na ander lande kyk, dan is die vervoer van geld 'n gesamentlike poging deur die veiligheidsdienste. 'n Mens wil die polisie dalk losmaak van geldwaroof en konsentreer waar dit saakmaak. As dit hersien moet word, sal dit hersien word."

 Mthethwa het aan die sondagkoerant gesê dat opgeleide soldate wat deel is van die resewemag aangewend kan word in hierdie opsig.

Die effektiwiteit van sigbare polisiëring word ondermyn deur die polisie aan te wend om die grense te patrolleer. "As 'n mens na internasionale tendense kyk, is dit die werk van die weermag om die land te beveilig… 'n Mens het sigbaarheid nodig, daardie eenhied moet versterk word.

Mthethwa het ook gesê dat daar 'n "vaste reël" is om ten minste 10,000 polisielede per jaar aan te stel. Die opskerping van misdaadintelligensie is ook 'n sleutel.

"Ons het tans 'n wetsontwerp voor die parlement oor forensiese navorsing, want toe ons die regstelsel ondersoek en geassesseer het, het ons gevind dat die speurders die swak skakel is. Ons het 'n gespesialiseerde program van stapel gestuur om speurders weer op te lei. As ons misdaad te bowe wil kom, moet ons sterk wees op misdaadintelligensie. Dit is die begin van die skakels van waarde van die regstelsel."

"As kriminele weet jy is swak en jy kan nie misdaadtonele hanteer nie, moedig jy hulle aan om weg te kom met moord," het hy gesê. "Ons wil kwaai wees, maar slim."

Mthethwa het gesê die polisie moet meer aggressief wees om hulleself te verdedig. "Ons wil nie huiwering hê nie want 117 polisiemanne is verlede jaar dood omdat hulle gehuiwer het… om hulleself te verdedig want hulle was bang vir die media en menseregteondersteuners."

"Hierdie jaar is daar reeds nege polisielede in KwaZulu-Natal dood."

Mthethwa het ook gevra dat CCTV-kameras in lokasies geïnstalleer word. "Ons wil nie net die ding in groot stede hê nie, maar ook in ons gemenskappe war misdaad gebeur… Dis hoekom ons die tesourie gaan nader vir hulp."

"Indien ons nie ons tegnologiese kapasiteit verbeter en verhoog nie, is ons nêrens nie."

Mthethwa het ook gesê die opvolger vir nasionale kommissaris Jackie Selebi sal binnekort aangekondig word. Sy kontrak verstryk in Junie. "Dit is 'n dringender saak, in die hoogste amp, dat dit so gou moontlik gebeur. Ons gaan 'n nuwe kommissaris kry, en ons praat nie van maande nie."

Die hoof van die nuwe direktoraat vir Voorkeur Misdaadondersoek (VMO), wat die Skerpioene vervang, gaan ook aangekondig word. Die nuwe lede word tans deur die Nasionale Intelligensieagentskap gekeur.

"Die keuring vind tans plaas. Die span is byna gereed. Daar gaan 800 lede in die mag wees. Op hede is 300 reeds goedgekeur," het hy gesê.

#ИМЯ? цокольномалександр лобановский класс

Premier ontvang afskeidsgeskenk

Die minister van vervoer, S'bu Ndebele, het 'n geskenk van R1,1 miljoen aanvaar van 'n groep kontrakteurs wat kontrakte ter waarde van R400 miljoen met sy departement het, het die Star Sondag berig.

Vukuzakhe kontrakteurs het Saterdag 'n afskeidspartytjie vir Ndebele by die Woodburn Stadion in Pietermaritzburg gehou om die vorige premier van KwaZulu Natal te bedank omdat hy klein kontrakteurs gehelp het om uit te styg.

Onder die geskenke wat Ndebele ontvang het was ook 'n trop beeste. Die ontvangs van die motor is egter deur die DA begroet met oproepe dat hy die voertuig dadelik teruggee omdat die geskenk 'n botsing van belange verteenwoordig.

Maar Ndebele het die gebaar van die kontrakteurs verdedig en gesê dit was lank reeds beplan, nog voordat hy of die kontrakteurs bewus geraak het daarvan dat hy in die portefeulje van vervoer aangestel sou word.

Die department van vervoer het klaarblyklik tussen 1998 en 2008 ongeveer R10 miljard in Vukuzakhe, wat 29 140 geregistreerde kontrakteus in KwaZulu Natal het, se programme belê.
палатка купитьДанильченко Юрий Брониславович Харьков

ANC-jeugliga staan by aanmerkings oor Zille

Die ANC-jeugliga het Donderdag gesê dat hy staan by sy opmerkings oor die DA-leier, Helen Zille, ondanks "intimidasie en dreigemente".

Image

Helen Zille

Woensdag het die eertydse gewapende vleuel van die ANC, Umkhonto we Sizwe gedreig om die Wes-Kaap "onregeerbaar" te maak indien Zille sou voortgaan om die pas verkose president Jacob Zuma te "beledig".

'n Woordvoerder vir die ANC-jeugliga, Floyd Shivambu, meen "die dreigemente en intimidasie van die rassistiese Helen Zille en DA-ondersteuners gaan ons nie keer om te sê wat ons wil sê nie."

Die jeugliga het vroeër beweer dat Zille seksueel met lede van haar provinsiale uitvoerende raad verkeer, nadat sy president Zuma as 'n rokjagter beskryf het wat sy vroue aan die gevaar van MIV-besmetting blootstel.

Dit het op sy beurt daartoe gelei dat woedende Zille-ondersteuners rasseaanmerkings en beledigende sms'e aan Shivambu, wie se selfoonnommers in Die Burger gepubliseer is, gestuur het.

Een van die sms'e het na bewering gelui: "Ons geen nie om wat die ANC-jeugliga te sê het nie… Die witman sal altyd baas in die land bly."

Volgens Shivambu is Zille 'n "rassistiese meisie" wat nóg vroue, nóg Afrikane en hul kulture en tradisies eerbiedig.

"Haar kabinet, wat 100 persent manlik en oorwegend blank is, kan hoegenaamd nie geregverdig word nie."

Hy sê dat die liga binnekort die ANC gaan ontmoet om sy posisie rondom alle verklarings en uitsprake oor Zille te verdedig.

"Ons glo verder dat haar gedrag en gevoelens simptomaties is van iemand wat as kind op haar kop laat val is," het Shivambu bygevoeg.

Volgens die MK-veteranevereniging se adjunksekretaris, Ramatuku Maphutha sal die vereniging soldate in die Wes-Kaap mobiliseer om aanstaande week na Zille se kantoor op te ruk indien sy nie haar opmerkings terugtrek nie.

"Hulle is altyd gereed (die soldate). Óf Zille ontruim haar kantoor, óf sy werk saam. Ons is bereid om daar te slaap indien nodig om die gewenste reaksie te verkry," het Maputha gesê.

Die veteranevereniging van die voormalige terroristeleër het alle openbare verteenwoordigers in die provinsiale rade en die parlement gelukgewens, veral die minister van verdediging Lindiwe Sisulu en haar adjunk Thabang Makwetla.

nights gameФильчаков прокурор харьков

Metropolisieman weens seksuele teistering geskors

'n Senior Johannesburgse metropolisieman is Donderdag geskors ná aantygings van seksuele teistering teen hom, sê 'n woordvoerder.

Senior superintendent Wayne Minnaar sê 'n junior vroulike amptenaar beweer die 61-jarige inspekteur het haar geteister.

"Die teistering het na bewering vanjaar plaasgevind in die interne-aangeleenthede-eenheid waarin beide amptenare werksaam is."

Minnaar sê dit is duidelik dat die senior amptenaar, wat reeds oor 35 jare diens by die JMPD beskik, die slagoffer geïntimideer het.

"Sy is intussen na 'n ander afdeling verplaas en die man sal geskors bly totdat die ondersoek afgehandel is. Hy sal dan dissiplinêr verhoor word.

игрыдляФильчаков Александр Васильевич

Inflasie daal soos wat ekonomie verlangsaam – Reserwebank

Inflasie gaan daal soos wat Suid-Afrika se ekonomiese groei afneem, het die SA Reserwebank Woensdag in sy monetêre beleidsbulletin verklaar.

"Die globale en plaaslike ekonomiese afname het 'n beduidende dempende uitwerking op inflasieverwagtinge gehad," het die sentrale bank gesê.

Maar bedreigings vir inflasie is steeds aangewakker deur elekrisiteitsprysstygings en hoë loonverhogings.

"Die elektrisiteitsprysstygings wat hoër as die verwagtings is en hul newe-effekte veroorsaak 'n stygingsrisiko in ons vooruitskatting, sowel as die hoër-as-verwagte salaris- en loonverhogings," het die SARB gesê.

Die gemiddelde kwartaallikse VPI-inflasiekoers sal na verwagting na 6,2 persent in die derde kwartaal van 2009 daal, het die SARB bygevoeg.

Daarna sal inflasie na verwagting marginaal tot 6,4 persent toeneem in die eerste kwartaal van 2010, voordat dit weereens afwaarts sal neig om 5,4 persent teen die einde van die beraamde periode in die vierde kwartaal van 2010 sal bereik.

In Maart vanjaar het verbruikersinflasie teen 8,5 persent op 'n jaar-tot-jaargrondslag geregistreer.

Die SARB waarsku egter dat die verhoogde onsekerheid en die tempo van verandering wat die globale ekonomie betref inflasievoorspellings meer as gewoonlik bemoeilik.

планировка баниФільчаков прокурор

Madagaskar se uitgesette leier wil terug

Madagaskar, meer bekend vir sy uitsonderlike natuurlewe danksy 'n Disneyfliek as politiek, bly in die nuus. Die uitgesette president Marc Ravalomanana, plaas sy hoop op SAOG-lande om hom in sy posisie as president te herstel.

Hy het Donderdag op 'n nuuskonferensie in Johannesburg gesê Afrika beleef te veel magsomverwerpings en dat demokrasie gerespekteer behoort te word. Ravalomanana bevind homself sedert Maart in Suid-Afrika nadat 'n voormalige platejoggie, Andry Rajoelina, hom met geweld ontsetel het.

Ravalomanana erken dat sy versuim om die weermag gelukkig te hou, hom sy posisie gekos het. Die coup is moontlik gemaak deur die deelname junior weermagoffisiere.

SAOG en die AU het Madagaskar se lidmaatskap opgehef en die VSA het alle nie-humanitêre hulp afgesny.

Alhoewel Frankryk namens Rajoelina verklaar het dat hy nie self in mag belangstel nie, wil die voormalige platejoggie nie hê Ravalomanana moet deelneem aan 'n nuwe verkiesing nie.

Madagaskar se grondwet bepaal ook dat 'n kandidaat ten minste 40 jaar oud moet wees om te staan vir president, terwyl Rajoelina maar 34 is.

прожектор 50wлобановский класс

Premier se seun ondervra vir motordiefstal

Die nuwe Gautengse premier, Nomvula Mokonyane, se seun is gisteraand deur die polisie weens vermeende motordiefstal ondervra.

Volgens Beeld is Africa Mokonyane, 22, gistermiddag by die premier se woning in Krugersdorp in hegtenis geneem nadat hy na bewering probeer het om ’n student se bakkie te steel.

Die koerant het ook betroubaar verneem dat konsternasie in polisiekringe heers omdat “een van die premier se kinders in die polisieselle is”.

Mokonyane se seun is nog nie aangekla nie. Simon Zwane, van die premier se kantoor, het gisteraand aan Beeld bevestig dat mnr. Mokonyane deur die polisie “ingeneem is vir ondervraging”, maar sê dit berus op 'n misverstand.

play demo rouletteЛобановский

Omkoopgeld toe net ‘n ‘bewys van dank’

Die klag teen 'n Durbanse sakeman is laat vaar nadat hy daarvan beskuldig is dat hy amptenare by Zuma se inhuldiging wou omkoop vir 'n beter sitplek.

Volgens die Star-koerant het die perdewedrenmagnaat en veiligheidsmaatskappyeienaar Roy Moodley slegs geld oorhandig as "'n bewys van sy dankbaarheid vanweë die goeie diens gelewer".

Tlali Tlali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het bevestig dat die klag teen Moodley Vrydag teruggetrek is, nadat dit aan die lig gekom het "dat daar miskien 'n misverstand" was.

Moodley is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy na bewering 'n vrou probeer omkoop het met 'n honderd rand by die akkreditasietent om 'n "beter uitsig" van Zuma te hê.

Die Nasionale Intelligensieagentskap is ontbied nadat die omkoopgeld betaal is.

Moodley het onlangs 'n uitspattige verjaarsdagpartytjie vir Zuma gehou en 'n oorwinningsviering vir die ANC in Umhlanga, Durban.

велосипед купить харьковданильченко юрій броніславович

1200 onderwysers nie betaal nie

Image

Barbara Creecy

Omtrent 1200 onderwysers en ondersteuningspersoneel moes sonder hul salarisse aan die einde van April klaarkom, het die Gautengse onderwysdepartement in Sentraal-Transvaal Woensdag gesê.

Die pas aangestelde LUR vir onderwys, Barbara Creecy, het in 'n verklaring die betrokke personeel verseker dat sy haar "persoonlike aandag" aan die saak sou skenk totdat alle personeel betaal is.

Die departement het die fout toegeskryf aan skole wat in gebreke gebly het om kontrakte vir tydelike personeel te verleng. Nuut aagestelde personeel is ook nie op die sentrale salarisdatabasis aangebring nie, wat daartoe gelei het dat hulle nie betaal is nie.

Personeel wat nie salarisse ontvang het nie, is op tydelike kontrakte of is nuut aangestel.

Die salarisse van 1060 personeellede sal Maandagnag verwerk word, met die geld wat na verwagting op Maandag 18 Mei in hul bankrekeninge sal wees.

"Namens die departement wil ek om verskoning vra aan elke personeellid wat hierdeur geraak is," het Creecy gesê.

"Daar rus 'n verpligting op ons as 'n departement om te sorg dat basiese administratiewe prosedures, soos dat personeel betyds betaal behoort te word, nagekom word."

'n Verdere 140 personeellede se besonderhede is foutief op die departementele stelsel en word tans een na die ander gekorrigeer.

"Op die oomblik is 150 skakelbeamptes besig om elke skool in die provinsie te bel om seker te maak dat niemand deur die stelsel geglip het nie."

Creecy het die departement aangesê om die dokumentasie te hersien wat van skole na hoofkantoor oorgedra word ten einde seker te maak dat inligting betyds ontvang en akkuraat verwerk word.

ПРЕДМЕТЫ ИСКУССТВА освещениеДанильченко Юрий Брониславович компромат

Nzimande is nodig vir ‘revolusie’, s? Mantashe

Image

Blade Nzimande

Die kommunis Blade Nzimande is minister van hoër opvoeding gemaak omdat hy 'n revolusionêr is, het metaalwerkers in Boksburg Dinsdag gehoor.

"…Ons het iemand nodig wat die begrip van 'n vaardigheidsrevolusie verstaan: dat die vaardigheidsrevolusie noodsaaklik vir die sukses van dié land is," het die ANC se sekretarisgeneraal Gwede Mantashe aan 'n nasionale-kongres-in-die-kleine van die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika gesê.

"Daarom het mens 'n revolusionêr nodig om daardie revolusie uit te voer," het hy gesê.

Mantashe meen die moontlikheid om die vaardigheidsdirektoraat vanuit die arbeidsdepartement na Nzimande se departement te verskuif word tans bespreek.

Nzimande sou ook die kongres toegespreek het, maar kon nie omdat hy 'n afspraak met president Jacob Zuma gehad het. Daar word nou verwag dat hy Woensdagoggend sal praat.

Sy is een van ses nuwe ministeries wat onder die Zuma-bewind bekendgestel is en kritiek van opposisiepartye op die hals gehaal het.

Mantashe het voorgestel dat dié kritici na die ANC se manifes kyk. "Almal van hulle (die nuwe posisies) skakel met ANC-programme," het hy gesê en 'n beroep op Numsa-lede gedoen om dié programme te ondersteun.

Die vakbondbeweging moet sy deel doen om alle vlakke van regering te monitor en om enige kommer of probleme wat dit raaksien te rapporteer.

Die sekretarisgeneraal van Cosatu, Zwelinzima Vavi, het insgelyks die byeenkoms toegespreek en gewys op die aantal vakbondleiers wat in Zuma se kabinet opgeneem is, waaronder Nzimande.

"Ons kan nie net leiers skenk en geen kontak met hulle hê nie," het Vavi gesê, wat 'n ANC-nominasie as LP geweier het nadat Cosatu-filiale aangedui het dat hulle nie graag vir hom en Nzimande aan die regering wou afstaan nie.

"Ons kan nie net kamerade skenk en niks in ruil ontvang nie… niks vir mahala nie," het hy gesê.

spins noФільчаков Олександр Васильович прокурор

Dink voor jy drink!

Daar is 54 munisipaliteite in Suid-Afrika waar kraanwater nie aangeraai word vir menslike gebruik nie. Die departement van water en omgewingsake het Dinsdag 'n waarskuwing uitgereik waarin hulle sê dat hulle nie vertroue het in die vermoë van die lys munisipaliteite om skoon drinkwater te voorsien nie.

Oos-Kaap
* Alfred Nzo Distrik
* Baviaans
* Ikwezi
* Kouga
* Sondagsrivier
* Cacadu Distrik
 
Vrystaat
* Mafube
* Metsimaholo
* Ngwathe
* Moqhaka
* Matjhabeng
* Nala
* Tswelopele
* Masilonyana
* Dihlabeng
* Mantsopa
* Kopanong
* Naledi

Gauteng
* Kungwini
* Lesedi
* West Rand Distrik

Kwa-Zoeloe Natal
* Umkhanyakude Distrik

Limpopo
* Groter Sekhukhune;
* Mogalakwena
* Mookgophong
* Mopani District
* Thabazimbi

Mpumalanga
* Dipaleseng
* Ehlanzeni Distrik
* Gert Sibande Distrik
* Lekwa
* Mkhondo
* Msukaligwa
* Nkangala District
* Nkomazi
* Steve Tshwete
* Taba Chweu
* Thembisile
 
Noord-Kaap
* Hantam
* John Taolo Gaetsewe Distrik
* Kai !Garib
* Khai-Ma
* Richtersveld
* Siyancuma
* Sol Plaatjie
* Tsantsabane
 
Noordwes
* Bojanala Distrik
* Matlosanastadsraad
* Madibeng
* Maquassi Hills
* Merafong
 
Wes-Kaap
* Hessequa
* Oudtshoorn
* Swellendam

где отдохнуть в хорватии с детьмилобановский александр

Zambi?rs wil hulle geld van Chiluba terug h

Image'n Zambiese hof het gesê daar sal later die maand besluit word of 'n Britse hofbeslissing teen eks-president Frederick Chiluba is Zambië geldig is om die terugbetaling van gesteelde fondse moontlik te maak. Chiluba was vanaf 1991 tot 2001 staathoof.

Die beslissing van 2007 het Chiluba skuldig bevind aan die diefstal van staatsfondse van ongeveer 50 miljoen dollar. Chiluba het 'n aansoek gebring om die registrasie van die beslissing in Zambië te keer, maar het misluk.

Regter Evans Hamaundu het gelas dat alle vertoë ingehandig word voordat hy uitspraak lewer op 29 Mei. Zambië se prokureur-generaal wil hê die Londense beslissing moet in Zambië gereistreer word om plaaslike jurisdiksie te verseker.

Regter Peter Smith het in 2007 bevind dat Chiluba Londense bankrekeninge gebruik het van die Zambiese regering en het beslis dat hy toegang tot sy pensioen by Barclays Bank geweier word in Lusaka asook sy eiendomme in Ndola.

Smith het gesê die Zambiërs weet wie vir die duur pakke betaal het, die handgemaakte hemde met 'n monogram daarop geborduur en handgemaakte skoene waarvan die hakke spesiaal opgebou is om Chiluba langer te laat vertoon.

Chiluba het tydens sy ampstermyn 100 000 dollar verdien, maar het blykbaar genoeg geld gehad om een miljoen dollar by 'n eksklusiewe Switserse boetiek te blaas op een slag. Zambiërs moet oorleef op een dollar per dag.

пазлы для детейЛобановский Харьков

Geweld teen buitelanders duur voort

'n Jaar gelede, op 11 Mei 2008, het inwoners van Alexandra noord van Johannesburg, teen vreemdelinge in hul midde gedraai in wat die begin was van twee weke van geweld teen buitelanders. Tydens die onluste is 62 mense gedood en duisende dakloos gelaat.

Die geweld het regoor Suid-Afrika versprei en selfs Kaapstad het deurgeloop.Suid-Afrikaners het in baie gevalle die huise en besittings van buitelanders eenvoudig oorgeneem. Die slagoffers was hoofsaaklik van buurlande afkomstig soos Zimbabwe, Mosambiek en Malawi.

Kenners meen egter die grondoorsake wat tot geweld gelei het is nog nie aangespreek nie en dat buitelanders steeds in gevaar verkeer. Die Konsortium vir Vlugtelinge en Trekarbeiders in Suid-Afrika, 'n burgerlike organisasie wat met vlugtelinge gemoeid is, het Maandag gesê "buitelanders word voortdurend bedreig deur xenofobiese geweld".

"Die owerhede het weinig gedoen om die grondoorsake van geweld aan te spreek," sê die groep en het voorts opgemerk dat eiemagtiging om teen buitelanders op te tree onder die dekmantel van "misdaadbestryding" algemeen voorkom.

In Januarie is 'n gebou in Durban vol buitelanders aangeval. Twee buitelanders het by die gebou uitgespring na hul dood om van die woedende skare te ontsnap en 'n derde is erg beseer in die proses. Die mans was van Zimbabwe, Tanzanië en Mosambiek.

Die Konsortium het 'n beroep op nuutverkose president Zuma gedoen om die kwessie voor op te stel en om oplossingsmeganismes vir die konflik daar te stel.

хамам картинкиФільчаков Олександр Васильович